Ongeluk in Kommetjie eis twee kinders

Sewe mense is in die ongeluk beseer (Foto: Verskaf)

Twee kinders is Sondagaand dood toe die bestuurder van ’n Toyota Tazz beheer oor dié motor verloor en teen ’n lamppaal gebots het. Daar was glo altesaam nege insittendes in die motor.

Cape Medical Response het in ’n verklaring gesê paramedici is omstreeks 07:30 na Corsairweg in Kommetjie in die Wes-Kaap ontbied. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die Toyota Tazz langs die pad aangetref.

“Twee kinders, vier en tien jaar oud, is op die toneel dood verklaar. Sewe ander mense is beseer,” lui die verklaring.

“Twee van die beseerdes was in ’n kritieke toestand en is per ambulans na nabygeleë hospitale gehaas. Paramedici het die res op die toneel behandel en later na hospitale in Kaapstad geneem.”

Stad Kaapstad se brand-en-reddingsdiens, verkeersdiens en polisie was ook op die toneel.

A.O. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het bevestig die polisie het ’n saak van strafbare manslag aanhangig gemaak.

“Die omstandighede van die ongeluk word ondersoek,” het Swartbooi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sandra ·

Ek ry op die oomblik ‘n geleende Tazz. Nege mense? Die ding is al klaar so beknop vir ‘n paar mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.