Ongeluk in KZN eis lewe van vier

Argieffoto: ER24

Vier mense is dood en een beseer toe die voertuig waarin hulle gereis het Sondagaand gerol het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die voorval op Hopewell-weg buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal plaasgevind.

Meiring het gesê paramedici van ER24 het kort ná 18:00 by die toneel opgedaag.

“Paramedici het ʼn ligte motor aan die kant van die pad op sy dak langs ʼn boom aangetref. Een persoon is buite die motor aangetref terwyl drie ander vasgekeer binne die voertuig gelê het,” het Meiring gesê.

Twee mans en twee vroue het volgens Meiring veelvuldige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Vyfde persoon is op die toneel ondersoek en het geringe beserings opgedoen. Die persoon is behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.”

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder ·

Persone wat nie uitgerus is nie maak kakliker ongeluke as bestuurders wat uit gerus is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.