Ongeluk in Oos-Rand eis drie

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

Drie mense is Donderdag in die vroeë oggendure in ʼn ongeluk in Germiston aan die Oos-Rand dood en een mens is kritiek beseer.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het by ʼn oorgang in Main Reefstraat plaasgevind.

Die bestuurder het beheer oor die motor verloor en ʼn betonversperring langs die pad getref.

“Verskeie nooddienste is na die toneel ontbied waar die wrak van die motor naby ’n betonblok aan die kant van die pad aangetref is,” het Bodasing gesê.

Drie mense, twee mans en ʼn vrou, se liggame was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word. Hulle is op die toneel dood verklaar.

“ʼn Vierde mens is met kritieke beserings in die voertuig aangetref, uit die wrak gehaal en na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Presiese saak van die ondersoek se voet. Of daai kar is van “marshmellows” gemmak en vreeslik sag of daai kar het spreekwoordelik teen die spoed van wit lig teen die beton versperring gebots.

Kiepie ·

Die presiese (oor)saak van die ondersoek was die ongeluk, Jan maak ‘n Plan, maar hulle ondersoek die (oor)saak van die ongeluk. ;-)

Innige meegevoel aan die families van die oorledenes.

Wat-ek-lees ·

Ai tog, ek is bevoorreg om in 56jaar agter ‘n stuurwiel nooit beheer te verloor het oor ‘n voertuig alhoewel ek ook aan tydrenne deelgeneem het. Seker ook omdat ek presies weet wat om te verwag en te doen wanneer moeilikhed sou opduik en nie gesuip bestuur. Die laaste sin of die hele kommentaar hoef nie van toepassing te wees op hierdie nuusberig. Onbeheerbare SPOED sal jou nek vir jou breek. K53 is gebrekkig aan die opleiding van bestuurders.

Chris Ws ·

Weereens so jammer Maroela Media sien nie hul weg oop om name bekend te maak nie.Al is dit in ‘n latere berig.Dit sal my baie help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.