Ongeluk in Vrystaat eis 7 se lewe

Argieffoto

Sewe mense is Woensdagoggend dood in ʼn botsing op die R26 sowat 10 km buite Clocolan in die Oos-Vrystaat.

Die ongeluk het omstreeks 04:00 gebeur toe ʼn vragmotor, wat in Gauteng geregistreer is, sonder brandstof langs die pad gaan staan het. Die bestuurder het aan die agterkant van die voertuig gestaan om aankomende motoriste te waarsku om verby te hou.

ʼn Minibusbestuurder het egter reguit op die vragmotor afgepyl en in die bestuurder vasgery, waarna hy met die vragmotor gebots het. Die vragmotorbestuurder (in sy laat 30’s) is op slag dood.

Ses mense in die minibustaxi het ook gesterf, terwyl tien beseer is en na die John Newberry-hospitaal op Clocolan vir behandeling gebring is. Die taxibestuurder is een van dié wat ernstig beseer is.

Die taxi was van Noordwes op pad na Lesotho, sê die Vrystaatse polisie. Hulle ondersoek ʼn saak van strafbare manslag teen die bestuurder.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het sy meegevoel met die naasbestaandes van die oorledenes betuig en die beseerdes spoedige beterskap toegewens. Hy sê dit is jammer dat mense hul lewe op só ʼn wyse moet verloor in die tyd wanneer families bymekaarkom om Kersfees te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anoniem ·

Die paaie is n slagveld hierdie jaar!!! Mense moet regtifg versigtiger wees.

Abe ·

Einaardig dat nog net twee kommentators reageer het. Dis amper asof kommentators nou gewoond word aan sulke grusame ongelukke: Sewe mense dood in een ongeluk! Is dit nie erg nie?

Chris Ws ·

Ek wonder waar was daai taxidrywer se oe?Beslis NIE op die pad voorhom nie!Waarskynlik op sy slimfoon gesit en whatsappe stuur en lees.

sus ·

vanaf Gauteng na Lesotho … taxi drywer was seker vas aan die slaap agter daardie stuur

Annelize ·

Dis omrede, en ek het dit al met my eie oe gesien, hulle sal sien hier is ‘n probleem in die pad, maar moenie dink daar word spoed verminder tot hulle verby die probleem is nie. O nee, daar word voet in die hoek gery tot hulle sien, o hel, hier is die moeilikheid nou, dan moet daar skielik rem getrap word en uitgeswaai word, dan is dit te laat,

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.