Ongeluk in wildtuin eis 2 lewens

Argieffoto

Twee mense is Donderdag laatmiddag in ʼn ongeluk die Krugerwildtuin dood.

Ike Phaahla, wildtuinwoordvoerder, het gesê die ongeluk wat die lewens van twee dagboesekers geëis het, het tussen die Olifants- en Letaba-ruskamp plaasgevind.

“Volgens voorlopige inligting was daar geen ander voertuie betrokke nie, maar die polisie ondersoek die voorval en die omstandighede daar rondom.”

Volgens Phaahla het veldwagters en nooddienspersoneel hulle na die toneel gehaas.

“Volgens ooggetuies het die motor die pad verlaat en omgeslaan. Die twee insittendes is uit die motor geslinger.”

Glenn Phillips, uitvoerende bestuurder van die Krugerwildtuin, het sy innige meegevoel met die oorledenes se families betuig.

“Dit is altyd tragies om iemand te verloor en ons wens hul families sterkte toe in die moeilike tyd. Toe ons berigte van die ongeluk ontvang het, het ons onmiddellik nooddienspersoneel na die toneel ontbied.”

Phillips het die publiek versoek om nie te spekuleer oor die omstandighede rondom die voorval nie en die polisie kans tee gee om hul ondersoek te doen.

“Ons wil ook weer ʼn beroep doen op besoekers aan die wildtuin om die verkeersreëls na te kom, by die spoedgrens te hou en ten alle tye waaksaam te wees.”

Die name van die oorledenes kan nie nog nie bekendgemaak word nie aangesien al hul naasbestaandes nog nie van hul dood in kennis gestel is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dries ·

@Liezel. Spoedgrens is 50km/h op teerpaaie en 40km/h op grondpaaie.
Ongelukke bly tragies maak nie saak wat die oorsaak was nie .
Sterkte aan die wat agterbly.

Sies Liezl ·

Al ry jy 20km/h daar is n paar lekker afgronde langs die pad wat maklik n lewe kan eis. Rus in vrede mede wildkykers! Baie jammer aan die wat agterbly

Cherokee ·

Ons het klomp jare gelede teen 140kmu gery in die wildtuin by Pelindaba om betyds by die hekke te wees om ‘n siek kind by ‘n dokter op Louis Trichardt te kon kry.

Theunis Nel. ·

Weereens swak disipline. Spoedgrense word oorskry. Was in Sept vir twee weke daar en het dit elke dag ondervind.

honourable member ·

Moet mens nou jaag in n wildtuin. Wat as daar bokke of wat ook al oor daai pad hardloop. Jy is mos juis daar om die diere te kyk so waarheen wil jy nou jaag….

Jade ·

Mense luister nie, en in SA is daar meestal GEEN gevolge vir mense wat die wet oortree nie, ongelukkig het die wetsoortreders hier met hulle lewens betaal. Baie jammer vir die slagoffers se families maar die kultuur in SA is om te doen wat jy wil, jy gaan niks oorkom nie, selfs toeriste wat hier kom uitspan dink hulle het carte blanche. Geen wetstoepassing is die oorsaak van meeste van die ongelukke in die land.

Nettie ·

@Jade – wie sê die 2 oorledenes was “wetsoortreders”?

Ai, mense kan darem maar oordeel ……………………………..

Veronderstel die “wetsoortreders” het @ 40km/uur gery en daar het ‘n wildsbok voor die voertuig ingehardloop – is dit nie dan moontlik dat die bestuurder kon uitgeswaai het vir die dier, toe beheer verloor het en – omdat hulle duidelik nie sitplekgordels gedra het nie (hulle is uit die voertuig geslinger) – die voertuig toe gerol het nie?

Anoniem ·

Daar is reëls en hou by die spoed, dit is seker nie so moeilik nie !

Carlien ·

Besoekers raak ongeduldig tussen die kampe as hulle nie heeltyd wild sien nie en dan sit hulle voet in die hoek.. Ek het 15 jaar die wildtuin weekliks besoek en het opgehou tel hoeveel keer besoekers verby my gejaag het en meeste van die kere sonder veiligheidsgordels aan.. Moet dit ook nie waag om vir hulle te flash nie, jy kry summier die middelvinger..

Hoe? ·

Ons was laas week daar en mense bestuur soos maniake op die Wildtuin paaie… jaag verby die diere. Hou glad nie by die spoedgrens nie. Dit versuur sommer die ervaring!

Wiltuin besoeker ·

Ons was verlede week daar en mense verontagsaam die spoedreels meetal. mense ry soos maniake soms sommer so verby die Olifante??
By ‘n “sighting” met 2 Maanhaar Leeus wat lê op die teerpad, sal ‘n dame uit haar voertuig hang en vra die mense moet asb skuif sy wil verby. Die Leeus het maar opgestaan na haar geraas en in die veld gaan lê. Skandelik

Gert ·

Die meeste mense steur hulle vandag aan geen verkeersreëls meer nie. Kom ry n slag in Blormfontein en kom beleef dit!!

Aster ·

Wie kan nou uit ‘n kar geslinger word as jy so stadig in die Kruger ry. Ek stem Theunis, mense respekteer nie die park en reëls nie, mense doen mos wat hulle wil deesdae!

Lizelda ·

Gelukkig is geen diere beseer of dood nie. Wens die liewe mensdom wil soms ook net die reels en wette toepas. Die wildtuin is GEEN plek om te jaag nie…

Miekie ·

Sjoe , in die berig word gevra mense moet nie spekuleer nie maar hier gaan ons alweer.
Baie sterkte vir die familie en naasbestaandes. Innige simpatie

Wouter ·

So stoute kar wat die pad verlaat, teen 40,50km,ph en dan word jy uit kar geslinger. Wat Van veiligheids gordels.

Apie ·

Ja het ook al dit gedoen want party mense stop by sightings soos hul ….gewoonlik dan hulle wat kla as hulle reg gehelp word

Anoniem ·

Almal van julle wat so oordeel wag tot dit met jou famielie gebeur dan praat ons weer. Almal van julle het al n reel gebreuk of n wet oortree.

Gesiggie ·

Dit was vir my verbasend om te hoor dat 2 mense gesterf het weens n kar ongeluk in die wildtuin? ons weet nog nie presies wat gebeur het? daar was geen ander karre betrokke om te kan bevestig, ek kan nie dink dat hul so viinig gejaag het, dalk uitgeswaai vir iets en beheer oor die voertuig verloor, ons was nie daar, so ons kan nie oordeel. Wat veronderstel was om n rustigge uitstappie te wees, het hartseer geeindig.. my innige meegevoel aan die Familie,

RHG ·

Ek het nog nooit gedink ek moet ‘n gordel dra in die wildtuin nie. Niemand dra dit nie. Mens ry stadig. As ‘n kar rol, sal jy by ‘n oop venster uitval. Die woord “slinger” skep dalk ‘n vals persepsie van hoe hulle deur die lug getrek het. Daar is op plekke walletjies en as jou aandag dalk elders is en jy ry van die pad af, kan jy rol al het jy stadig gery. Dit was ‘n ongeluk. Wie het gesê hulle het gejaag. Berig sê moenie spekuleer nie! Nou maak sommige kommentators aannames en is sommer veroordelend kwaad ook daaroor. Ai, jammer vir die mense wat so iets daar moes oor kom.

Skyspy007 ·

RHG, hierdie is ‘n openbare, publieke pad en wanneer jy in jou motor bestuur sê die wet….JY MOET veiligheidsgordel dra. SANPARKE is ‘n openbare pad soos enige ander pad

Dina Potgieter ·

Mense verontagsaam die spoed limiet in die wildtuin .. hulle dink volsped is die enigste spoed. Veral in pafuri en punda maria area… selfs die bus wat personeel vervoer ry meer as 80km per uur op die pad na die hek toe. .. kommerwekkend .

Dries ·

Dis hartseer dat waar mense die rustigheid van die natuur moet ervaar en die groot katte van die veld kan bewonder, hulle hulle lewens verloor. Wat die oorsaak is weet ek nie, indien dit spoed is, dan moet mense hulleself dissiplineer en stadig ry. Mens mis baie tonele as mens te vining ry

RHG ·

Dankie Skyspy007.
Sal beslis voortaan onthou. Nog altyd geglo mens hoef nie. Nie doelbewus die wet oortree nie. Die wildtuinreëls sê wel duidelik alle verkeersreëls geld.
Kyk uit vir my. Ek en jy sal die twee wees met ons gordels aan. (Glimlag emoji as ek kon.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.