Die Valke het ʼn man in hegtenis geneem nadat dwelms op ʼn ongelukstoneel in Upington in die Noord-Kaap gevind is.
Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die 53-jarige man het Woensdag op die N14 tussen Upington en Olifantshoek gery toe hy in ʼn ongeluk betrokke was en sy bakkie omgeslaan het.
Nkwalase het gesê kokaïen ter waarde van R3,1 miljoen is in die wrak gevind. Volgens haar is dit in pakkies gevind waar dit in ʼn vals kompartement by die agterligte versteek is. Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem.
Die verdagte sou Donderdag in die Upington-landdroshof verskyn op aanklag van dwelmhandel.
Gierigheid en skelmgeid vra nie velkeur, ras of taal nie. ‘n Pajero voertuig is ook nie sommer vir elke hoi-poloi beskore nie.
DIS N DUUR PAJERO
hy gaan niks oorkom nie , maar hopelik is die dwelms van die straat af……………
So doen die blindesambok sy werk.
Darem ‘n mooi woord daai – “blindesambok” vir ‘Karma’. So toepaslik: so ‘n “blindesambok” slaan darem hard en onverwags (terug).
Die les hieruit te leer? Moenie ‘n ongeluk maak as jy dwelms aan boord het nie!
Pragtig Polisie julle het per ongeluk n misdaad oopgevlek,,, Jull Ysters, Baie dankie!!
Hoekom alles altyd ‘n ras-kwessie maak? Skelm is skelm.
ras was nie eers genoem nie gawie. net dat n minion of ergste soort krimineel se turf sit. dankie Vader.
Daai lyk nie vir my soos ‘n bakkie soos wat berig word nie. Lyk meer vir my na ‘n 4 trek Pajero !
Die pakkies het oopgebreek, en dit is hoekom die SUV vir `n bakkie aangesien word.
Was seker n kos bakkie in die Pajeto die wat die berig se in n bakkie gekry
Jip….daai oeroue waarheid….wat jy in die donker doen sal op sosiale media en lamppale verkondig word!!
Was dit die Valke wat die arrestasie uitgevoer het ?