Ongeluk met Mahlobo-blouligmotor ondersoek

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS)

David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS)

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn man dood is in ʼn trompop botsing met die minister van staatsveiligheid se ampsmotor.

“Die ongeluk het Woensdagmiddag omstreeks 14:30 op die R33 naby Amsterdam, Mpumalanga, plaasgevind,” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Volkswagen Polo en ʼn Jeep het mekaar reg van voor getref. Die bestuurder van die Polo is oorlede.”

Volgens Mabuza was minister David Mahlobo nie in die Jeep ten tyde van die ongeluk nie. Die bestuurder van die Jeep, die enigste persoon in die motor, is beseer.

“Die polisie stel ondersoek. Die polisie ondersoek gewoonlik ʼn saak van strafbare manslag wanneer iemand in ʼn ongeluk oorlede is,” het hy verduidelik.

Netwerk24 het berig die man wat oorlede is, is Herman van Schalkwyk, ʼn boer in sy 60’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Daan ·

Nog n miljoen Rand motor van die belastingbetalers in sy peetjie in, en n lewe. Ek Ken nie die omstandighede nie, maar ek weet daardie mense ry soos die duiwel en reken hulle is die wet!

Pieter.v ·

Daan jy is reg , hulle dink die pad reels en regulasies is nie van toepassing op hulle nie solank die blou lig flits kan hulle ry soos dit hulle behaag ander mense selewens is nie belangrik nie ek dit al baie gesien hier in Limpopo waar n spertreep glad nie vir hulle bestaan nie so ook nie spoed beperkings nie so is hulle nou die dag verby my op n bergpas vol draaie en esse oor die sperstreep en oor die spoed grens

ANDRE LOURENS ·

DIE BESTUURDER VAN DIE JEEP HET SEKER IETSIE GAAN KOOP VIR DIE DORSTIGHEID. N HITTEGOLF IS NIE JOU MAAT NIE

Chris W ·

My innige simpatie met die familie van Mnr.Van Schalkwyk.Die bestuurder van die Jeep moet van moord aangekla te word want dis wat dit was en nie ‘n “ongeluk” nie!

Dee ·

Ek redeneer dieselfde, Chris. En die stelling dat Mahlobo nie in die Jeep was nie beteken nie dat hy nie daar was nie. Was waarskynlik bloot in ‘n ander voertuig en dieselfde klag behoort ook voor sy deur gelê te word plus voor die deur van wie ook al in die regering dit toelaat.

Ben ·

Dit is net in ‘n piesangrepubliek waar so gery word. Sien ons ooit so iets met Obama se motors gebeur? Nee!

Leon Coetzee ·

Ek stem saam hulle jaag soos besetenes , sonder inagneming van ander padverbruikers se veiligheid. Stuur so ‘n roekelose vark tronk toe!!

GES ·

Die blou lig brigade het die reg van weg met geen spoedbeperking nie …… altans so dink hulle.

johan ·

Waarom ‘n saak van strafbare manslag? Hy moet van moord aangekla word asook die minister. Hy het die wet oortree om te jaag en die ongelukstoneel verlaat.

Elizabeth ·

Is die bloulig brigade dan nie onwettig nie? Mag hy lank by pappa kuier

Koos ·

En hier gaan ons alweer. Ek kan nie uit die berig aflei wat gebeur het nie, maar volgens die komentaar hoort die jeep bestuurder in die tronk! Laat die ondersoek voortgaan en hou op met jul eie afleidings. Sterkte aan die familie van die oorlede. Ek hoop dat die ondersoek gou sal gaan dat julle berusting kan kry.

Pieter.v ·

Koos hoekom moet die mense op hou kommentaar lewer dis die doel van die kolom,in elk geval die meeste van die afleidings is feite en waar.

Bach ·

Stem saam Ouman. Hoekom moet hulle met blouligte en meer as een voertuig rond jaag? Tog so belangrik en net hulself dink so. Foetog so pateties.

Jan maak n Plan ·

Eerstens kan dit nie strafbare manslag wees nie en moet dit verhoog word na moord toe. Tipies saps hulle water hulle eis sake af. Tweedens was die sogenamde minister nie eens daar nie, nou hoekom blouligte gebruik en jaag. Derdens al was die sogenaamde minister in die voertuig hoekom nou jaag, is dit om te wys hoe belangrik hulle is of wat. Ek glo nie hulle sou so gery het as hulle met hulle eie motors moes ry en self moes bestuur het op hulle eie onkostes nie. Dis nou tipies van n banana republiek se sogenaamde ministers.

Sarie ·

Dit is tog logies dat daar ‘n strafbare manslagondersoek gedoen moet word1 ‘n Man is dood as gevolg van die minister se motorbestuurders se mannewalis, nou laat die polisie dit klink asof hulle almal nou een helse guns doen om ‘n ondersoek na manslag te doen. Die manier waarop hierdie blouligkavalkades ander padverbruikers se lewe daagliks in gevaarstel, moet hier eerder ‘n moordondersoek gedoen word. Daar is genoeg voorbeelde van ongelukke waar geslaag is met moord as aanklag. Hierdie roekelose bestuurders moes die moontlikheid kon voorsien het toe hulle soos ‘n klomp besetenes gery het. Ek hoop hierdie bestuurder se sel se sleutel word weggegooi en dat hy nooit weer die buitekant van die trunk sien nie, want hy en sy sort hoort nie op ons paaie nie

GE Potgieter ·

Dit raak uiters gevaarlik om deesdae op ons paaie te ry. Die afgelope tyd het ek by meer as een geleentheid ondervind dat waar ‘n string motors agter ‘n swaar voertuig opdam, n’ bestuurder net eenvoudig aan ons linkerkant verbykom en by al die motors voor ons aan die linker buitekant van die geelstreep ry tot hy regs voor, voor die vragmotor kan inswaai. n’ Mens kan nie glo wat jou oë sien nie. Intussen was daar 4 plekke (tussen JHB en Bloemfontein) waar verkeersmense met radars gesit het en mense probeer vang het, maar hierdie bestuurders kom niks oor nie. Ons gaan nog baie blindehoogte “moorde” sien. Sommige mense het nie ‘n idee van padreëls nie en het moontlik nie eens ‘n lisensie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.