
David Mahlobo, minister van staatveiligheid (Mei 2015) Foto: GCIS)
Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat ʼn man dood is in ʼn trompop botsing met die minister van staatsveiligheid se ampsmotor.
“Die ongeluk het Woensdagmiddag omstreeks 14:30 op die R33 naby Amsterdam, Mpumalanga, plaasgevind,” het Joseph Mabuza, woordvoerder van die polisie, gesê. “ʼn Volkswagen Polo en ʼn Jeep het mekaar reg van voor getref. Die bestuurder van die Polo is oorlede.”
Volgens Mabuza was minister David Mahlobo nie in die Jeep ten tyde van die ongeluk nie. Die bestuurder van die Jeep, die enigste persoon in die motor, is beseer.
“Die polisie stel ondersoek. Die polisie ondersoek gewoonlik ʼn saak van strafbare manslag wanneer iemand in ʼn ongeluk oorlede is,” het hy verduidelik.
Netwerk24 het berig die man wat oorlede is, is Herman van Schalkwyk, ʼn boer in sy 60’s.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
17 Kommentare
Nog n miljoen Rand motor van die belastingbetalers in sy peetjie in, en n lewe. Ek Ken nie die omstandighede nie, maar ek weet daardie mense ry soos die duiwel en reken hulle is die wet!
He must rot in jail!!
DIE BESTUURDER VAN DIE JEEP HET SEKER IETSIE GAAN KOOP VIR DIE DORSTIGHEID. N HITTEGOLF IS NIE JOU MAAT NIE
My innige simpatie met die familie van Mnr.Van Schalkwyk.Die bestuurder van die Jeep moet van moord aangekla te word want dis wat dit was en nie ‘n “ongeluk” nie!
Dit is net in ‘n piesangrepubliek waar so gery word. Sien ons ooit so iets met Obama se motors gebeur? Nee!