Ongeluk met politikus se motor eis lewe van ma

Die motor waarin ʼn politikus gereis het. (Foto: IPSS Medical Rescue/Facebook)

ʼn Ma is Maandagaand dood toe ʼn motor waarin ʼn politikus gereis het, teen haar gesinsmotor gebots het.

Die oorledene se man en twee kinders is ernstig beseer en steeds in ʼn kritieke toestand. Volgens paramedici op die toneel het die politikus en drie lyfwagte matige beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem.

Paul Herbst, woordvoerder van IPSS Medical Rescue, sê ʼn Toyota Fortuner het vroegaand teen ʼn gesin se motor op die R102 naby Gingindlovu in KwaZulu-Natal gebots.

Die Fortuner se voorkant het glo die kant van die gesin se motor getref. Die ongeluk het oënskynlik teen ʼn hoë spoed plaasgevind.

Die kant van die gesin se motor is getref. (Foto: IPSS Medical Rescue/Facebook)

Herbst het aan Maroela Media bevestig die speaker van die Ilembe-distriksmunisipaliteit, ook ʼn vorige burgemeester van een van die munisipaliteite in die provinsie, in die Fortuner was. Die speaker se veiligheidspan was ook in die motor ten tyde van die voorval.

Herbst sê paramedici is kort ná die ongeluk na die toneel ontbied.

“ʼn Man en twee seuns is op die toneel gestabiliseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.”

Die vrou het egter aan haar beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.

“Polisiebeamptes was op die toneel en ondersoek die saak verder,” het Herbst gesê.

Maroela Media het vroeër berig die burgemeester van die Naledi- plaaslike munisipaliteit, Neo Schalk, is vandeesmaand in ʼn trompop botsing op die N14 buite Vryburg dood. Die bestuurder van die ander motor in die botsing is ook op die toneel dood verklaar.

Twee mense, asook die nuutverkose burgemeester van Johannesburg, Jolidee Matongo, het verlede maand verongeluk. Twee van Matongo se lyfwagte het die ongeluk met ernstige beserings oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Pablo ·

Ek wonder hoeveel van die mense in die ongelukke bestuurders lisensies het en bevoeg is om te bestuur.

Perdeby ·

Nie een nie. Ek ken die mense wat hulle oplei en hulle druip almal die gevorderde bestuurskursus, maar word dan nog steeds gebruik vir die BBP’s, raar maar waar!

Bernard ·

Dis omdat al hierdie sogenaamde politikuste se motors en motorbestuurders soos besetenes bestuur.

JohanR ·

Sit die blou lig aan, die politikus wat dink hy/sy is eintlik belangrik in die wereld klim in die agter sitplek, ‘n lyfwag skyf agter die stuurwiel in en dan is dit voet in die hoek en daar is ‘n Ma nou dood.

Perdeby ·

Dagvaar die rook uit hulle uit, want hulle moet nog steeds die verkeerswette gehoorsaam. Onbevoegde bestuurders dit is die probleem. Hulle kry opleiding plul dt dan, maar word nog steeds gebruik in die bloulig bende.

Johanna ·

Moord. Ek wonder of hulle ooit Advance Driving opleiding gehad het.

Andries ·

Hulle kan ‘advance’ nie spel nie – wat nog te sê dit regkry.

Androclus ·

Van agter af teen ‘n hoê spoed,dit kan net nonsens wees.Roekeloos

Sandra ·

En voeg by, die Burgemeester van Gqeberga (Port Elizabeth) was ook ‘n maand terug in ‘n ongeluk wat in die ander motor twee mense geeeis het. Hy was op die pad buite die spertyd,

Racheltjie Debeer ·

Hoekom?? Want hierdie staatsamptenare dink mos hul kan net blou ligte in hul voertuie sit en jaag soos dit hulle pas. Hulle is mos almal verhewe bo die wet, intussen sterf onskuldige belastingbetalers wat die spul se salarisse betaal.

Ian ·

Dit gebeur nou te veel. Geen voorkeur moet aan die politieke beamptes gegee word nie. Hy is niks beter as Janalleman nie. In teen deel werk hy vir Janalleman. Stop dit onmiddelik. Hy moet net soos almal sy beurt afwag.

Andries ·

Waarom [‘n politikus]? Waarom hom nie op die naam noem die?

Sê maar net ·

Bloulig- brigade!! :(
Het al soveel hartseer op die paaie veroorsaak. Jaag teen hengse spoed en maak ongelukke en almal moet net padgee voor hulle. Nog nie een van hulle is aanspreeklik gehou vir ander motoriste se dood nie. Hulle word nooit vervolg nie. Baie tragies en absoluut walglik!!

Misky ·

Ja, hulle jaag mos asof die duiwel agter hulle aan is. Niemand anders bestaan vir hulle op die pad nie en jy moet maar eenvoudig eenkant toe aftrek.

Johan ·

Nou waarom moet ‘n speaker wagte hê, die mense het nie eers water nie maar almal moet wagte hê

Piet parys ·

3 veiligheids wagte gn wonder die land is bankrot nie . Ek wonder of hulle vir drank getoets is . Of is dit kwansuis weer vergeet .

absoluut ·

en moet sommer kyk ook vir vuurwapens en of dit gelisesieer is

Shakespeare ·

‘n Politikus in die ANC/EFF bly maar ‘n lelike useless ding.

Dirk ·

Hierdie mense gee net nie om hoe hulle op die paaie jaag nie.Ek ry daagliks die snelweg van Germiston af Donkerhoek,Pretoria toe.Hulle kom aangejaag soos hoolligans en jy moet maar net padgee vir hulle.Hulle ryry nie eers stadiger nie en flashlights word gegooi..Wens hulle wil bietjie vsagevat word,maar nou-ja dit is om vir soos wors in n hondehok gevra.Niks sal daarvan kom nie..

Cobus ·

Wie is die politikus? Hy en sy bende brigade is moordenaars wat deur die regering beskerm word. Dis ‘n siek spul waarvan mens naar word. Maak sy naam bekend sodat die wêreld hom kan ken vir wat hy is.

Inkpot ·

Hulle dink die pad behoort aan hulle!
Dis skrikwekkend om te sien hoe onverantwoordelik hulle bestuur.
Dagvaar hulle.

Esme ·

Is daar drank daarby betrokke? Of is dit ‘n geval van ‘die politikus se voertuig geniet voorrang’?

MAGRIETHA ·

Ja en wat se frikkie mbalula nou hoekom se hy niks van politieke ongelukke nie , hul wil enige wette instel vi jan en alle man maar wat van politieke voertuie en ek stem saam met ander kommentare as blou liggies aangaan gaan petrol pedaal dieper, vat weg daai blou ligte , lewens word geneem ,eise word ingestel en dis belasting geld

Agge nee ·

Hierdie “bloulig moordenaars” is ‘n gevaar vir almal. Sien Vrydagmiddag hoe twee swart BMW X5s op ‘n sperstreep teen die aankomende verkeer verby ons jaag. Die verkeer van voor moes op die grond afgaan om ‘n ongeluk te vermy

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.