Ongeluk naby Bloemfontein eis man se lewe

Foto: Facebook

Foto: Facebook

ʼn Man is dood en ʼn vrou beseer nadat die voertuig waarin hulle gery het buite Bloemfontein gerol het.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het die ongeluk in die vroeë oggendure op die N8-snelweg ongeveer 20 km buite die stad plaasgevind.

Die man is op die toneel deur paramedici dood verklaar. Volgens Bodasing het die man “verskeie ernstige beserings opgedoen” waaraan hy beswyk het.

Na wat verneem word, moes insleepdienste die voertuig oplig om paramedici in staat te stel om die beseerde vrou te behandel. Sy het matige beserings opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.