Ongeluk op Moloto-pad: Talle dood, beseer

‘n Bus het op sy sy beland op die Moloto-pad. (Foto: Twitter)

Twee mense is dood en 45 beseer toe ʼn Putco-bus beheer op die Moloto-pad in Pretoria verloor en op sy sy beland het.

Die Stad Tshwane se nooddienste het Woensdag 04:51 gereageer op inligting oor ʼn ongeluk op die R573 (Moloto-pad) naby die Walmansdal-afrit. Nooddienste het 45 pasiënte behandel en na verskeie hospitale in die omgewing vervoer. Van hierdie pasiënte het 38 minder ernstige beserings opgedoen, terwyl sewe pasiënte matige tot ernstige beserings opgedoen het. Twee vroulike passasiers, ʼn student en ʼn volwasse vrou, is op die toneel dood verklaar.

Private ambulansdienste het boonop ʼn onbekende aantal pasiënte vanaf die toneel vervoer nog voor Tshwane se nooddienste op die toneel aangekom het.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Verkeer is in die gebied word ook geraak. Die Moloto-pad, wat van Mpumalanga na Pretoria loop, is berug vir die gru-busongelukke wat gereeld daar plaasvind.

Tshwane het ʼn beroep op motoriste gedoen om versigtig op nat paaie te bestuur en het hul medelye betuig met families van die oorledenes.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Niel ·

sterkte vir die familie. dis maar tragies om sulke nuus te lees. Hierdie “talle” by die berig was net bietjie verwarrend… het eers gedink sjoe.. hoeveel arme mense is oorlede.. Darem 2 wat steeds 2 te veel is.

Dis Nou ·

Die mense ry op daardie pad asof hulle met ‘n Grand Prix besig is

Anoniem ·

Alweer n bus, alweer die Moloto pad. Wanneer gaan daar opgetree word.

Leon ·

@Disnou, as hulle so bestuur het, sou daar dalk glad nie ongelukke gewees het nie. GP drywers dink almal soos een en vir mekaar.
Maar ja verstaan wat jy sê, eerders soos besetenes! Maar dis mos hoe hulle hul lisensies gekry het, soos besetenes!

Nicky ·

Ons ry daardie pad elke dag, dit is ongelooflik teen watter spoed die busse jaag. Om nie eers van die privaat voertuie te praat nie. Daar is geen 3 of 4 Rigting stopstrate of hobbels op daardie pad nie, ek myself was eenkeer amper in ‘n ongeluk a.g.v. ‘n taxi wat net voor my ingedraai het. Ons het al versoeke ingesit vir 4 Rigting stoppe, maar daar is net ‘n Bord opgesit “High accident Zone” Daar is minstens 3 ongelukke waarby ons verby ry elke week. En niemand doen iets aan dringende versoeke nie.

dolphin ·

ons ry daagliks se pad van die moloto dis vreesjaend en busse en taxi is altyd verontgagsaam oor die wit lang streep wat altyd verby ry en nooit hou geduldig nie.moet dubbel paaie maak dalk sal beter raak .ry maar altyd versigtig .verkies om die kameeldrift bord afdraai is veiliger as moloto se pad.sterkte vir die famile wat 2 afsterwe.

Anoniem ·

Die oorsaak van die ongeluk is maklik om te bepaal – die busbestuurders ry soos maniakke op daardie pad. Elke iedere een.

Magda ·

Ry of hulle die enigste op die pad is – met n hoë spoed – jammer net dat onskuldige mense altyd aan die onderspit delf. Meer opsigtelike polisie op ons paaie. Die Putco busse ry soos padvarke (meeste van hulle) Sterkte aan die families.

Karlahari ·

Voertuie verloor nie beheer nie.
Bestuurders wel.
Of is dit polities verkeerd om n persoon die skuld te gee?

Carina ·

Kyk net en ek kan verkeerd wees maar opskrif se 2 dood en in berig praat julle van 4.

Gert van Wierdapark ·

Busse en taxi ongelukke word meestal veroorsaak deur die belangrike moer wat die stuurwiel in plek moet hou. Saam met spoed, is dit as’t ware doodskiste op wiele! Die arme passasiers het nie n keuse nie, en waag elke dag hul lewens met die vervoer-metode!!! Die ergste van alles is dat daar seker honderde passasiers maandeliks in SA sterf, maar n WERKBARE plan om dit te verhoed, bestaan skynbaar nie!! Die agbare mini-ster van vervoer MOET iets aan die padslagting begin DOEN, en wel kragdadig sonder handskoentjies en paai-woordjies van “verantwoordelik bestuur en binne die spoedgrens hou”!!!Dis n skreiende skande!!!

Gert van Wierdapark ·

Kom ons probeer weer vir n plasing! Pendelaars is ongelukkig afhanklik van bus en taxi-vervoer! Hul is oorgelewer aan drywers wat dikwels nie goed opgelei is in die hantering van die voertuig nie. Daarmee saam gaan oortredings van spoed en ander verkeersreels! Dit is n RESEP vir die mense-slagting op ons paaie!!! TOTDAT die manne in beheer by die nasionale, provinsiale en plaaslike vlak nie hande vat om die “padmoord” te bekamp nie, is/bly dit nag vir pendelaars!! Die toestand is n skreiende skande!!!

Anoniem ·

Daar is ‘n boom naby die polisiestasie waar die spietkops graag sit en die pad “oppas”. Die area om die boom is besaai met polistireen take-away bakkies.

Putco-moet-aan-die-pen-ry ·

Putco se busse is in n haglike toestand. Hul busdrywers nog erger…

JohanR ·

En niks verander op die Moloto-pad. Verwag weer in drie weke om van nog ‘n grusame ongeluk te hoor op die Moloto-pad! ANC – “ons sal daarvan werk maak in 2138, as daar nog geld is”!

Alex ·

Jammer oor die ongeluk. Dit is nie soseer spoed of pad wat mense doodmaak nie, dit is die houding en intellek van die voertuig bestuurder.

Schalla ·

My ouers bly daai kant toe uit en het onlangs hul plot verkoop om in aftree-oord te gaan bly. Baie hartseer want ons gaan die plot en lekker kuiers en buitelewe daar mis, maar een ding wat ek nie gaan mis nie is daai gevaarlike pad met al sy busse en onverskillige padgebruikers. So bly my ouers hoef nie meer daai pad amper elke dag te ry nie. Dit is wragtig die pad van die dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.