Ongeluk op N3 eis 2

Foto: Twitter via @trafficSA.

’n Reusekettingbotsing op die N3 by Van Reenens-Pas het twee mense dood gelaat en talle beseer.

Zinhle Mngomezulu, provinsiale verkeerswoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media bevestig daar was agt voertuie betrokke by vanoggend se botsing.

“Dit is vier vragmotors, drie minibusse en een sportnutsvoertuig wat by die botsing betrokke was. Sover ons kan aflei, was daar olie op die pad en twee vragmotors het gebots. Die res van die botsings was ’n kettingreaksie op die oorspronklike botsing,” het Mngomezulu gesê.

Sy het bevestig dat daar twee sterftes en tien beserings aangemeld is. “Die beserings kan dalk meer of minder wees; ons is nog besig met die ondersoek.”

Volgens haar is die nooddienste op die toneel tans besig om die toneel op te ruim en staan verkeer stil.

Die N3-tolkonsessie het op Twitter motoriste gewaarsku om die area tussen Montrose Shell Ultra City en die Tugela Plaza te vermy. Volgens hulle staan die verkeer kilometers ver.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yankee ·

Olie op die pad!! Regtig. Daar is tans meer doodslag en “moorde” op die pad as plaasmoorde. En alger vee dit onder die mat.

Jollie ·

Ek haat en verpes daardie pad met al sy trokke, en gure weer. As ek dit nooit in my lewe hoef te ry nie, sal dit ‘n seening wees.

Rerig ·

Dit is maar n onheilspad net soos die een Pietersburg of enige ander groot pad. Maar die vakansiegangers jaag mos soos besetenes wat nog nooit in hul lewe die see gesien het nie. Ry versigtiger dan sal dit beter gaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.