Ongeluk op N4 eis 3

Drie mense is dood toe ’n ligte afleweringsvoertuig en ʼn motor gebots het [Foto: Verskaf]

Drie mense is dood toe ’n ligte afleweringsvoertuig en ʼn motor Maandagoggend op die N4 digby Malelane in Mpumalanga reg van voor gebots het.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het die ongeluk omstreeks 11:20 plaasgevind.

“Twee mans en ’n vrou is op die toneel dood verklaar. Hulle was almal insittendes van die motor,” het Mmusi bevestig.

Frits Koekemoer van Lowmed EMS sê die bestuurder van die afleweringsvoertuig het matige beserings opgedoen. Hy is per ambulans na Mediclinic Nelspruit geneem vir verdere mediese behandeling.

Mmusi en Koekemoer sê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hannelie ·

Dit lyk of die motor om n draai oor n dubbel sperstreep verby gevat het. Roekelose bestuur.

Atta ·

Waar sien jy die motor? Die voertuig in die foto is ʼn dubbelkajuit bakkie (ook genoem ʼn ligte afleweringsvoertuig)… Jy besef seker dat voertuie wat in ʼn botsing is in enige posisie en rigting kan op eindig, dus moet jy dalk die gevolgtrekkings los vir die verkeerspolisie wat op die toneel is en die hele prentjie kan sien. Ek sê ook maar net…

Hannelie ·

Atta. Skuus, jy is reg. Ek sien nou dit is n dubbel kajuit bakkie.

Tanniepetoors ·

Die oorsaak lyk vir my ooglopend duidelik. Tragies.

Kobusnutz ·

Daardie afleweings voertuig is beslis aan die verkeerde kant van die pad.

Belinda ·

sjoe dit moes op hoe spoed gebeur het, kyk hoe lyk die voertuig. RIV

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.