Ongeluk op N4 eis 5

Die bestuurder van die bakkie het ligte beserings opgedoen (Foto: Verskaf)

Vyf mense is dood toe ’n motor, vragmotor en bakkie Donderdagoggend op die N4 naby Ngodwana, Mpumalanga, in ’n ongeluk betrokke was.

Volgens Moeti Mmusi, woordvoerder van die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid, het ’n Volkswagen Polo-sedan teen die kant van ’n vragmotor gebots, waarna die sedan langs die pad omgeslaan het.

‘n Vragmotor, motor en bakkie was in die ongeluk betrokke (Foto: Verskaf)

Vyf mense, onder wie ’n kind en twee vroue, is op slag dood.

“’n Isuzu-bakkie het daarna in die vragmotor vasgery. Die bestuurder het ligte beserings opgedoen,” bevestig Mmusi.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word nog ondersoek.

Vusi Shongwe, die LUR van die departement, het weereens ’n beroep op motoriste gedoen om waaksaam op die pad te wees en padreëls te gehoorsaam.

“Ons behoort nie lewens op die paaie te verloor nie. Die meeste van hierdie ongelukke kon vermy word en al wat motoriste moet doen, is om die reëls te gehoorsaam,” sê Shongwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Swerwer ·

Daar het al baie ongelukke plaasgevind op die N4 in die Ngodwana, Mpumalanga omgewing. Die bestuurders neem kanse en spits nie hul aandag op die pad toe nie.

Roek ·

Daar is maar word dit ongelukkig nie behoorlik of glad nie toegepas nie !!!

Pietertjie ·

Bestaan daar deesdae nog ‘n ônoraboel mieniesta of transpôt? Mens hoor niks van die regering se kant af oor al die noodlottige botsings nie. Of wag hulle weer tot die paasnaweek om een of ander wonder-kuur aan te bied?

gpsa ·

Taxis het ons geleer reels is opsioneel. Wat vir een tel tel vir almal. Begin daar om weer orde op die pad te skep.

Wielspore ·

Die gedeelte van die N4 is ‘n 80km/h sone, pad is in ‘n goeie toestand en hierdie ongeluk is veroorsaak deur ‘n menslike faktor. In die laaste 6 maande word die pad oorlaai met swaar voertuie, het ‘n week terug 56 trokke agter mekaar getel. Daar is ‘n versteekte permanente kamera in die omgewing wat geen doel dien behalwe om geld te genereer vir die verkeers departement. Ons gebruik die pad elke dag en die verkeers departement skitter in hulle afwesigheid, die swaar voertuie jaag en form kettings op die pad wat dit onmoontlik maak vir motors om hulle verby te steek.

KatjieDeKat ·

Ja, ons het twee naweke gelede daai pad gery en ek het opgemerk hoeveel groot trokke op die pad is. Ons het blykbaar nie meer n spoornetwerk nie? Op die pad na Nelpruit raak ek op die bergpas soms senuweeagtig vir die groot trokke. Logging trucks coming out of Swaziland. I always think of the singer Shania Twain’s parents, killed in an accident involving a logging truck. Probeer maar sover moontlik wegbly. Maar ek moet ook sê, baie van hulle op die Nelspruit-pad ry darem beleefd en laat mens verbygaan. Nie soveel op die Ngodwana pad nie! Lots of spiteful truck drivers on that road.

Roek ·

Inderdaad , geld maak is aan die orde van die dag , in my jare toe ek navraag doen of ‘n opmerking oor dit gemaak het was vir my gese , “Hou die finger op die till”

“n foto beteken niks dit neem af en die oortreder gaan mar net aan , gaan kyk gerus op die hofrol hoeveel word terug getrek agv “onopgespoor” !

Meerkat ·

Wanneer daar nie slaggate is nie. Sal daar net soveel ongelukke minder wees. Slagate veroorsaak net soveel ongelukke.

Onpatwaardige voertuie. Ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.