Ongelukke eis reeds talle oor Paasnaweek

Die ongeluk Sondag op die R43 waarin drie mense oorlede is. (Foto: Facebook/ Overstrand-munisipaliteit)

Verskeie mense het reeds die lewe gelaat in noodlottige ongelukke tydens die Paasnaweek en verkeersowerhede het motoriste gemaan om vandag (Maandag) versigtig te bestuur wanneer hulle terugkeer huis toe ná die langnaweek.

Volgens die Gautengse departement van vervoer is 16 padsterftes sedert Vrydag aangeteken, ses hiervan was voetgangers. In Mpumalanga is 13 mense in 43 ernstige ongelukke dood. In die Wes-Kaap is 13 mense in twee verskillende ongelukke Sondag dood.

“Die meeste ongelukke word deur nalatige bestuurders veroorsaak wat dronk bestuur, te vinnig ry of ander motors op gevaarlike plekke probeer verbysteek,” het, Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie Maandag gesê. Hy het ʼn beroep op motoriste gedoen om die padreëls te gehoorsaam wanneer hulle Maandag terugkeer van hulle vakansiebestemmings. Druk verkeer word op die land se paaie verwag.

Die N3-tolkonsessie sê hy verwag druk verkeer tussen 06:00 en 18:00 vandag, met die meeste voertuie wat waarskynlik tussen 09:00 en 15:00 op die pad sal wees.

“Ons waarsku motoriste om ekstra waaksaam te wees en voorsiening te maak vir nat weerstoestande wat waarskynlik Maandag sal voortduur en verdure verkeersopeenhopings kan veroorsaak,” het Thania Dhoogra, operasionele bestuurder van die tolkonsessie, gesê.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het weer ‘n geel vlak-twee-waarskuwing vir reën in KwaZulu-Natal uitgereik, maar verwag tog dat die weer Maandag effens sal opklaar. Die kans op reën in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga staan egter steeds op 30% tot 60%.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

VaalDonkie ·

Dis mense wat ongeduldig op die pad is. Ek raak so die hel in as iemand hier van agter ‘n string van 5 karre wil verbysteek. So asof ek nie OOK graag wou nie, maar daai soliede lyn is daar vir ‘n rede. Maar ek verkies daardie mense bo diegene wat in die ander rigting aankom want daardie ongeluk kan MY insluit en daar is weinig wat ek daaraan sou kon doen. En dis altyd die BMW 320’s wat dink hulle is vinniger as wat hulle rerig is.

Swerwer ·

Jan tuisbly se karretjie is maar die veiligste met die derduisende nuwe bestuurslisensie wesens wat beslis nie deur hul ouers leer bestuur het nie. Van die Bestuursskole ‘n moet is om jou bestuurslisensie te bekom het alles net vererger. Dertig jaar terud toe ouers nog hul kinders kon leer bestuur was beslis ‘n beter tydgleuf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.