Ongelukke in Noordwes eis lewe van 14

Argieffoto

Altesaam 14 mense, onder wie twee jong kinders, is Sondagaand dood in twee verskillende ongelukke op die N12 in Noordwes. Verskeie ander mense is ernstig beseer.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê agt mense, een van hulle ’n seuntjie van vermoedelik drie jaar oud, is dood toe ’n taxi sowat 30 km buite Wolmaransstad teen ’n wal afgerol het.

Verskeie beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese behandeling.

In nóg ʼn ongeluk in Noordwes is ses mense gisteraand dood en talle beseer op die N12 buite Potchefstroom.

Meiring sê twee motors het 20 km buite Potchefstroom reg van voor gebots. Paramedici het dié motors omstreeks 22:00 by hul aankoms op die toneel aan weerskante van die pad aangetref.

“Een van die pasiënte is in die eerste voertuig aangetref, terwyl sewe pasiënte aangetref is rondom die tweede voertuig.”

Ses mense, onder wie ’n driejarige seuntjie, is op die toneel dood verklaar.

Die ander twee beseerdes het matige tot ernstige beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale vervoer.

Die plaaslike owerhede was gisteraand op albei ongelukstonele om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.