Ongelukkigheid oor WVF-toelaag: Minister sê oor pad vorentoe

Thulas Nxesi, minister van arbeid en indiensneming, (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Buitengewone stappe word gedoen om die dooiepunt op te los rakende die ongelukkigheid oor die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) se Covid-19-Ters-voordeel wat nie verleng is nie.

Volgens Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid, is dit egter sy plig, as die uitvoerende gesag, om te verseker dat die WVF nie tot só ʼn mate opgebruik word dat dit nie toekomstige verpligtinge teenoor bydraers kan nakom nie.

Verskeie organisasies het die afgelope ruk hul misnoeë te kenne gegee oor die Ters-voordeel wat nie verleng is nie. Dié organisasies is van mening dat dié voordeel verleng moet word vir so lank as wat die ramptoestand voortduur.

“Ons is bewus van die feit dat die inperking, hoewel op ʼn minder streng vlak, steeds van krag is en daarom is daar bedrywe wat ondersteuning benodig,” het Nxesi gesê. “Daarom het ons met vennote gesels om die beste pad vorentoe te probeer vind.”

Daar is volgens Nxesi met alle belanghebbendes, insluitend arbeid en die sakesektor, vergader, maar gemeenskaplike gronde kon nog nie gevind word nie. Die gesprekke duur voort en die saak is tot “leierskapsvlak” geëskaleer, het Nxesi gesê.

Vergaderings vind tans plaas om moontlike alternatiewe reëlings en opsies te ondersoek wat ondersteuning aan werkers sal bied en die langtermynvolhoubaarheid van die WVF sal verseker. Dit sluit vergaderings in met verteenwoordigers van die WVF, die Openbare Beleggingskorporasie en die nasionale tesourie.

Volgens Nxesi moet daar in die gesprekke in gedagte gehou word dat die WVF voldoen het aan sy verbintenis om R40 miljard oor drie maande uit te betaal, en is R51 miljard reeds uitbetaal.

“Die WVF is ʼn bydraende versekeringskema wat ʼn verantwoordelikheid het teenoor bydraers tot die fonds – die geregistreerde werkgewers en werknemers.”

Daar is glo ook reeds ʼn reusetoename in aansoeke vir normale WVF-voordele weens die werksgeleenthede wat verlore gegaan het.

Die minister het gesê die finale besluit in dié verband sal aan die land deurgegee word.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Rentia ·

Minister, sê eerder dis jou plig om seker te maak dat daar geld oor is waarmee julle massiewe Kersbonusse kan betaal. Wie se skuld is dit dat 85% van Suid-Afrika se mense vyf maande nie kon werk nie, en nie ‘n enkele sent kon verdien nie? Julle wil nie die sogenaamde “ramp”toestand ophef nie, dus moet julle verantwoordelikheid aanvaar dat die regering vir die land moet sorg. Buitendien, hoeveel geld het die regering aan salarisse gesny, en wat steeds gesny is omdat julle nie oor julle “ramp”toestand kan kom nie?

Persheks Adri ·

ANC is die grootste ramp wat ons kon tref! Hou maar jou geld vir “our people” dis in elk geval al wat julle doen! Hou sommer op met die Sassa ook, want hulle kry net nóg kinders en kry lekker mahala geld en die land is op sy knieë thanks ANC cartel pffft

Hennie ·

Wat ‘n swaapagtige regering het ons nie? Dis so goed jy sluit iemand toe en gee net water…

Mad Mike die Rhodesiër ·

Finansies is ‘n moeilike vak van balansering. Tog moet ons ook dink aan waar sommige van die fondse “verdwyn”…

Jakes ·

Dis lagwekkend, almal het geweet dat die geldfonteintjie gaan opdroog want bedrog en korrupsie was deel daarvan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.