Ongelukslagoffer lewend in lykshuis-yskas gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid is besig met ʼn ondersoek nadat ʼn man vroeër vandeesweek op ʼn ongelukstoneel dood verklaar en die volgende dag lewend binne ʼn lykshuis se yskas gevind is.

Msizi Mkhize (28), ʼn inwoner van die KwaMashu-nedersetting noord van Durban, het Maandagaand saam met ʼn vriend huis toe gestap toe hy deur ʼn motor raakgery is. Hy is op die toneel deur paramedici van die provinsiale nooddienste dood verklaar en na die Phoenix-lykshuis geneem.

Toe sy familie Dinsdagoggend na die lykshuis gegaan het om sy liggaam te besigtig, is daar gevind dat Mkhize nog asemgehaal en ʼn polsslag gehad het. Hy is onmiddellik na die Mahatma Gandhi-hospitaal gehaas waar hy vyf uur later dood is.

Volgens berigte eis Mkhize se familie nou antwoorde by die departement oor hoe die fout ingesluip het en of Mkhize se lewe gered kon gewees het indien hy vroeër hospitaal toe geneem is.

Dr. Sifiso Mtshali, hoof van die provinsiale gesondheidsdepartement, het Vrydag die voorval bevestig en gesê ʼn interne ondersoek is van stapel gestuur. “Sonder enige vooroordeel wil die departement dit duidelik stel dat die dood van enige mens ʼn pynlike ervaring is. Die departement spreek sy innige medelye aan die familie en vriende van die oorledene uit,” het Mtshali gesê.

Dr. Rishigen Viranna, die DA se woordvoerder vir gesondheid in KZN, het gesê die voorval het gebeur terwyl die DA ʼn oorsigbesoek aan die Mahatma Gandhi-hospitaal gebring het. Volgens Viranna het dokters vyf uur lank gespook om Mkhize by te bring en hom te verwarm voordat hy uiteindelik dood is.

“Die DA het aan die hospitaalbestuur geskryf om die pogings van die personeel om Mkhize te red, te loof. Ten spyte van ʼn personeeltekort by die hospitaal, het hulle hul bes gedoen om die pasiënt weer by te bring en sommige het selfs gebly nadat hul skofte reeds geëindig het om te help,” het Viranna gesê.

“Hierdie skokkende voorval beklemtoon net weereens die uiterste tekort binne die KZN-gesondheidsdepartement se nood- en lykshuisdienste.”

Verlede maand het die DA dr. Sibongseni Dhlomo, die LUR vir gesondheid in KZN, ʼn telling van 1/10 gegee vir sy prestasie as die provinsie se LUR. Die party het gesê Dhlomo het geen mag in sy departement nie en dit bring die openbare gesondheidstelsel in gedrang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Indigo ·

Dit gaan al hoe meer op ‘n gereelde basis begin gebeur hoe kan ons anders verwag? As daar net vereis word dat jy 20% van jou werk moet verstaan om skool deur te maak gaan, en dan in n beroep intree waar jy aanvaar moet word en gelyk behandel moet word en waar dit amper onmoontlik is om net aftedank as gevolg van blote kennis te kort.

varkie ·

O nee dit moet n vreeslike ervaring wees maar tenminste weet ons nou waarmee die DA hulle besig is en de hel met ons boere wat so uitgemoor word

Gevolge ·

Hoekom is daar ‘n tekort aan opgeleide mediese personeel? Eerstens omdat hulle vir jare nie meer toelaat dan blank en nie-blank in gelyke hoeveelhede medies en ander para-mediese rigtings mag gaan studeer nie. Tweedens omdat hulle sekere poste uithou vir ‘regstellende’ aksie. Eers wanneer hulle die gevolge daarvan direk voel, gaan hulle hulle foute agterkom. Dit was beslis growwe nalatigheid en ‘n direkte gevolg van ongekwalifiseerde personeel. Jammer aan die naasbestaandes van die oorledene.

lynette ·

Ag Varkie, jy praat nou sommer twak. Ten minste doen hulle besoeke en weet hulle wat aangaan. Wat het die hele petalje met plaasmoorde uit te waai?

snoefie ·

hier kom weer n streep kits miljoeners. hy het seker oo 28 ten minste tien kinders gegad.

Max ·

Ons Kubaans “afgerigte” dokters ken nie die verskil tussen lewe en dood nie.

Cherokee ·

Onthou in die vervolg om na ‘n doodsverklaring te vra vir ‘n 2de opinie.

GES ·

Dit kan nie eens as ʼn growwe fout beskou word nie, dit is skikwekkend. As jy in ʼn soortgelyke situasie beland bid maar net dat van hierdie tipe ‘parramedici’ nie opdaag om te kom help nie.

jaco ·

So lyk regstellende aksie. En wat dit erger maak, is dat die oorledene een van dieselfde ras is as die regstellende aksie beneficiaries. As die oorledene wit was, kan ek dit nog verstaan. Dis immers deesdae amper “mode” om wit mense sleg te behandel en dood te maak. Maar dis n skande dat hulle nie eens vir hulle eie mense/ras omgee nie.

m ·

Weet nie of ek moet lag of wat nie. Is die ambulansmense so onopgelei dat hulle glad nie die verskil kon agterkom dat hierdie persoon lewend was nie. Wie wil nou in n yskas wakker word……

Sonica ·

Ek was onder die indruk dat paramedisie nie dood kan verklaar nie maar net ‘n distriks geneesheer. Soveel keer is daar vir my al gese dat ‘n oorledene nie verwyder mag word deur paramedisie nie voordat die distriks geneesheer dit afteken nie. Hulle noem niks van die distriks geneesheer nie so waar was hy/sy dan gewees in hierdie voorval. Vra maar net?

Koos ·

Dit moet ‘n baie vrot hospitaal wees wat SO sterk ou in net 5 ure dooddokter…

JD ·

5 ure gevat om te poog om sy lewe te red?
Moenie strooi praat nie!! Wys my waar het hulle dit gedoen. Enige een kan net se ek het 5 uur lank probeer.
Maar so gaan dit lyk nadat jy nou net 20% kennis nodig het om iemand dood te verklaar.

humor ·

Dankie tog die frieskas was ook half stukkend anders kon die familie nie n geleentheid kry om afskeid te neem nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.