Ongeregistreerde dokters in Noord-Kaap vas

(Argieffoto: Unsplash)

Die polisie, in samewerking met die Raad op Gesondheidsberoepe (RGB), het die afgelope week twee ongeregistreerde dokters – albei burgers van die Demokratiese Republiek van die Kongo – in die Noord-Kaap aangekeer.

Lede van die RGB se inspektoraat en die Delportshoop-polisie het Dinsdag toegeslaan op ʼn praktyk van dr. MJ Amsani op die dorp.

Tydens die operasie is Jonathan Ilunga Kilumba in hegtenis geneem nadat vasgestel is dat hy as dokter praktiseer hoewel hy nie by die raad geregistreer is nie. Kilumba werk sedert Oktober verlede jaar by die praktyk en is aangekeer vir die oortreding van die Wet op Gesondheidsberoepe.

Die span het ook toegeslaan op ʼn praktyk van Amsani op Daniëlskuil. Hier is Josue Katshelewa Luhanga ook vir die oortreding van die Wet op Gesondheidsberoepe in hegtenis geneem. Hy werk sedert Mei vanjaar by die praktyk, maar is ook nie by die RGB geregistreer nie.

“Dr. Amsani se registrasie by die RGB is aktief en hy sal by die Raad vir Mediese en Tandheelkundige Beroepe aangemeld word,” lui ʼn verklaring van die RGB.

Die raad het ʼn hernieude beroep op geregistreerde praktisyns gedoen om nie ongeregistreerde praktisyns as plaasvervangers aan te stel nie. Praktisyns se kwalifikasies en registrasiestatus kan op die RGB se webwerf nagegaan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

KB ·

Kom ons begin met die vraag:
Wat soek hulle hier? Deporteer hulle terug DRK toe.
Ons het tientalle SA gekwalifiseerde medici (2020/21) wat nie geplaas is/word nie, wat die “behoefte” aan Kubaanse medici (ten duurste!) negeer.
Dis uiters amateuragtig van die regering.

Pieter ·

Die anc land se grense is mos oop vir almal so lank julle net vir hulle stem.

Porseleintjie ·

Ja, want SA is die paradys vir enige krimineel. Bitter min breinkrag is hier nodig om met konkelwerk te floreer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.