Ongeveer 1 miljoen meer DA-ondersteuners

DA advertensie 2Die Demokratiese Alliansie (DA) het reeds ongeveer een miljoen meer stemme tydens die 2014-verkiesing gewerf.

“Ons het 16.7% van die stemme in 2009 gewerf, en ons sal na verwagting vanjaar moontlik meer as 22% haal,” het Jonathan Moakes, die party se verkiesingsveldtogbestuurder, Vrydag gesê. “Ons ondersteuning het tot dusver dus reeds met ongeveer een miljoen stemme toegeneem.”

Moakes het gesê die DA is tevrede met dit wat hulle vanjaar in die verkiesing bereik het, en die party se doelwit was om in al nege provinsies sy ondersteuningbasis te laat toeneem. “Ek dink daar is ʼn paar goeie uitslae. Ons is redelik tevrede,” het hy gesê.

Hy skryf die groei toe aan ʼn goeie verkiesingsveldtog en kommunikasie met die kiesers.

Lindiwe Mazibuko, die DA se parlementêre leier, is opgewonde oor die vooruitsig dat die party moontlik die amptelike opposisie in KwaZulu-Natal gaan wees. “Ek kan nie beskryf hoe opgewonde ek is dat die DA die amptelike opposisieparty in KwaZulu-Natal gaan wees nie. Dit beteken my leier, Sizwe Mchunu, sal die opposisieleier wees in my tuisprovinsie,” het sy gesê.

Mazibuko het gesê ondanks die toename, moet die nog hard werk om verder te groei om meer druk op die ANC te kan plaas. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mike ·

Wat gaan gebeur in die volgende vyf jaar as Zille nie meer die leier van die DA is nie? Wat gaan gebeur binne die volgende vyf jaar met die EFF ook in die parlement? My eerlikke opinie die volgende vyf jaar gaan bepalend wees vir SA, dat hier grootskaalse radikale verandering gaan plaasvind is nie te betwyfel nie en dit gaan beslis ook ‘n invloed he op die DA en die volgende verkiesing oor vyf jaar. Vir die afrikaner as sulks beteken hierdie verkiesing net een ding, en dit is dat hy baie vinnig buite die party politiek sal moet konsolideer om die voortbestaan van sy selfbeskikkingsreg en sy kultuur te verseker.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.