Ongeveer 300 polisiemanne vas vir oortreding van afsonderingsregulasies

Bheki Cele. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Bheki Cele, die minister van polisie, het Woensdag gesê 316 polisiebeamptes is sedert die instel van die landswye algehele afsondering in hegtenis geneem nadat hulle verskeie afsonderingsregulasies oortree het.

Lirandzu Themba, die minister se woordvoerder, sê die presiese oortredings van dié polisiebeamptes is egter nie uiteengesit nie.

Volgens Themba is 246 van dié beamptes tot op hede reeds geskors.

“Dié polisiebeamptes wat die regulasies oortree het, sal nie ongestraf bly nie. Hulle sal aanspreeklik gehou word vir hul misdrywe,” sê Themba.

Cele het in Mei gesê sowat 230 000 sake is teen landsburgers wat die afsonderingsregulasies tydens vlak 4 van afsondering oortree het, geopen.

Teen einde April was daar ongeveer 107 000 sake geopen, met 118 000 mense wat aangekla is weens die oortreding van die afsonderingsregulasies. Dié aantal oortredings het in ʼn kwessie van ʼn maand, sedert vlak 5 van afsondering, verdubbel.

Cele het gesê die oortredings wat die meeste aangemeld is, sluit in oortredings wat verband hou met die verbod op alkohol- en sigarethandel, burgers wat versuim het om hulself tot hul woonplek te beperk en die bywoon van onwettige byeenkomste. Minder onwettige byeenkomste is tydens vlak 5 van afsondering aangemeld, het Cele gesê.

Volgens Cele het vervoermisdrywe ook tydens die afsonderingstydperk afgeneem omdat die minibustaxi-bedryf die regulasies strenger nagekom het.

Ander misdrywe wat aangeteken is, sluit in die onwettige reis oor provinsiale en landsgrense, sowel as mense wat sonder ʼn geldige permit rondbeweeg het.

Cele sê die meeste oortreders is in Kaapstad in hegtenis geneem, gevolg deur die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Gauteng.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Geskors MET OF SONDER betaling – CELE!! Hoop sonder betaling tot die sake afgehandel word, dalk sal dit help dat dit gouer afgehandel word want as JY onskuldig is sal jy jou werk met betaling wil terug kry ASAP, maar as jy betaal word met skorsing – nou ja neem solank as wat julle wil, word betaal om NIKS te doen nie.

JohanR

My gooiste……die ou is nie net deel van die “weakest link” nie, maar hy IS die “weakest link!”

Jurg

Ekskuus my en gemaklikheids halwe word plaas aanvalle en moorde nie gemeld nie. Hy is die naam van minister nie werd nie

Hennie

Wat ‘n pateet! Kyk hoe loer hy nou vir my! Seker te veel Godfather flieks gekyk en besluit om sy lewe lank ‘n swendelaar te wees…

Pappa Beer

Ek wil graag weet het die hele polisiemag nou opgehou met rook? Waar kry hulle sigarette? Dit geld ook vir al die wetstoepassers en regerings amptenare. Hoekom hoor mens nie dat hulle “vasgetrek” word nie?