‘Ongewenste geskenk’ nou sy been kwyt

Die hondjie kan skaars loop nadat sy gebreekte been sonder behandeling skeef aangegroei het. Foto: DBV

“Die meeste van ons weet hoe dit voel om opgewonde oor ʼn geskenk te wees, maar hoe maklik dit dan is om ʼn paar dae later daarvan te vergeet. Dis veral waar wat troeteldiere betref.”

Só sê die Bloemfonteinse DBV na aanleiding van ʼn klagte wat hulle onlangs oor ʼn hond met ʼn gebreekte been ontvang het. “Ons het gereageer en afgekom op ʼn klein beseerde dachshund.”

Toe hulle by die eienaar wou weet wat met die hondjie se been gebeur het, het sy vertel haar suster se kêrel het die hond geskop terwyl hy besope was. “Ongelukkig het ons geen bewyse of getuies van die voorval nie,” sê die DBV.

Hulle het die kêrel gevra wat gebeur het, maar sy weergawe het van sy meisie se suster sʼn verskil. “Toe ons hulle verder uitvra,” vertel die DBV, “het dit geblyk dat die hondjie se been reeds drie weke vantevore gebreek is.”

Die eienaar het vertel hulle het die hondjie na die veearts geneem, wat hulle twee opsies gegee het: Hulle kon die been laat amputeer óf dit met ʼn groot operasie laat regmaak. Albei opsies was duur.

Sy was nie van plan om geld te mors op ʼn hond wat sy geskenk gekry het nie.

Die dachshund se been sal geamputeer moet word nadat sy eienaar geweier het om geld aan sy behandeling te bestee. Foto: DBV

“Toe ons die eienaar vra hoekom hulle nie die hondjie gehelp het nie,” vertel die DBV, “het sy gesê sy kon dit nie bekostig nie. In elk geval het sy die hond by ʼn vriend present gekry en was sy nie van plan om geld te mors op ʼn hond wat sy geskenk gekry het nie.”

Sy het beweer die hond het nie pyn nie omdat hy op die been kan trap. “Maar toe ons die hondjie dophou, het ons gesien hy kan skaars loop,” sê die DBV.

Hulle het ʼn waarskuwing aan die eienaar uitgereik om die hondjie so gou moontlik te laat behandel, maar met ʼn opvolgbesoek het hulle gesien sy het nog niks gedoen nie.

“Die eienaar het volgehou sy was nie van plan om geld te bestee aan ʼn hond wat sy present gekry het nie,” vertel die DBV. Sy het ook gesê sy sou nie die been laat afsit nie, “want sy wou nie ʼn gebreklike hond hê nie”.

Al uitweg was vir die DBV om op die hondjie beslag te lê en hom na die veearts vir X-strale te neem. Sy been is by die dybeen gebreek, maar omdat die eienaar so lank getalm het, kan die been nie meer behandel word nie en sal dit geamputeer moet word.

Die DBV sê die prosedure en die nasorg sal sowat R5 000 kos. Daarom vra hulle dat enigeen wat ʼn bydra wil lewer, “Bloemspca” na 42646 SMS om R30 te skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Esta ·

Please share the owners details. This should be name and shamed! ?

Ekke ·

Julle almal wat haar nou so stenig, het jul raakgelees dat sy ook noem dat sy nie die geld het nie??? Weet julle hoeveel van ons is daar wat dit nie kan betaal nie? R5000.00. Hoekom gee jul almal wat so n bohaai maak nie elke maand n goeie skenking nie dan kan daar n “Staats hospitaal” vir diere ook geopen word net soos vir mense????? Baie van ons gebruik n Staats hospitaal want het nie eers geld vir ons self vir dokters nie, dan dink julle moet ons R5000 uit haal vir n Hond? Dink weer voor julle gal braak!!

m ·

Ekke, ek wil ook dan darem net noem dat as jy nie vir n hond kan sorg nie moet om hemels naam asb nie n hond kry nie, as jy een geskenk kry gee asb die dier terug en maak die persoon bewus daarvan dat jy dit nie kan bekostig nie, ek skenk klaar my R30, ek is seker baie mense is vrygewig genoeg om n donasie te maak…so sy het ander opsies gehad, maar om die hond so te laat lei vir weke is net onmenslik!

Jorese ·

Geagte Ekke jy lees seker die deel mis waar sy sê dat sy nie geld gaan spandeerbop ongewensde geskenk. Dus al het sy geld gehad sou sy in elk geval hom nie gehelp het nie en die feit dat die hond se been gebreuk is omdat haar besope kêrel hom geskop het sê ook baie

Ann ·

Nee werklik, die vrou het seker nie kinders nie. Sy sou dalk dieselfde gereageer het … in elk geval, wie skop ʼn hond vir g’n rede nie?
O nee wag, hy was gesuip …

Jannie ·

Armoede sal NOOIT ‘n verskoning wees om gevoelloo en KOMMIN te wees nie!!!

Lida ·

Ag nee wat as jy nie kan bekostig om jou dier se mediese koste te kan betaal nie, moet dan nie n hond vat nie. Die arme dier moet ook nie geskop word nie regtig waar nou, kyk daai hond se grootte teen ‘n mens se grootte. Maar dis reg
Onthou wat jy aan mens of dier doen sal jy voor boet, God slaap nie!!!!

T ·

Ek raak so kwaad om sulke dinge te lees, wil daai persoon skop en los met n gebreekte been vir 3 weke!! Hel het n spesiale plek vir sulke idoite.

Arme Hond ·

Hoop die vriend wat haar die hondjie as geskenk gegee het los haar..Ek hoop almal wat hier lees maak ‘n bydrae ek het sopas!!

Ronel ·

Hoekom vat sy die hondjie as sy nie omgee nie. Sy het nie liefde vir n dier nie. My diere is ons lewe.naam en shame haar dt almal kan sien hoe lyk die vrou wat hartloos is.

Netso ·

Dis hartseer van die hondjie maar ek dink DBV is agterbaks om hierdie vir ñ geld insamel te gebruik! Ek stuur my geldjie as ek lees dat DBV personeel hulle sokkies optrêk en hulle werk doen en dit lees dat een vervolg is hier asb ? Klink my eerder dit gaan heeltemal te lekker by Bloem DBV !

Jem ·

Ek is woedend. Ongevoelige mense maak my siek. Diere het ook gevoelens soos mense. Troeteldiere is ons kinder. As jy n dier so kan laat lei hoeveel temeer sal jy nie jou eie kinder so laat lei nie. Onthou net ons Hemelse Vader slaap nie.

Deloris ·

Wys haar … wys haar …. dis net so erg soos kinder mishandeling!??

Essa ·

Netso, waarvan praat jy? DBV Bloemfontein het hulle sokkies opgetrek soos jy voorstel en is besig om hul werk te doen – daarom is die hondjie nou in hulle sorg. DBV (orals) is baie afhanklik van donasies en skenkings. Hulle benodig fondse vir die hondjie se operasie en wend ‘n poging aan om dit te kry.

Pierre Wolmarans ·

In die geval is daai veearts net so verdomp skuldig. Hy is daar om na diere om te sien, maar sal eerder aan sy geld sak dink as om daai areme dier te help.

Hannelize ·

Ek het baie name wat ek die mense kan noem maar sal nie.
Aan SPCA Bloem.
Ek sal daai worsie aanneem met liefde. Hy sal so veel liefde kry in my huis. Hy sal ñ mediese fonds hê & hy sal saam met my ander worsies op my bed slaap. Ek sal hom selfs gaan haal in Bloem.

Wilmarie ·

Ek het ook n wors. Dierbaarste goedjies. Stout, besig. Maar baie liefde.

Lida ·

Ai liewe Vader jys ‘n hemels kind met ‘n groot hart vir diere. Ek gaan ook nou sommer paar skenking maak om daai arme diertjie se pyn te verlig so gou as moontlik. Baie Dankie aan SPCA Bloemfontein dat daar nog plekke is soos julle wat na arme diere omsien wat nie vir hulle self kan praat nie. ???

Leoni ·

Hoekom sit hulle nie die veearts se banking details of sms no op nie? Ek het jare terug gesien hoe vat hulle kos en koekies wat geskenk word en deel dit uit onder familie en vriende. Steur net nie aan mens as jy iets sê nie. Ek waardeer hulle hulp geweldig en help graag as ek kan.

Nel ·

Veeartse se kostes is ongelooflik duur, maar kan hierdie veearts dit nie maar gratis doen nie?

Annetjie ·

Dit maak my SOOOOO Kwaad as mense nie na hulle diere kan omsien nie
Maak asb haar naam bekend !!

Ek hoop iemand neem haar aan – sy verdien net liefde

Santi ·

Liewe Ekke , ek neem aan dierre is maar net vir jou niks belangrik nie??? elk geval as sy dit nie kon bekostig nie kon sy na DBV gegaan het en hulp gevra het wat ek jou kan belowe hul sou haar gehelp het…en dan haar houding oor sy gaan nie haar geld mors op n geskenk nie , hoekom dan die hond gevat as jy so min oor n dier voel …ek hoop eerlik sy mag nooit weer enige dier he nie.

Nienie ·

Ek stem saam. Sy kon gereel het om d geld af te betaal. Dis maar wat ons arm mense doen. Veeartse het my nog elke keer so gehelp. Sy moes haar net ontferm het en haar mond oopgemaak het.

Wilmarie ·

Ek is seker iemand sou haar kon help by die DBV. Watter mens met n hart, sal daai hondjie so los met die been? Sodat hy suffer. Nee, wat. Moenie geld as verskoning gebruik nie.

Maljan ·

Die oordeel kom julle nie toenie. Veeartse is peperduur. Ek moes onlangs R1680 betaal vir my brak wat net maagwerk gehad het. Staatsveeartse is deesdae oor die algemeen swart mense vir wie fiere nie n prioriteit is of ooit sal wees nie. Maar hulle het plek gekry om veeartsenykunde te swot, Jannie het nie Moet julleself nie op daardie front bedrieg nie. Hulle is nooit eers op kantoor nie.

CS ·

Worsies is dierbaar, en hierdie hondjie het dit nie verdien nie. Die koste wat hierdie veearts vra, is regtig nie so duur nie. Daar is veeartse wat baie duurder is. Ek het so ‘n maand terug amper R4000 betaal vir behandeling van ‘n hond met pankreatitis, nie eens ‘n operasie nie. Gelukkig het my honde medies. Dis duidelik daardie arme hond het nie die liefde en aandag gekry wat sy verdien nie. Mense is onverantwoordelik waar dit by diere kom. Dis “lekker” ‘n dier te om te hê, maar nie so lekker om te betaal wanneer daai dier siek word nie.

Susan ·

Aan Ekke,
As jy nie geld het om ‘n dier te kan bekostig nie, dan los jy dit eerder! As jy na ‘n staats hospitaal toe moet gaan vir behandeling, dan beteken dit in elk geval jy het nie geld vir ‘n troeteldier nie, want obvious gaan jy ook nie geld he om vir die ou hondjie kos te koop nie!
Dink weer voordat jy mense beledig omdat ons opkom vir die hondjie!!

christa ·

ek hoop die SPCA maak seker dat die vrou nie weer ‘n dier aanhou nie. Sy is nie werd om enige dier se liefde te verdien nie.

RG ·

Die veearts kan vir ‘n verandering die geval pro bono hanteer, verdomp, hulle maak genoeg geld!

christa ·

RG, veeartse maak miskien baie geld, hulle het daarvoor geleer. Dit is die SPCA wat glad nie geld het nie wat gaan help. R5000. is baie maar as jy dit nie kan bekostig nie, moenie diere aanhou nie. Diere, nes kinders kos geld. Hulle loop gewoonlik met sigarette in die bek maar geld vir belangrike dinge is daar nie. Hoekom nie die mense se adres by sulke klagtes plaas nie? Almal moet weet langs wie hulle woon en met wie hulle meng

RG ·

@Christa ek stem volkome saam, wys vir ons hoe lyk sulke mense. Maar, dit is heeltemal te maklik vir professionele mense om net hul rug op sulke gevalle te draai, terwyl meeste van hulle voorgee om werklik om te gee vir diere en die beroep kwansuis as roeping gekies het. Nou moet ware diere liefhebbers wat self derduisende aan veeartse betaal, weereens bydra. Dis twak, doen jou plig mr. veearts, jy kan dit bekostig.

Sê maar net ·

Die spca help net as jy kan bewys dat ky regtig net sassa geld kry. En meestal, jammer om te sê, help hul nie-blankes. Want die blanke het mos altyd geld. Ek weet ek wou 2 van my hondjies vir R800 elk laat steriliseer. Die veeartse begin by R1550 elk. So as jy moet kies tussen kinders se kos op tafel en en.. wat kies jy? Al was die hondjies gered by ‘n ander plek as die spca, wil hul nog steeds nie help nie. Gelukkig laat sommige veeartse jou afbetaal.

Michelle ·

Die vrou moet oud word God moet haar krag gee en die vriend ook diere kan nie praat nie daardie hondjie loop in baie pyn en ek sal my bydrae met liefde maak as ek sy pyn kan verlig. Maar die vrou moet weet wat jy aan enige een doen tot ‘n weerlose dier sal terug kom na jou.

Marlene Bothma ·

Laat die eienaar en skopper werk vir R5000. Sit hulle in selle en vra die bandiete om hulle voos te skop. Hopelik sal n veearts iets gratis doen vir n slag

Geskenkie ·

Dit gebeur DAAGLIKS, duisende honde word uitgesit omdat mense honde vir GESKENKE vir ander mense gee vir wie dit dan ‘n HINDERNIS of irritasie is dan word hulle GEDUMP om deur die SPCA doodgemaak te word OF hulle word vir HONDEGEVEGTE Gebruik . MENSE LUISTER NIE .. Hierdie MENSE verdien EINTLIK nie DIERE nie..

Smurfie ·

Shame , kyk di hartseer in daai hondjie se oë. Dit breek my hart :(
Ek hoop hy kry n goeie huis

AMS ·

Hierdie hond se agterstand het alreeds begin toe hy waarskynlik een van ‘n werpsel was wat ongewens was. ‘n Hond wat nie “reggemaak” is nie kry kleintjies en dit word net aangegee aan enige iemand. Of hulle nou vir ‘n hond kan sorg of nie. Almal voel jammer vir die hond wat ook reg is, maar elkeen van julle, hoeveel van julle se honde is “reggemaak”? Hoeveel het ook al honde net uitgedeel? Hierdie is maar net een hond van duisende mishandelde, weggegooide honde wat die nuus haal.

Ella ·

Ekke….klink my jy is die eienaar.

As jy nie geld het vir n “hond” nie hoekom een aanhou. Sal jy jou kind deur sulke pyn laat gaan, dis onaanvaar. Weer se ek as jy nie geld het nie moenie n dier aanhou nie. En as jou dier dan seer kry van so aard dat hy na n dokter toe moet gaan maak n bledie plan.

My hond was laas jaar Desember gebyt ons het skuld gemaak om hom na n dokter toe te vat. Dit bly jou verantwoordelikheid. Onmenslikheid kom al meer voor onder ons wit afrikaaners. Dit is nie my of enige iemand anders se verantwoordelikheid om na jou, jou diere of kinders om te sien nie. Wonder net hoe jy jou Kinders hanteer?!

Sê maar net ·

Ek dink ons moet onsself die volgende vrae afvra:
1) die spca het ingegryp, hoekom het hul haar nie gehelp met die beskikbaare veearts (elke spca het ‘n veearts wat hul help), teen verlaagde tarief nie? Is dkt vir die vrou aangebied?
2) hoekom het die veearts haar laat gaan waar sy die hondjie gehad het? Het hy vir haar gesê sy mag maar hom afbetaal?
3) het die veearts waar sy die hondjie gehad het gereken die hondjie is sonder pyn en kan soos normaalweg aangaan? Het hy haar medisyne gegee en het sy dit geneem?
Sal graag wil weet voordat ek enige mening hieroor kan vorm.

E.K. die eerste ·

Beste straf vir alle sleg dieremishandelaars is ‘n VERPLIGTE aftrekorder van hul salaris wat na SPCA of enige ander dieresorg/skuiling moet gaan. Kan nie verstaan dat hier mense, soos bv ene “ekke” is wat opkom vir hierdie vroumens nie. Darr is HOPE oplossings as jy so iets nie kan bekostig nie. Moet in eerste plek nie die hondjie vat as jy nie bereid is/geld het om behoorlik vir die diertjie te sorg nie. Dink net die pyn wat die arme diertjie moes hê totdat DBV haar gevat het. DRIE weke lank!! Probeer jouself indink hoe JY as mens met sulke pyn sou moes rondloop? Ek stuur NOU ‘n sms om te skenk

Honde-liefie ·

EKKE – Ja, baie van ons is in die situasie waar ons nie geld het nie, MAAR as jy regrig vir jou diere omgee en lief is vir hulle, sal jy plan maak. Ek is seker daar is veeartse wat ‘n afbetalingsooreenkoms sal aangaan as jy werklik in nood is. En as jy die berig ook mooi gelees het, sal jy sien sy het geen belangstelling werklik in die troetedier gehad nie. Ek quote: Sy is nie van plan om geld te bestee aan ‘n hond wat sy as geskenk gekry het nie. SO….. maak dan nou maar jou eie gevolgtrekking.

Chareen Boshoff ·

Ek sal die hond vat en self na my vet toe vat en dan sal ek die hond vat ook maar vir daai tipe vrou sal ek nie ‘n cent gee nie. Nou moet die arme ding so loop want sy soen nie ‘n gebreklike hond nie en sal ook nie betaal vir die opp nie. JY MOET NIE DIERE HE NIE JOU EVIL MENS!

koos ·

Jy moet BAIE seker wees van jou saak voor jy vir iemand ‘n troeteldier of armhorlosie persent gee. Verder, as jy eienaarskap neem van ‘n dier is dit ‘n verantwoordelikheid solank die dier lewe. Dis net so ‘n groot verantwoordelikheid soos ‘n kind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.