Hoewel hierdie kandidate soms deur lede van die gemeenskap as “verraaiers” uitgekryt word, hou hulle vol dat goeie dienslewering niks met ras of taal uit te waai het nie.
Die ANC het tydens 2019 se nasionale verkiesing 78% van die stemme ingepalm, gevolg deur die EFF met net meer as 10% van die stemme. Die agt VF Plus-kandidate is raadop met die ANC wat versuim om dienste te lewer en aanhou leë beloftes maak, daarom dat hulle nou hul gewig by die VF Plus ingooi.
Marcelle Maritz, leier van die VF-Plus in Limpopo, sê hulle is vreeslik opgewonde oor hierdie kandidate, wat sy as “besonder dinamies” beskryf.
Die kandidate het aan Maroela Media gesê dit is uitdagend om stemme vir die VF Plus te werf omdat die lede van hul gemeenskappe nie vertroud is met dié party nie.
ANC bring nie verandering
Die 29-jarige Godfrey Skosana, voornemende wyksraadslid van die Sephaku-nedersetting in die Elias Motsoaledi‑plaaslike munisipale distrik, het ’n paar maande gelede by die VF Plus betrokke geraak. Hy is nie ’n dag spyt dat hy hierdie party gekies het nie.
Skosana het in die verlede vir die ANC gestem, maar volgens hom was daar geen verandering in hul gemeenskap te sien nie. Hy het verskeie politieke partye noukeurig begin bestudeer, voordat hy besluit het om by die VF Plus aan te sluit.
“Die party se lojaliteit aan sy kiesers en agtermekaar administrasie het my veral beïndruk. Dit is tyd vir verandering en ek glo ons moet ander partye – soos die VF Plus – die geleentheid gee om hulself te bewys,” het Skosana aan Maroela Media vertel.“Die meeste mense stem nog op grond van wat in die verlede gebeur het. Ons moet begin om vir die toekoms te stem en aktief aan ons toekoms werk.”
Volgens Skosana word gerugte in die gemeenskap versprei dat die VF Plus slegs vir Afrikaanse, blanke mense opstaan.
“Ek wil die lede van die gemeenskap daarop wys dat die gerugte nie waar is nie. Ek is oortuig daarvan dat die VF Plus agter hul kiesers staan, maak nie saak watter kleur hulle is of watter taal hulle praat nie.”
Volgens Skosana is die jeug in sy gemeenskap veral positief oor die VF Plus. “Hulle is baie oopkop en soek verandering. Hulle is keelvol vir swaarkry en sukkel.”
Skosana is al sedert 2016 ’n jeugleier in die gemeenskap. Hy rig jong sokkerspanne af en samel geld in om vir hulle sporttoerusting te koop. Hy was ook betrokke by ’n projek om netbalbane in die gemeenskap op te rig en help om plaaslike kunstenaars en hul talente te bevorder.
“Ons jeug het soveel potensiaal, maar nie die geleenthede om dit te bevorder nie. Daarom gee talle hul talente op en begin om dwelms te gebruik of misdaad te pleeg.
“Ons kort leiers wat ons kan help om geleenthede vir ons jeug te skep. Hulle is ons toekoms.”
Leë beloftes
Robert Mahubedu (54), kandidaat vir die Fetakgomo Tubatse- plaaslike munisipaliteit, en James Thokolo (69), kandidaat vir die Blouberg- plaaslike munisipaliteit, glo die VF Plus is toegewyd om hul gemeenskappe te help ontwikkel.Mahubedu het vanjaar sy tuiste by die VF Plus gevind, terwyl Thokolo al sedert 2019 woeker om kiesers vir dié party te werf. Dit volg nadat albei eers hul vertroue in ander partye gestel het, maar teleurgestel is.
Volgens Mahubedu en Thokolo sukkel albei se gemeenskappe met swak infrastruktuur en vrotsige dienslewering.
“Ons mense sit sonder water, maar ons regerende party kyk net na hulself en vergeet van die mense wat vir hulle stem. Hulle het ’n gebrek aan goeie bestuur en is glad nie geloofwaardig nie,” sê Mahubedu.
“Ons kort leiers wat die gemeenskap kan dien en nie net agter geld aan is nie.”
Volgens Thokolo, wat vlot Afrikaans praat, maak die regering beloftes om voldoende dienste aan die gemeenskappe te lewer, maar hul probleme word by die dag groter.
“Die regerende party kom wys oë in verkiesingstyd om stemme te werf. Verder sien ons hulle nooit nie,” sê Thokolo.
Skosana stem saam en sê die meeste mense stem nog op grond van wat in die verlede gebeur het. “Ons moet begin om vir die toekoms te stem en aktief aan ons toekoms werk.”
Nou moet jy weet hoe sleg gaan dit in ons land as Swart mense by die VF plus aansluit om verandering in ons land te kry
Ek glo nie jy kon dit beter stel nie,baie goeie antwoord.
Jou antwoord moet beslis een van die “MaroelaMedia Top 10 Kommentare van 2021” wees. Goed gestel, Debbie, en waar.
‘n T-hemp en ‘n koeksister kan ‘n groot aantrekkingskrag wees.
Net jammer alles is so onorganiseerd
Ovelia, jy sal dit beter kan doen né?
Ovelia, indien jy Tiptol niè antwoord nie, is jý nèt so ongeorganiseerd.
Sien nie jou naam op n kandidatelys nie.
Waarna verwys jy, wat is die ALLES. Brei bietjie uit as jy sulke stellings maak.
Ongewone tye noodsaak ongewone optrede. Ek hoop hierdie kandidate kan n positiewe verskil maak in die gemeenskappe wat hulle verteenwoordig.
Goeie begin! Ons kort meer posetiewe stories
Baie bemoedigend, n groot stap vorentoe as hul maar net die verlede kan vergeet en toekoms gerig kan raak. Waar, dit gaan nie oor politiek nie maar oor dienslewering.Wens hul sukses toe.
Ons moet juis die verlede onthou maar nie in die verlede lewe nie sodat ons gemotiveer kan wees om saam aan n beter toekoms te bou.
Ek dink daar is sekere veel swart burgers van hierdie land wat wel n verskil wil sien en nie meer wil terugkyk na die verlede nie, glo my
Mag hierdie kandidate veld wen in die verkiesing. Dit is verblydend om te sien dat daar mense is wat positief vorentoe kyk en hulle nie aan die verlede se propaganda steur nie.
Hier is nou genoegsame bewys dat VF Plus nie rasssisties is soos sommige beweer nie.
Staan op en stem VF Plus!
Selfs ‘n rassis soos ek, stem VF+!
(my idee van rassisme is liefde vir eie kultuur)
Hoop jy doen nog volkspele
VF sal baie meer as dit moet doen om die juk van jarelange persepsies af te skud.
Dit is verrassend om swart kandidate vir VF+ te sien. Ek hoop opreg dat die VF+ nie na die verkiesing hierdie mense gaan versaak en hulle ontnugter agterlaat nie. Politiek is ‘n vuil, baie vuil spel.
Ek twyfel baie sterk dat die VF+ so iets sal doen. Hierdie artikel verbaas my nie in die minste nie. Die VF+, myns insiens, is basies die enigste politieke party in die land wat sal werk volgens spesifieke mandate en wat eerlike en opregte doelstellings voor oë het. Dit gaan nie oor ras of taal, soos Skosana self gesê het. Hierdie mense sien die VF+ se waardes. Respek.
DIT sê alles wat ons moet weet.
Dalk is dit die begin van die einde vir die ANC, hoop so
Ek hoop regtig die ANC verdwyn van die radar. Hulle is useless. Het wel daarin geslaag om ons pragtige land op te mors. Eks bly om te sien mense se oë begin oopgaan.
Ek syem Blomme, solank eff nie oorneem nie.
Ek het gelees dat die ANC en EFF sabotasie van ons watertoevoere en kragtoevoere gaan veroorsaak, sou die ANC verloor. Maw hulle gaan grootskaalse ontploffings veroorsaak landswyd. Kan jy voorstel wat dit gaan veroorsaak?
Die VF moet nou hulle kant bring.
Pieter, vir ingeval jy hier lees, ek wou eers Michael afduim, en toe besef ek, hy is reg!
So, hy score geen duim nie, maar jy ook nie. Bring jul kant. Die gevolge kan katestrofies wees vir SA.
Ek glo hulle sal indien hulle genoeg setels kry wat hul meer slaankrag sal gee.
Hoewel ek DA stem is dit verblydend om te sien dat daar wel swartes is wat insien hoe hulle eie mense die land in die grond in bestuur.Ek is bly en baie sterkte vir VF+.
Fantasies!
Hopelik verander meer mense se sieninge oor hul partye, maar hulle kan sien dat verandering dringend nodig is.
Ek hoop julle kry beheer in party wyke sodat ons kan sien if julle beter kan doen en hoop dié gemeenskappe wat julle dan lei sal by julle staan en julle ‘n kans gee en dat julle doen wat julle sê julle sal en kan. Maar the proof is in the pudding.
Hulle kan net saamstaan met korrupsie.
Oh my word.
Dit is seker noodsaaklik
Dis nou so tipies. Jy sal seker wil sien dat daar ‘n aparte ingange is by die stemlokaal. Jammer ET het jou so teleurgestel toe hy die swart katte in die donker geknyp het.
Wat dink die erg konserwatiewe en verkrampte groepering binne die VF+ hiervan? Sal hulle steeds welkom voel by die VF? Interessant, sal graag wil hoor van die mense.
Wel, die doel en visie van die VF+ is baie breër as wat die linkses dit sien. Die binnekring van die VF+ is veronderstel om die waardes wat die party verkondig, te eggo. Te sekondeer.
Hoe voel dit om afgeduim te word voor jou kommentaar gelees word? Sal ook graag wil hoor van die mense.
Ek het geen probleem daarmee nie, solank hy sy kant bring vir ALMAL, en sonder om korrup, of raskaart te speel.
Maak nie saak die kleur van die persoon wat help om ons opge@#$ land reg te kry nie.
100% agter hulle dan.
Op die grens was ons ook nie net wittes nie, bruin én swart het saam ewe hard geveg, en party gedood saam ons.
Hoekom altyd so negatief?
Kyk net na die kommentare ou Piet dan sal jy weet
Jy is baie duidelik BAIE onkundig rakende die VF Plus. Gaan lees bietjie waarvoor staan die party. Jy is duidelik nog vasgevang in die 1980’s denkwyse. Neem aan jy gaan ook nie stem nie.
Piet, ek het jou bemoedigend ge-antwoord, maar maroela het ‘n “probleem” met dit gehad en gemoddereer.
Newsflash Piet, 686 kandidate in Kaapse metro is nie wit nie.
Jy is uiters oningelig rakende die VF Plus. Gaan lees waarvoor hulle staan. Net vir jou inligting: In hierdie verkiesing is daar 686 VF Plus kandidate in die Kaapse metro wat nie wit is nie. Lyk my jy is die verkrampte een
Nou moet mens net voet in die deur kry by al die munisipaliteite sodat daar gesien kan word wst gedoen kan word en dan met die algemene verkiesing word die ANC heeltemal uitgestem. Ek glo dit kan gedoen word!!
Ek haal graag ‘n jong swart dame aan (rofweg vertaal) “As mense, ten spyte van hul bewese swak regering, aanhou om vir die ANC te stem, ly hulle aan selfhaat”.
Wow! Goeie stelling wat die dame gemaak het.
Die VF+ is wel ñ kleiner party en mense sal sê ek droom MAAR ek kan nie help om te dink aan ñ vooruitstrewende SA, opgedeel in state (elke staat word bestuur deur bevoegde leiers, ongeag ras) met ñ groeiende ekonomie, behuising, water en elektrisiteitsvoorsiening, die beste voedselsekuriteit en mineraalbestuur, veiligheid, eerbare leiers wat hul gemeenskappe dien – indien die lig van die VF+ oor ons land skyn. Solank hulle net altyd vir God eerste stel.
Suid-Afrika KAN in vrede voortbestaan. Ons KAN almal saamwerk. Soms moet daar eers ñ ontnugtering plaasvind voordat die “onmoontlike” kan geskied. Ontnugtering kan voorkom in verskeie maniere.
Nietemin.
Elkeen se kulturele-, tradisionele- en Geloofswaardes sal gerespekteer word. Dit is hoe dit moet wees. Dit is hoe dit eendag ook SAL wees. Daar is ñ rede hoekom ons hier is. Suid-Afrika is die uniekste land ter wêreld – en ek sê dit nie net omdat ek hier bly nie. Kyk van “buite” as 3de persoon en maak jou vergelykings.
Wat is so snaaks daaraan? VF gaan nie oor kleur nie, dit gaan oor diens. Ek stem beslis VF
Yes!
Maar hulle hoofkantoor in Orania gaan oor kleur?
Nou ja, as mens op die VF+ se webwerf gaan lees wat hul beleid eintlik is, dan verbaas ‘n paar swart kandidate jou nie.
Ja, die VF+ is tradisioneel ‘n Afrikanerparty, maar hul beleid sê eintlik niks van Afrikaners as sulks nie; hulle is bloot konserwatief, Christelik en veral ten gunste van afwenteling van mag van die sentrale regering na plaaslike gemeenskappe.
Dié beleid sal nie net tot Afrikaners se guns strek (deurdat hulle meer beheer oor eie sake sal hê nie), maar enige ander gemeenskappe ook dieselfde kans gee om onder die juk van sentrale regering uit te kom.
Daar is baie meer van die swart bevolking wat begin vra na die VF Plus. Hierdie is die positiewe begin van ‘n sneeubal.
Die swart bevolking begin deur die korrupte ANC te sien. Die EFF is ook net ‘n klomp moeilikheidmakers volgens baie swart kiesers.
Hierdie beweging verbaas my glad nie, hulle verras my eerder. Mooi so VF Plus.
Ai die anc is baie slim so breek hulle die oposisie af – dis presies wat hulle met die da gedoen het – stuur mense in en dan na n paar jaar dan veroorsaak hulle soveel st…t dat die partye uit mekaar breek en die oorspronklike mense nie meer stem vd party nie. So sal geskiedenis homself herhaal en ons Sal aanhou om ons koppe te stamp, ons vertrou te vinnag en maklik-
Nou hoop ek net dat die kanidate eerbaar is en nie net die VF+ gebruik om in die munisipale raad te kom (omdat hulle ‘n beter kans staan as om deur die ANC se nominasies te gaan) en dan oor te loop na die ANC of EFF nie.
Les vir Twee Psrtye
VF Plus….tyd vir verandering
DA….tyd om wakker te word. Dit is die Party wat julle so
afkraak….
Kyk en leer….
DIS MANNE MET BACKBONE.
Alles goed en wel,solank die VF net in koalisie gaan met die DA wat die amptelike opposisie in daardie geweste sal wees na vandag….anders gaan die VF hulle in die rug steek na die verkiesing.