Onkologiediens by Addington-hospitaal hervat weer

Hoof van die departement van gesondheid in KZN dr Musa Gumede, KZN LUR vir gesondheid dr Sibongiseni Dhlomo en president van Varian Oncology Systems, Jean-Luc Devleeschauwer tydens ‘n perskonferensie by Addington-hospitaal (Foto: ANA-verslaggewer)

Dr. Sibongiseni Dhlomo, hoof van gesondheid in KwaZulu-Natal, het Dinsdag gesê onkologiedienste is heeltemal herstel by die Addington-hospitaal in Durban.

Dhlomo het gesê die onkologiediens sal weer in Julie op volle kapasiteit wees, ná twee jaar se skandale wat byna tot ʼn ineenstorting van staatsonkologiedienste in die provinsie gelei het.

Hy het tydens ʼn perskonferensie by die hospitaal se onkologie-afdeling gesê die departement het suksesvol een van die Rapic Arc-masjiene herstel en die sagteware opgegradeer. “Die masjien is op 5 Junie gelisensieer. Die eerste pasiënt het op 6 Junie suksesvol die eerste dosis bestraling by Addington-hospitaal ontvang.”

ʼn Tweede “nuwe masjien” is ook geinstalleer en sal na verwagting in Julie die eerste pasiënt tot diens kan wees.

Die herstelde masjien, wat in ʼn vertrek genaamd “Nkandla” gehou word, is een van twee masjiene wat tussen 2015 en 2017 gebreek het nadat die departement ʼn onderonsie met die verspreider en instandhoudingsagent Techmed Africa gehad het.

Die departement het tydens hierdie periode ʼn instandhoudingskontrak aan KZN Oncology Services toegeken, maar in plaas daarvan dat die masjiene herstel is, het dit verder in onbruik verval. KZN Oncology Services is verwyder en een van die eenhede is later onherstelbaar verklaar.

Die Amerikaanse maatskappy Varian Medical Systems, wat die Rapid Arc-bestralingsmasjiene vervaardig, het intussen die instandhoudingskontrak oorgeneem.

Dhlomo het gesê dr. Shona Bhadree by Inkosi Albert Luthuli-hospitaal, ook in Durban, sal aan die hoof staan van onkologiedienste in die provinsie.

Die Nkandla-kamer, waar die bestralingsmasjien by Addington-hospitaal gestoor word (Foto: ANA)

Daar is altesaam vyf Rapid Arc-bestralingsmasjiene in die provinsie: een by Greys-hospitaal in Pietermaritzburg, drie by Albert Luthuli en twee by Addinton.

Onderhandelinge duur ook voort met die Wits Gesondheidskonsortium, van die Universiteit van Witwatersrand, om nog twee onkoloë te verskaf in ʼn staat/privaat vennootskap met Addington. Dié hospitaal het tans twee voltydse onkologiespesialiste. Nog twee sal na verwagting binnekort aangestel word.

Dr. Nokwanda Zuma, onkologiespesialis by Addington, het gesê die hospitaal sal na verwagting binnekort tussen 30 en 40 pasiënte per dag kan behandel.

Die Menseregtekommissie het gesê hy sal ook deurgaans die departement monitor ná ʼn ondersoek bevind het Dhlomo en sy departement het “die regte van onkologiepasiënte geskend” toe die bestralingsmasjiene in onbruik geraak het. Talle personeellede en onkologiepasiënte het die hospitaal verlaat en eerder by Albert Luthuli-hospitaal aangesluit. Wagtydperke vir pasiënte is ongeveer agt maande.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

Vermeteld, gewetenlose arrogansie om nadat hulle verandwoordelik is vir pyn en lyding en waarskeinlik dood van weerlose mense, die naam NTLANDLA te gebruik… SONDER n jammer… verandwoordbaar gehou word!!!!!

Nog n ANC ANARGIE LEGACY. Onbekwame selfverrykers wat onbevoegdheid n nuwe dimensie gee.

En dan SHOW hulle af met hulle selfwaan!!!!!

Al ·

Stem saam met jou. Apartheid word gereeld as ñ slaansambok uitgehaal, maar hul gee nie ñ duit om vir hul eie mense nie.
Ek al gesien hoe drink klinieksusters van die sop wat vir die behoeftige mense uitgedeel word!
Blykbaar by kinderwelsyn neem hul die beste klere van skenkings vir hulself.
Sies!

Iché ·

Lees ek reg? Die onkologie-spesialis is Dr. Nokwanda Zuma en hul bestralingsmasjien-kamer word die Nkandla-kamer genoem?
Seker toevallig.

Wilma ·

Hoe belaglik. Genaamd Nkandla. Hukom word name gegee aan behandelings kamers. Gee liewer aandag en gee om vi siek pasiente. Die naamding gebeur sekerlik net in Afrika

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.