‘Onlus-aanhitser’ kry borgtog

Bonginkosi Khanyile (Foto: Bonginkosi Khanyile/Twitter)

Die veroordeelde #FeesMustFall-aktivis wat daarvan beskuldig word dat hy die sogenaamde Zuma-onluste op sosiale media aangehits het, is op borgtog vrygelaat.

Bonginkosi Khanyile is vanoggend (Dinsdag) borgtog van R5 000 in die Durbanse landdroshof toegestaan.

Khanyile staan tereg op aanklagte van aanhitsing tot openbare geweld en die oortreding van die Wet op Rampbestuur.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Khanyile se borgtogvoorwaardes sluit onder meer in dat hy sy Twitterrekening moet opskort en nie die sosialemediaplatform mag gebruik nie.

Dít nadat Khanyile tydens die onluste in Julie glo verskeie hutsmerke ter ondersteuning van oudpresident Jacob Zuma se vrylating op Twitter geplaas het.

Die onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het grootskaalse beskadiging van infrastruktuur en plundering van goedere tot gevolg gehad.

Khanyile is een van verskeie wat in hegtenis geneem is vir beweerde aanhitsing gedurende die plundertogte. Dit is ook nie die eerste keer dat Khanyile met die gereg bots nie.

Maroela Media het vroeër berig Khanyile is in 2019 tot huisarres gevonnis vir sy aandeel in die gewelddadige #FeesMustFall-betogings in KwaZulu-Natal in 2016.

Kara sê Khanyile sal na verwagting weer op 23 September in die hof verskyn sodat die saak na die streekhof oorgeplaas kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Elinette ·

As hy ‘n opgeskorte vonnis (indien enige) ontvang het, moes hy nie nou onmiddellik tjoekie toe gegaan het nie? Hy het hom mos 2 x binne ‘n sekere tydperk skuldig gemaak aan gewelddadige optrede … Of …e… geld algemene wet en orde net vir sekere lede van die gemeenskap?

Perdeby ·

As hy wit was sou hy nie borg gekry het nie, maar nou ja wat sal ons nou maak.

Vicky ·

Hy moet eers deur ñ hof skuldig bevind word voor sy vorige veroordeling in ag geneem kan word en hy “gestraf” kan word. Ongelukkig is ons regstelsel pateties. Hy sal natuurlik onskuldig pleit en die ding uitrek tot in lente van dae.
Hulle weet hulle kom niks regtig oor behalwe ñ klappie op die hand nie.

tweeling ·

Opstoker sal hy bly, al sluit jy hom toe. Hy sal die misdadigers opstook om die tronk af te brand en eis dat alle gevangenis vry gelaat word!

Belinda ·

ja ag hoekom nie, is mos lekker in SA. Hier in SA kan kriminele lekker tussen ons lewe. lekker man, lekker….

Di ·

Daai gesig spreek boekdele – Regering skerm maar lekker vir our brothers. Was die opstokers wit, was hulle al klaar skuldig bevind en gevonnis vir terrorisme.

Leonora ·

Hy dink seker hy sal die volgende Mandela word en almal se hero wees.

Vonkprop ·

So kom ek probeer gou verstaan. Hy versoorsaak miljarde rande se skade, maar sy borgtog is R5000. Hoekom kan sy borgtog nie R500 000 of meer wees vir die skade wat hy veroorsaak het en as hy dit nie kan betaal nie, bly hy sit. Iemand wat sulke skade aanrig kan eenvoudig net nie op die vingers getik word en losgelaat word nie, veral nie as hy dit al van te vore gedoen het nie. Hy sien sy straf is lig so hy hou aan om dit te doen. Hoekom kan die regering nie strenger optree nie, want hulle sê dan hulle gaan dit nie weer toelaat nie, maar dan is die grap dat die straf so lig is. Dit maak ‘n mens moedeloos.

Kobus ·

Sal graag wil weet wat sy ouderdom is en of hy klaar gestudeer het.

Friedrich ·

Daar kry jy ‘n graad, of jy eksamens deur kom of nie. As jy daar was kry jy graad.

MakersMark ·

Wonder watse positiewe, opbouende bydrae die makker al tot die samelewing gemaak het ?

melW ·

Net R5000 vir borg!! En hoeveel miljoene rande was die skade aan die winkels met die betogings? Dis om van siek te word.

Boer ·

Die boer wat by Brendon Horner net 1 ja net1 Poliesie van om gegooi het moes R15000 borg betaal. Die ou het die hele land verwoes met sy opstokery en kry net R5000 borg.

Elinette ·

Mense, borgtog gaan oor hoeveel die aangeklaagde kan bekostig. As jy ‘n prokureur is, wat ± R120 000.00 per maand verdien, kan jy borgtog van R10 000.00 bekostig. As jy ‘n plaasarbeider is wat R150.00 per dag verdien, kan jy miskien R500.00 bekostig. Borgtog word ook nie gebaseer op die aard van die misdaad nie, maar op twee hooffaktore, nl. bewys van ‘n vaste adres en vlug-risiko.

Strandloper ·

Bly hy is darem beboet…en nou sal alles soos mis voor die son verwdyn.

Friedrich ·

En dan maak hy net ‘n nuwe een oop onder ‘n skuilnaam. Pateties!

Nie Verbaas ·

Wat anders kan ons van ANC deurvlekte regstelsel verwag?

Blomme ·

Gee net kans… Hy is binnekort ń high profile in óf die ANC óf EFF. Dis mos die kaliber wat hulle as leiers sien. Dis die rede hoekom SA is waar ons tans is.

Jr ·

Hy is besig om sy CV reg te kry om een of ander mini star te word

Blikkies ·

Daar is net een plek waar hy hoort, en dit is beslis nie agter tralies nie.

Hasie ·

R5000 is te min vir die skade wat hy direk verantwoordelik was …

Jakes ·

Khanyile hoort in die tronk vir jare. Maar natuurlik sal hy waarskynlik net oor die vingers getik word want hy is waarskynlik n comrade van die huidige regime. Of sal hy ook aansoek doen vir mediese parool indien hy gevonnis word?

Malan ·

Los hom uit. Oor ‘n jaar of twee sal julle daai gesig in die parlement sien opduik. En hy sal nog in die toekoms ‘n minister word in puesangland.

Stoffeltjie ·

Die man kos ons land miljarde en hy kry borgtog? R5,000.00??? Absurd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.