ʼn Groep van nagenoeg 4 000 mense, vermoedelik buitelanders, het Dinsdagmiddag paaie in Durban se middestad met voorwerpe wat aan die brand gesteek is, versper.
News24 berig die polisie moes met waterkanonne die brande blus. Daar is ʼn sterk polisie- en metropolisieteenwoordigheid en dit wil voorkom of die polisie in gesprekke met die groep se leiers is. Van die mense in die groep is met pangas gewapen.
Die polisie moes vroeër vandag ʼn groep van sowat 2 000 plaaslike inwoners met rubberkoeëls verdryf nadat konflik uitgebreek het tussen die inwoners en Pakistanse winkeleienaars in die middestad. Dit volg na ʼn vlaag xenofobiese aanvalle in die gebied oor die afgelope tyd waartydens verskeie buitelanders aangeval en hul winkels geplunder is.
Die winkeleienaars kon voor Dinsdag se konflik daarin slaag om plunderaars af te weer, waarna die skare opstandig geraak het en klippe na winkels en verbygaande voertuie gegooi het. Die inwoners het ook ʼn geparkeerde motor aan die brand gesteek.
Die polisie se openbare orde polisie-eenheid was kort daarna op die toneel om die skare uit mekaar te dryf.
Laat my dink aan die storie van die skerpioen en die padda.
Nou toe nou. Dit lyk darem nou of die regering se kortsigtigheid uiteindelik nou genoegsaam begin backfire. Hierdie onbeheerste instroming vanuit Afrika het lank reeds die ANC kiesers keelvol. Het die regering werklik gedink dat sy kiesers onbepaald tevrede sou bly as buitelanders hulle werk, vrouens, geld, huise en geleenthede bloot kom vat? Lyk of die chaos in die land tot `n punt begin kom. (Wonder of Maroela die kommentaar ook gaan sensor)
Ek glo vas, die polisie kan baie meer doen as wat tans die geval is!
Dit is hoe die wiel maar draai.
As ek reg verstaan, word hierdie aksie uitgevoer op aandring van die Zoeloe koning. Ai tog, wat n wrede koning om soveel vernietiging aan te blaas terwyl hy ewe veilig in sy paleis sit.
Ek verstaan dat die buitelanders nie handjies-gevou sit en niks doen nie – hulle baklei lekker saam! Enigste verskil is dat hulle eiendom het om te verloor en die SA burgers het niks.