Onluste in KZN: R1 miljard skade; talle dood en vas

(Foto: AFP)

Minstens 26 mense is reeds in KwaZulu-Natal dood sedert onluste en plundery Vrydag in die provinsie uitgebreek het.

Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, het Dinsdagoggend gesê van die sterftes is veroorsaak deur stormlope waar opstokers in Umlazi, KwaMashu, Inanda, Phoenix, uMgungundlovu en die noorde van die provinsie amok gemaak het. Minstens 187 verdagtes is reeds teen gisteraand in hegtenis geneem, het die premier gesê.

KwaZulu-Natal het na raming meer as R1 miljard skade gely weens die onluste en volgens Zikalala is dit ʼn “baie konserwatiewe skatting”. Belangrike ekonomiese sentrums en infrastruktuur, waaronder winkelsentrums, vragmotors en hoofroetes soos die N2 en die N3, is tydens die onluste geteiken.

“Die sektore wat erg geraak word, sluit die vrag- en kleinhandelbedrywe in. Ander sektore is egter nie gespaar nie. Baie maatskappye moes hul bedrywighede staak omdat hulle nie materiaal en voorraad kan vervoer nie.” Volgens Zikalala sal die onluste in komende jare verhoogde werkloosheid en armoede tot gevolg hê.

Winkels is in die Durbanse middestad geplunder. (Foto: AFP)

Die openbare en private gesondheidsektor in die provinsie word ook erg geraak deur die onluste aangesien mense nie by gesondheidsorgsentrums kan uitkom nie weens paaie wat versper is en openbare vervoer wat gestaak is. Mediese personeel kan in sekere gevalle nie by hul werkplekke uitkom nie. Sekere klinieke is ook weens die onluste gesluit.

“Dit is uiters kommerwekkend dat die oproeriges in sommige gevalle voertuie gekeer het om suurstof af te lewer wat bedoel is vir Covid-19- en ander pasiënte.” In Howick is ʼn ambulans aan die brand gesteek en in Mariannhill is ʼn ambulans met klippe bestook. Die provinsiale entstofprogram het byna tot stilstand gekom.

Die meeste munisipaliteite in die provinsie word ook geraak en dienslewering het meestal tot stilstand gekom. “Weens die voortdurende onrus kan instandhoudings- en infrastruktuurherstelspanne nie in gebiede kom wat sulke dienste benodig nie.” In uMtubatuba is die rampbestuurkantore aan die brand gesteek en in die Ugu-distrik is watertenkers aan die brand gesteek.

Volgens Zikalala word daar hard gewerk om te verseker dat die situasie onder beheer gebring word. ʼn Spesiale uitvoerende raadsvergadering is gister belê waar ʼn gedetailleerde plan voorgelê is om die situasie aan te pak.

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sal saam met wetstoepassingsowerhede alle belangrike ekonomiese sentrums, snelweë en strategiese gebiede beman wat na hospitale, die hawe van Durban en ander nasionale sleutelpunte lei, het Zikalala gesê.

“Hierdie magte sal deel uitmaak van ons multidissiplinêre wetstoepassingstrategie om die onrus en pogings om die provinsie onregeerbaar te maak, te onderdruk. Dit sal ons wetstoepassingsowerhede in staat stel om hierdie sporadiese, dog goed georkestreerde en gewelddadige betogings teë te werk.”

Betogings in die Durbanse middestad. (Foto: AFP)

Die betogings wat glo begin is ter ondersteuning van oudpres. Jacob Zuma wat onlangs begin tronkstraf uitdien het, het volgens Zikalala nou in ʼn ongekende en uiters ontstellende situasie ontaard.

“Hierdie provinsie het groot respek vir die bydrae van ons voormalige president Jacob Zuma. Hy het ʼn bydrae gelewer om vrede en versoening in ons provinsie en in die land te bevorder. Ons kan en moet nie binne ʼn paar dae die nalatenskap vernietig waarvoor ons voormalige president so hard geveg en opgeoffer het nie.

“Ons verstaan dat oproepe vir die vrylating van oudpres. Zuma uit gevangenskap die hoofoorsaak van hierdie onrus is. Wat moontlik as ʼn verstaanbare saak begin het, wat deur baie ondersteun word, het nou in misdadigheid ontaard.”

Volgens Zikalala is die provinsiale regering bewus van gemeenskappe wat hulself in gemeenskapswaggroepe georganiseer het.

“Reg oor die provinsie beman gewapende groepe straatversperrings om beweging in en uit hul gebiede te reguleer. Ons plig as regering is dat ons wetstoepassingsagentskappe hierdie groepe moet ondersteun en moet verseker dat hulle saamwerk om te verseker dat die groepe binne die omvang van die wet te werk gaan. Gemeenskappe het die reg om hulself te verdedig, maar ons moet daarteen waak om ons samelewing deur hierdie strukture in rasgroepe te verdeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marisa W ·

en oor 14 dae klim die + covid gevalle weer so erg as gevolg hiervan dat die inperking weer verleng word en die wat is die beraamde skade aan die ekonomie dan..?

Jerry ·

Wettelose land almal weet dit, gelei deur hul kaders se voorbeeld

Wicus ·

Die fundamentele probleem is die lewensbeskouing van die mense van Afrika. In die Weste is ‘n demokratiese proses ontwikkel met ‘n onafhanklike regstelsel. Probleme word deur debat opgelos, die die oppergesag van die wet geld en die stembus is die meganisme om van onbevoegdes ontslae te raak. In Afrika is geweld die meganisme, en die een wat bo uitkom se woord is wet. Die dag as C vervang word word hy weer vervolg, en so herhaal die proses.

Gesels ek met ‘n kollega, seg hy hy moet toegellaat word om sy pensioen te kan onttrek na goeddunke, reageer ek met wat van jou oudag, nee verweer hy, hy het nou die geld nodig, die oudag sorg vir homself, en dis ‘n man met ‘n goeie salaris, ‘n plaas in die Oos-Kaap en ‘n huis wat hy verhuur. Dink ek ja, dan beskulig jy onse Jan, die vorige bedeling ens.

Wonder ek elke winter wat geword het van die komberse en baadjies wat die vorige winter uitgedeel is want sien ek weer die wat kla hulle kry koud …. More huil ons want daar is nie kos ….

Snowball ·

100%. Die slagoffer mentaliteit wat trou met die arrogansie van ‘entitlement ‘. Dit sal nooit verander nie.

Jakes ·

SA is in 1994 op n skinkbord vir die ANC gegee en van toe af was die skrif reeds teen die muur. Hierdie mense is nie in staat om n land te regeer en sal nooit wees nie. Wat nou gebeur is dat anargie, chaos en die totale vernietiging van n land se infrastruktuur, die doodskoot toegedien is en sal dit onmoontlik wees om hiervan te herstel. Honderde werkers het reeds sedert gister hul werk verloor en is dit maar die oortjies van die seekoei.

Sarel ·

Zuma….Niehaus ..is julle nou tevrede
Zuna..jou tuis Provinsie is in Roet & As…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.