Onluste in Naboomspruit weens moord op inwoner

Die onluste in Naboomspruit. (Foto: Facebook)

Mookgophong (Naboomspruit) is weer kalm en winkels weer oop ná onluste Maandag die dorp in chaos gedompel het.  Lede van die gemeenskap was ontevrede omdat die polisie nie ʼn vermeende moordenaar aan hulle wou oorhandig nie.

Volgens Hercules Louw, ʼn DA-raadslid op die dorp, het die plaaslike polisie die situasie eers sowat 03:00 Woensdagoggend onder beheer gekry.

Die gemeenskap het sedert Maandag voor die landdroshof in Naboomspruit betoog, waar Tshepo Mabuela (21) Maandag op aanklagte van moord verskyn het. Volgens Louw was daar sowat 700 jeugdiges uit Phomolong net buite Naboomspruit by die betoging betrokke. Die situasie het egter handuit geruk toe die betogers petrolbomme en klippe begin gooi het en die N1‑hoofweg met klippe en betonblokke versper is.

Volgens die polisie het Mabuela Saterdagnag vir Phineas Sithole (30) buite die Koos Tavern in Phomolong doodgesteek. Die slagoffer is na die hospitaal geneem waar hy gesterf het.

Die motief vir die moord hou verband met drank, sê brig. Motlafela Mojapelo. Mabuela is Maandag in hegtenis geneem en het toe voor die Mookgophong-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel tot 8 Januarie 2020 en Mabuela bly in aanhouding.

Louw sê die verdagte is intussen na ʼn ander dorp verskuif.

“Die gemeenskapslede kla oor moorde in hul omgewing en dat verdagtes verdwyn nadat hulle op borgtog vrygelaat word. Hulle het daarom geëis dat die verdagte vrygelaat word, sodat hulle hom kon doodmaak,” voeg Mojapelo by.

Inwoners van die dorp het op Mookgophong se burgemeester, Marlene van Staden, se Facebook-blad hul bekommernis uitgespreek oor misdade wat hand uitruk. “Moordenaars word gevang en net na twee weke weer vrygelaat. Hoe moet families daaroor voel? Die polisie laat ons in die steek,” het Glenda Koka, ʼn inwoner geskryf.

Nog ʼn inwoner het gekla oor die protesaksie. “Dit is geen grap nie. Niemand kon werk toe gaan nie omdat die paaie versper was,” het Windy Thaba geskryf.

Volgens Louw is talle snoepwinkels wat deur buitelanders in die Phomolong‑nedersetting besit word, ook die laaste twee dae tydens die onluste geplunder.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JR ·

Dit is hoe ons oor plaas moorde voel veral vrouens wat wreed aan gerand en verkrag word lewer hulle uit aan ons want hulle loop na n paar dae weer vry maar hulle sal nie vry wees as ons met julle klaar is nie

Sê maar net ·

Die beskuldigede se naam en van lyk vir my na ‘n Tswana/Sotho. Hoekom nou buitelanders se winkels plunder? Hierdie kinders van …. soek net ‘n verskoning om verwoesting te saai.

toy ·

JR ek stemsaam. Dis die een plaasaanval en moord na die ander een elke dag wat mens van hoor.

Foxi ·

Wel, sodra n boer vermoor word, moet ons ook in opstand kom. Versper die paaie, maak alle besighede toe. Eis daarop vir plaas kommando’s met wapens ensv. Dan kan ons ook sien hoe daar teenoor ons ook opgetree gaan word! Miskien word daar dan geluister!

Feite ·

Ek stem Foxi, maar ongelukkig is wit Suid-Afrikaners meer bek as binnegoed. Almal moan, maar wys vir my een wie die woord by die daad sal voeg en sal begin betoog en toi toi. Ons is mos te “ordentlik”. Tyd dat ons ons ordentlikheid in ons sakke druk en opstaan vir ons regte. Dalk sal die regering dan dinge begin sien en iets daaraan doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.