Onluste: Komitee sal klein ondernemings besoek

Oproer by die Lotsoho-winkelsentrum in Katlehong, oos van Johannesburg (12 Julie 2021) (Foto: Phill Magakoe/AFP)

Die portefeuljekomitee oor kleinondernemingsontwikkeling het Saterdag tydens ʼn dringende vergadering onderneem om besoek af te lê aan KwaZulu-Natal en Gauteng om die impak te bepaal van skade en plundery aan klein ondernemings.

Die doel van die besoek is om by kleinondernemingseienaars te hoor watter ingryping hulle van die regering verwag.

Violet Siwela, voorsitter van die komitee, het gesê die komitee het eerstehandse inligting nodig van sake-eienaars om ʼn doelgemaakte ingryping van die departement aan te beveel.

“Die komitee speel ʼn oorsigtelike rol oor die werk van die departement, maar in hierdie stadium sal ons eers die provinsies besoek om die situasie te assesseer – nie om ʼn oorsigbesoek af te lê nie.”

Datums vir die besoeke is nog nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dit sal net vir ouer people wees die wat nie belasting betaal nie.

Dup

Nog n komitee en nog n komitee en iemand wat skree….”hier komitee”…..absolute sirkus wat voor ons afspeel..

Sarel

Met watter doel anders as om BBE te bevorder. Dit
Is seker al Bedighede wat besoek sal word. Vertrou nie die storie nie….

gatgogga

Bereid om ondrenemings te help wat hulle eiendom verloor, Ja?
Nou wat gaan gebeur met boerdery ondernemings wat deur EWC beroof gaan word? (Ek bedoel die wat nie swart is). Gaan hulle net eenvoudig bankrot gelaat word, Ramaphosa?

Pietertjie

Die regering gaan by die ondernemings uitvind wat die regering se plig is.