Onluste: KZN-plase besteel, gebrand

Argieffoto van suikerriet-plantasie.

Dit lyk of minstens ses uit elke tien dorpe in KwaZulu-Natal se landelike gebiede reeds ’n ernstige voedseltekort beleef weens die plundertogte wat ook plase in dié provinsie lamgelê het.

Talle plase is gebrand en vee en gewasse gesteel en dit word geraam dat die KwaZulu-Natalse landbougemeenskap verliese van miljarde rande gely het. Produsente is ook swaar getref deur die sluiting van die N3-hoofweg aangesien hulle nie hul produkte kon vervoer nie. Dit terwyl boere moes spartel om winkelrakke in hul dorpe te vul.

’n Opname deur die landbou-unie Kwanalu, ʼn filiaal van Agri SA, dui daarop dat amper alle dorpe in landelike gebiede in dié provinsie tans een of ander vorm van voedseltekort beleef.

Die opname het gewys dat 64% van dorpe tans ʼn ernstige voedseltekort beleef, terwyl ʼn derde van dorpe (32%) matige voedseltekorte weens die plundery ervaar.

Slegs 4% van die deelnemende dorpe het ’n relatief veilige bron van voedselvoorsiening aangemeld.

Die opname – wat onder Kwanalu se lede gedoen is – dui ook daarop dat die plundertogte groot skade aan die ekonomieë van meer as die helfte (55%) van die dorpe in KwaZulu-Natalse platteland  berokken het.

Sowat 15% van die betrokke dorpe het ernstige skade gely, terwyl die geweld in dié gebiede ook na plase in die omgewing oorgespoel het.

Sandy la Marque, die uitvoerende hoof van Kwanalu, sê verskeie voorvalle van brandstigting en veediefstal is te midde van die plundertogte aangemeld. Talle produsente was ook genoop om hul vars produkte, waaronder melk, te stort.

Volgens La Marque kom ’n kwart (25%) van Suid-Afrika se melk uit KwaZulu-Natal hoewel die provinsie se melkprodusente weens die geslote hoofweë nie hul produkte by die eindverbruikers kon kry nie.

“Die sluiting van die N3 het katastrofiese gevolge vir boere, landbou-ondernemings, kleinhandelwinkels en die hele landbouwaardeketting tot gevolg gehad.

Boere ook geteiken

“Die plundering en oproer het nie net in die groter stede en dorpe plaasgevind nie, maar ook in kleiner gemeenskappe in KwaZulu-Natal. Dit kon veel erger gewees het as boere en gemeenskappe nie saamgestaan ​​het om die res van die dorpe te beskerm nie.”

Mort Mortassagne, TLU SA se voorsitter van die plaaslike veiligheidskomitee, sê hy kon in Eshowe en Melmoth bevestig dat die omgewing se landbou-sektor elke keer deurgeloop het sodra plunderaars op die dorpe toegesak het.

Mortassagne het verneem dat plunderaars gesteelde goedere wat hulle in die dorpe gebuit het, in suikerrietplantasies gaan wegsteek het, voordat hulle terug is na die dorpe om nóg goedere te steel.  Die suikerrietplantasies is daarna aan die brand gesteek, sodra die plunderaars met al hul gesteelde goedere uit die plantasies vort is.

Mortassagne sê 14 brande moes verlede Maandag in sy omgewing geblus word. Die brande het later afgeneem, nadat waterwaens strategies geposisioneer is.

Die DA het intussen die voorsitter van die portefeuljekomitee oor landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mandla Mandela, in ’n skrywe versoek dat die voorsitter ’n noodbesoek aan die landelike gebiede van KwaZulu-Natal moet bring om die skade weens die plundery in dié gebiede na te gaan.

Die opposisieparty meen die vloei van produkte vanaf plase na stoorplekke en die voortgesette bedryf van plase moet dringend beoordeel word en ’n plan ingestel word om geraakte plase en gemeenskappe by te staan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Samuel ·

Dit is altyd die arme boere wat die swaarste kry. En dan sê die minister van verdediging daar was geen opstand in die land nie.

Elize ·

My vraag ook maar ek is seker te dom om hierdie slimmes te verstaan

Werner ·

As dit nie vir die gewapende burgers was nie het hulle ou Cyril en Bheki al sonder n job en miskien hulle lewens gesit.So ek glo nie ek hoef verder aan julle twee te verduidelik hoekom julle nie my wapens sal kry nie.

Elinette ·

Sê eerder … oor my dooie liggaam, sal julle my wapens kry!!!

Anoniem ·

Wonder of ons opgevoede landsburgers nie ‘n slag moet saamstaan en dieselfde aan die mede landsburgers, vernielsugtiges, terug toedien wat hul ons pragtige land, opgevoede landsburgers en boere toedien . Alles het nou hand uit geruk en nogsteeds doen die Regering nie veel om hul broeders en susters op te voed nie.

Keith ·

The purposeful burning of sugar plantations was always practised in KZN just before harvesting, this made/makes the sugarcane quicker and easier to harvest. So i doubt that this is such a huge problem apart from the environmental issue and any towns downwind of the burns.

Cecilia ·

Thus you claiming actually the looters were correct in their action.

The only thing is, if the cane was burnt too early the farmer will loose the entire harvest or the sugar quality will be extremely low. Thus sugar prices will increase to make up for the lost in peoduction.
Yeah so the honest tax payers will pay again for stupidity!

Elinette ·

And it is now the time to harvest sugar cane, is it? Of course some farmers burn down ageing sugar cane fields to yield the harvest quicker and allow the soil to rest before it is replanted. But the quantity of sugar cane fields and other agricultural fields burned right here and now is hardly comparable.

Tiptol ·

Hoed, waar is jy. Kruip jy weg omdat daar nie sensasie en kameras is nie.

H.A. ·

Die anc moet nou begin betaal aan skade. As hulle sassas kan uitdeel kan hulle die land ook weer opbou.

marius ·

Selfs al sterf miljoene van honger en ellende, sal daar niks verander nie. Diegene wat dit betwis weet niks van Afrika nie. Een hand vol bloed, en die ander palm uitgestrek vir bedel by die vervloekte wittes.

Boerinmurgenbeen ·

Een ding moes ons nou al geleer het.
Demokrasie word nie verstaan nie, die woord word na wille keur gebruik.
Daar word nie omgegee oor die Burger van die land nie, oor niemand se welvaart nie.
Die manne in beheer word geskool in toesparake, om leë beloftes te maak is nie ‘n probleem of verleentheid vir hulle nie, om in beheer te bly is al wat tel, dit moet ten alle koste bereik word.
Daar is groter magte agter die lande se regerings as hulle onderskeie politieke partye, manne wat meer geld het as wat ons ooit kan begryp of verstaan.
My raad aan elke liewe leser is die volgende.
Laat ONS maar net terugkeer na ONS wortels van GELOOF en die BYBEL .
Kom ONS maak seker ONS verhouding met GOD is reg, kom ONS maak seker ONS LEEF REG volgens die BYBEL se reëls en wette , nie iemand se interpretasie van die Bybel nie.
GOD SAL SORG vir die res.
Shalom

annie ·

Cut your nose to spoil your face? Zuma-ondersteuners wou naby die huis hul sakke vol laai en daarna die brug agter hul afbrand, te braaf en te slim, en nou is die koskaste leeg en hul werkplekke net sak en as. Onnosel se moses. Ons is honger? Help Zuma!

Elinette ·

Dagvaar die regering, spesifiek die ANC, omdat hulle nie hul mandaat, om die publiek te beveilig, nagekom het nie.

Jack ·

Die arme honger rowers sal nooit ophou nie. Hulle weet nie van more nie en daarom sal more maar weer lyk soos gister. Dis afrika. Ubuntu!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.