Onluste-verdagtes verskyn in verskillende howe

Polisiebeamptes en lede van private veiligheidsdienste patrolleer die strate van ‘n gebied in Johannesburg tydens die afgelope paar dae se oproer. (Foto: Marco Longari/AFP)

Vermeende oortreders wat Gauteng sedert Maandag tydens onluste teister, het in verskillende howe in Gauteng verskyn.

“Kragtens die opdrag van die nasionale kantoor van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vir direkteurs van openbare vervolging dat hierdie sake aan ervare staatsaanklaers gegee sal word wat nou saam met die SAPD sal werk tydens ondersoeke oor dié onlustesake, het die NVG vordering gemaak met verskeie dossiere,” het Phindi Mjonondwane, streekswoordvoerder van die NVG, gesê.

In die Johannesburgse landdroshof is 18 dossiere van Jeppe, Cleveland, Sandringham, Hillbrow, Yeoville, Booysens en Johannesburg-Sentraal-polisie Dinsdag op die rol geplaas. Altesaam 111 beskuldigdes wat tereg staan op aanklagte van onder andere openbare geweld, huisbraak met die doel om ʼn misdaad te pleeg, diefstal, oortreding van die Rampbestuurwet, roof met verswarende omstandighede en die besit van gesteelde eiendom, het in die hof verskyn. Hulle bly almal in aanhouding en die sake is uitgestel na verskeie datums van 19 Julie tot 27 Julie vir verdere ondersoek en moontlike aansoeke om borgtog.

In die Germistonse landdroshof is vyf dossiere van Germiston-polisie met altesaam 10 beskuldigdes ontvang. “Twee van die dossiere is nie op die rol geplaas nie, weens onvoldoende bewyse. Drie dossiere is op die rol geplaas met vyf beskuldigdes wat tereg staan op aanklagte van onder andere diefstal, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Die aanklag van poging tot moord hou verband met ʼn voorval waar daar op polisiebeamptes geskiet is toe hulle reageer het op openbare geweld in Germiston. Die beskuldigdes bly in aanhouding tot 20 Julie en 1 September, soos wat die ondersoeke voortduur.”

In die Alexandra-landdroshof is een dossier van Alexandra-polisie ontvang met 18 beskuldigdes wat spruit uit die vermeende plundery by die Pan African Mall. Hulle staan tereg op aanklagte van onder andere openbare geweld, diefstal en die oortreding van die Rampbestuurwet. Hulle bly almal in aanhouding tot 21 Julie vir verdere ondersoek en moontlike aansoeke om borgtog.

In die Tembisa-landdroshof is een dossier met drie beskuldigdes op die rol geplaas met aanklagte wat spruit uit ʼn voorval waar die beskuldigdes glo ʼn vulstasie in Tembisa bestorm en voorraad en kontant gesteel het. “Hulle staan tereg op aanklag van openbare geweld en gewapende roof. Die saak is tot 20 Julie uitgestel vir verdere ondersoek en moontlike aansoeke om borgtog.”

Adv. Andrew Chauke, direkteur van openbare vervolging in Gauteng, het gesê die NVG beskou al hierdie sake in ʼn baie ernstige lig. “Ons sal voortgaan om diegene te vervolg wat die wet en veiligheid en sekuriteit van Suid-Afrikaanse burgers ondermyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Pietertjie ·

En hulle gaan almal op waarskuwing of iets dergeliks vrygelaat word, net om verder te plunder. Gaan hulle verantwoordelik gehou word vir die skade? Kom ons kyk…

Samuel ·

Natuurlik gaan niemand verantwoordelik gehou word nie!! Hulle was honger. Shame.

Persheks Adri ·

Dít wil ek sien! Glo iemand hierdie gaan ‘n boodskap stuur of dat enige 1 gaan betaal vir die gemors? Nou gaan hulle nog borg ook kry pffft seker vir flippen R500 regtig waar en dan verdwyn hulle soos mis voor die son gggmmmfff pateties

Sarel ·

Laat ons vertrou fie szke gaan sukzesvol wees en voorbeeld vzn hierdie Bdlhammels gemask word.
Hoop hulle geselscen vertel wie hulle gehuur het

jou gewete ·

ons weet almal hulle sal hoogstens n boete van R3000 kry vir oortreding van die virus regulasies

jou gewete ·

dink hy hoop die betrokkenis word behoorlik gevonnis en dat hulle die aanhitsers se name sal gee

Samuel ·

Het ook so gedink. Maar misdadigers het mos al die regt wat ons nie het nie.

Anel ·

En wat van al die polisiebeamptes wat net so lekker geplunder het?

Ian ·

Watter persentasie is dit van die duisende wat geplunder het? Hoop nie enigiemand dink dit sal as afskrikking dien vir die toekoms nie.

pdbpta ·

Voordat die meesterbreine boet en geopenbaar word, het NIKS GEBEUR NIE!!

jou gewete ·

hulle is bekend maar niks sal gebeur nie en almal weet hoekom

Kathleen ·

Hoeveel onskuldiges ly nou hier onder , mense wat hulle werke nodig het , huishulpe wat vanoggend opdaag vir werk en sê dat hulle honger is want die winkel waar hulle brood ens koop is afgebrand ? wat gebeur nou ? belaglik , al hierdie belhamels gaan uitstap met absoluut niks wat met hulle gebeur nie . ons regstelsel het ‘n up-date nodig , en gou ook !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.