Onmiddellike optrede met DNS-krisis geëis

Bheki Cele. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die erkenning van die minister van polisie, Bheki Cele, dat daar tans geen chemikalieë in enige polisielaboratorium in die land is om DNS-monsters te kan toets nie, kom neer op verraad teen die mense van Suid-Afrika.

Só het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gereageer nadat Cele Woensdag tydens ʼn vergadering van die portefeuljekomitee oor polisie gesê het dat hy toevallig daarvan bewus geraak het tydens ʼn besoek aan ʼn misdaadtoneel. “Dit is tekenend van die spanning en konflik tussen die minister en die kommissaris van polisie, genl. Khehla Sitole, tot nadeel van Suid-Afrika,” het Groenewald gesê.

Action Society het egter Tina Joemat-Pettersson, komiteevoorsitter, se opdrag dat die geskil met Forensic Data Analysts (FDA), wat die tegnologie vir die DNS-stelsel besit, opgelos moet word, verwelkom.

Joemat-Pettersson het gesê die polisie het die komitee mislei. Sy het die betrokke partye tot volgende Woensdag kans gegee om probleme rakende die DNS-agterstand op te los.

“Action Society verwelkom haar uitspraak en hoop dat die honderdduisende slagoffers geregtigheid sal sien seëvier wanneer hul sake voor die hof dien,” het dr. Rineé Pretorius, woordvoerder van Action Society, gesê.

Foto ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

“In ʼn land waar die DNS-agterstand ongetwyfeld elke dag groei, kan daar nie op ʼn papierstelsel staatgemaak word nie. Met ʼn verkragting-skuldigbevindingsyfer van 7,8% is ons verslae dat die regering, vir ʼn onderhandelingstydperk van meer as twee jaar, ʼn prysetiket op ʼn rekenaarstelsel kon plaas wat broodnodig is om bewysstukke te bestuur,” sê Pretorius.

ʼn Verdere krisis is dat daar nou al sedert 2018 verskeie hofsake tussen die polisie en die FDA was waarvan die polisie al nege sake verloor het, het Groenewald gesê.

Die FDA het ʼn gerekenariseerde stelsel vir die polisie in werking gestel wat bekend staan as die PCEM (Property Control and Exhibit Management) waar onder meer alle DNS-toetse en die vordering daarvan gerekenariseerd gevolg kan word. Daar kan slegs biometriese toegang tot die stelsel verkry word.

“Dit is uiters belangrik vir die versekering van die integriteit van bewysstukke wat noodsaaklik is vir geslaagde vervolgings in die howe. Weens hierdie hofsake is die stelsel reeds sedert 13 Junie 2020 afgeskakel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Connie ·

Ag jy lieg soos gewoontlik. Jy het geweet daar is nie en niks daaraan gedoen nie, want jy moes die strande beskerm. Pateties verby, CR kan jy hom verwyder, hy het nie n idee wat hy doen nie, of beskerm julle almal julle kamerades.

thejudge ·

Het julle geweet dat dit in Suid-Afrika 5 jaar (ja! VYF JAAR) neem om DNS uitslae te kry?

OW ·

Maar net weer ‘n weerspieëling van die bestuursprobleme wat in die regering aangaan en die gepaardgaande verval van staatsbestuur.

Persheks Adri ·

Jy’s so pateties soos die stelsel gaan tree af jy’s oud en nutteloos verby pffft ou hoed gaan net! Jy gaan nie volgende week reg wees nie hoor

Nozi ·

Ja nee ne!! Om strande op te pas, mense toe te sluit wat sigarette probeer koop en karre te deursoek wat dalk met alkhol rond ry is mos nou baie belangrik. Dinge soos hierdie is maar net ‘n ou side line job vir ons polisie.

Natasha ·

Weereens is dit duidelik dat Cele nie weet wat hy doen nie. DANK HOM AF!

Androclus ·

Daai man was nie eers ‘n konstabel in die polisie nie,hoe kan hy nog die minister van polisie wees.Ag toe nou.

Kokerboom ·

Wanneer gaan Cyril Ramaphosa wakker skrik en sy kabinet skoonmaak van al die nuttelose skaamtelose onbevoegde liegende gierige kaders? Het die man GEEN gewete? Die Cele kader oordonder totaal sy kommissaris wat in elk geval nog nooit gelyk het of hy die mas kan opkom!!!

Marius ·

Cele – you are the weakest link goodbye . SAPS se prioriteite is nie reg nie en is meer gepla oor rassisme as misdaad .

Jakes ·

Wat verwag ons dan nou anders van die minister? As jy onbevoeg is dan is dit die eindresultaat.

Lian ·

En nou Mr Cele ? Is al die geld vir Covid gebruik ? O aarde .

Hennie J ·

Die totale polisiebestuur, hoedman ingesluit, is niks anders nie as n lamsakkige klomp patete. Hulle is almal daar weens hulle terroriste agtergrond en groot bekke en nie hul vermoe om te werk en te beplan nie. Goeie polisiemanne loop soos vliee na groener weivelde en al wat oorbly is meer en meer drek op die lande!

Dries ·

Hy loop en soek “DieNareSeemonsters” op die strand. Pleks hy hom toewy aan sy amp. Hy bly dommer as sy eie ego.

pompies ·

Ek het nog nooit maar nooit in enige land gehoor of gesien dat n minister van polisie soos n konstabel optree nie. Die man vlieg en bly die wereld vol, gee bevele om mense in hegtenis te neem etc etc maar om dit wat hy moet doen te doen bly agterwee. Ons belasting geld word so gemors op sy reis en verblyf toelae wat gebruik kon word om van die polisie se toerusting in stand te hou. Die kommisaris self sukkel om sy job te doen want hoed bly inmeng en Sithole se job te doen maar sy eie kan hy nie doen nie.

Lindi ·

Cele het gedink die labaratoruim is op die strand!!! Seker hierdie rekening ook nie betaal nie.

Misky ·

Mens sou dink in n land soos SA met honderd duisende moorde en verkragtings, jy sal seker maak jou “ducks is in a row”. Jy sal alle moontlike bewyse bymekaar maak en DNS is baie belangrik. Maar nee, die man se prioriteite is elders en hy gebruik nie sy grys stof nie……. #useless

Elize ·

Bheki moet gaan. Nog ‘n voorbeeld van hoe min die regering werklik omgee maar voor in die koor oor mishandeling teenoor vroue en kinders. Onder Cele het die polisiemag regtig ‘n laagtepunt bereik.

Elize ·

Ons hoop daar gaan onmiddellik n paar mense afgedank word as gevolg van hierdie gemors.

SomeOne ·

skuus elize, die enigste hoop vir die klomp is die ashoop, hulle maak dat die wat hul werk doen ook onder hul vaandel beskryf word

Darkwing Duck ·

Hulle moet jare gelede al hierdie lab geprivatiseer het. Enigste manier wat dit ooit weer sal resultate uitstuur wat ‘n mens kan vertrou.

Keith ·

26 years down the line and every department and system continues to fail. Someone obviously owes somebody money.

Deon ·

Ek dink nie hulle moet dit doen nie, daar is dalk n verassing daar

jzjz05 ·

Ek dink Cele moet n biertjie meer belangstel in sy besigheid as minister en nie kom met die verskooning ,Ek het nie geweet nie .(andazi )

Boon ·

Al die gepraat oor vroueregte beteken niks as daar nie praktiese aksies voòrtspruit nie. Bv
Dis essensieel vir suksesvolle vervolging van verkragters dat betroubare DNS yoetse gedoen word. Maar mens hoor nooit dat die luidrugtige vroueregte aktiviste seker maak polisiestasies is toegerus vir toetsing ens nie. Hier kom dit toevallig uit dat SAPD se laboratoriums Gèèn toetse kan uitvoer nie weens nalatigheid en onbevoegde bestuur. Maar die vroue-organisasies en politici praat steeds net. Dis hoogtyd dat vrouens militant raak oor menseregte wat hulle benadeel. Mens sukkel om hulle ernstig op te neem as die vroueverenigings se hoofaktiwiteit is om teepartytjies te reël met n celebrity, of blomme-rangskik en kook- kompetisies te hou. Mens sien uit na die dag wat vroue die Minister se afdanking eis weens die onvermoë om verkragters suksesvol te vervolg en nie net 7,5% sukseskoers nie en howe verpligte vinniger van lewenslank moet oplê.

JM ·

En dan eien Cele hom die rang van “generaal” toe. Wat hy waar kry! Sy grootheidswaan verblind hom. Hoe lank gaan Suid-Afrika nog sit met die lui, onbevoegde en korrupte ANC-regering, wat die land in byna 27 jaar die afgrond in bestuur het! Die wil ontbreek totaal en al om enigiets behoorlik te doen, wat seker ook apartheid se skuld is!

Daizee ·

Ja mnr. Cele, só raak ‘n mens se werk agter as jy op die strande rondlê!!!! :-(

Casper ·

Ag komaan los my oompie met die hoed uit.Hy het sy hande vol om strande skoon te hou.Hy kan nie nog ander pligte ook uitvoer nie.Hy is seker vrek moeg in dìe aand.

Nie Verbaas ·

Weet Cele darem waar sy kantoor is aangesien hy geen kennis dra van wat aangaan in die polisiediens nie? Meer gesteld op media en uitstappies op strande. Snaaks hoe alles eers gebeur nadat opposisie partye dit aanraak. Totaal onbevoeg.

JohanR ·

Is daar ENIGEIETS onder die ou se hoed? Agh Cyril asseblief vervang die ou verkieslik met iemand wat ‘n 70% ter of meer is!

Pieter ·

Vra vir slim mnr hoeveel mense was op die strande dan gaan hy jou kan antw VOETSEK

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.