Die polisie is op soek na ’n onderwyser van Hennenman in die Vrystaat, wat sowat twee weke gelede vermis geraak het.
Mohaneloa Tsoaeli se vrou, Ntshediseng, het hom Maandag eers as vermis aangemeld.
Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê volgens Ntshediseng het haar man op Saterdag 19 Maart die huis omstreeks 18:45 verlaat. Hy het gesê hy sal omstreeks 20:00 terug wees om sokker te kyk.
“Tsoaeli is te voet by die huis weg. Hy het ’n gestreepte blou hemp, swart-en-wit baadjie, swart denimbroek en blou seilskoene aangehad,” sê Thakeng.
Enigiemand met meer inligting oor waar Tsoaeli hom moontlik bevind, kan kapt. James Mahlatsi by 082 466 7940 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 kontak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Erens broei ‘n haas
Die skool is gesluit…………
Hoekom sal sy vrou so lank wag om hom eers as vermis aan te meld?
Ek weet darem nie. As sy so besorg is, hoekom het sy amper 2 weke gewag om hom as vermis aan te meld?
As jy n week wag voordat jy dit rapporteer? Dan WEET jy mos waaar hy hom bevind!