Onnie beboet wat seun ‘skop, wurg’

Annelise Boot is skuldig bevind aan die aanranding van ’n gr.6-leerder. Sy gaan egter nou teen haar vonnis én skuldigbevinding appelleer. (Foto: Facebook / Annelise Boot)

ʼn Onderwyseres van Centurion is Dinsdag ʼn boete van R10 000 of 10 maande tronkstraf opgelê, nadat sy vroeër aan die aanranding van ’n 12-jarige seun skuldig bevind is.

Annelise Boot (54) het dié boete kort ná haar vonnis in die landdroshof in Pretoria betaal en dieselfde dag huis toe gekeer.

Boot se regsverteenwoordiger, dr. Llewellyn Curlewis, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy het reeds ʼn skriftelike aansoek om verlof tot appèl teen haar vonnis en skuldigbevinding ingedien, wat op 21 Oktober aangehoor sal word.

Die hof het in April vanjaar bevind dat Boot, ʼn voormalige onderwyseres by die Springvale Primary School, ʼn gr. 6-leerder van dié skool in Februarie verlede jaar gewurg en geskop het. Luidens berigte het sy glo ook haar knie op die leerder se bors gedruk en sy arms vasgehou. Die seun het voor die aanranding glo ʼn bottel gegeurde water by ʼn ander leerder gesteel.

Boot is aanvanklik van aanranding met die opset om ernstig te beseer aangekla, maar dié aanklag is later net na aanranding verander.

Sy het destyds die aanklag teen haar teengestaan en aangevoer dat sy uit selfverdediging opgetree het toe die seun haar in ʼn woedeuitbarsting wou aanrand.

Times Live berig die hof het destyds die staat se saak aanvaar dat die onderwyseres gewelddadig teenoor die leerder opgetree het en haar gevolglik op aanklagte van aanranding skuldig bevind.

Sowetan Live het in April berig dat die leerder se gesin dié hofuitspraak verwelkom het.

Curlewis sê die seun is  ʼn “probleemkind met ʼn baie lang geskiedenis van gedragsprobleme”, en dat dit ook tydens die hofsaak uitgewys is.

“Dit is ook nooit deur die staat betwis nie. Hy het boonop vantevore al verskeie ander onderwysers en leerders met die dood en aanranding gedreig,” het Curlewis Woensdag gesê.

Hy sê sy kliënt het haarself beskerm deur die seun vas te druk, en dat sy die leerder ook teen homself wou beskerm aangesien hy glo sy eie kop “uit woede teen die vloer gekap het”.

Volgens Curlewis gaan dit beter met Boot se gemoed noudat die saak voorlopig tot ʼn einde gekom het en die staat nie daarin kon slaag om haar tronk toe te stuur nie.

“Sy het onmiddellik die boete van R10 000 betaal sodat sy nie hangende appèl teen haar skuldigbevinding en vonnis nog om borgtog moes aansoek doen en dalk ʼn paar nagte in die tronk sou deurbring nie.”

Curlewis sê hulle is verder verlig dat die hof haar nie ongeskik verklaar het om weer met kinders te werk nie.

“Ek is oortuig dat ʼn hooggeregshof beslis tot ʼn ander beslissing sal kom aangesien die hof – met respek gesê –  klaarblyklik grof gefouteer het wat die grondbeginsels van die reg betref.

“Die staat het die voorval boonop as ʼn rasse-aangeleentheid probeer inkleur, terwyl daar in geen stadium hoegenaamd sprake van ras tydens die lewering van getuienis was nie. Boonop het die hof al die deskundiges se getuienis, soos deur die verdediging aangebied, geïgnoreer, terwyl die staat nooit enige aspek daarvan weerlê het nie.”

Volgens Curlewis bestaan sy aansoek om verlof tot appèl uit meer as 60 bladsye waarin “growwe foute” uitgewys word.

“Die reg is nie altyd regverdig nie, maar gelukkig maak die regstelsel voorsiening dat howe wat met die eerste uitspraak ‘aanjaag’ wel later oor die vingers getik kan word in ʼn beroep op ʼn hoër regsforum.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Moedeloos ·

Sterkte met die saak vorentoe. Tragies dat mens so lang pad moet loop om jou onskuld te bewys.

Misky ·

Ek kry onderwysers in vandag se tye bitter jammer. Bly vir Juf. Boot dat dit nou agter haar is en sy kan aangaan met haar lewe. Hoop daai kind se ouers besef hulle sit met ‘n GROOT probleem op hande

AmY ·

Kans is goed dat hulle dalk eendag vir hom in die tronk sal gaan kuier.

Phillip ·

Hulle worry nie hulle huts hom aan. Ek kry die mense in diens en buurt jammer want hier kom die inbrake.

Jacques ·

Two sets of rules, one for when you’re white and one for when you’re black.

Debbie ·

Ek verstaan haar posisie. My seun was n probleem kind en het net soveel probleme vir sy onderwysers veroorsaak. Kinders weet die wet is aan hulle kant

Carel ·

Ons weet ALMAL presies wat gebeur het.

‘n Polities “untouchable” het amok gesaai in die klas en was al baie lank reeds ‘n HELSE probleem in die haar klas gewees.

Geen onnie tree normaalweg só op nie . . . veral nie as Kroonwild ter sprake is nie.

Die vrou het emosioneel geknak/gebreek en het heeltemal die kluts kwyt geraak a.g.v. jare se treitering, uitlokking en koggel . . . . sy móés net opvreet, want ta is mos NOOIT verkeerd nie.

Hy is mos per definisie ‘n onderdrukte wat daarom “spesiaal” is

Nou is die Sowetan weer op die oorlogspad omdat Afrikaners ALTYD die probleem is

Willem ·

Ek hoop haar appél slaag. In hierdie land kan n blanke lankal nie meer staatmaak op n regverdige en onpartydige verhoor wanneer n nieblanke die slagoffer is nie. Die regters word in elkgeval deur die staat betaal en ons almal ken die spreekwoord: Wie se brood ek eet..,

Mariana ·

Ja nee nie gedink daar sal na haar kant van saak gekyk word nie. Die kind is ‘n probleem, maar sy ouers aanvaar dit asof hy onskuldig is. So word die kriminele vir die toekoms gemaak. More, oormore maak hy iemand dood en dan sal hulle seker ook hul skouers optrek. Kinders weet miskien wat hul regte is, maar dis nie te sê dat hulle reg is nie. Ouers moet verantwoordelikheid vat vir hul kinders se dade en dit nie probeer regverdig nie. Aan daai telgie se ouers kan ek maar net sê voorspoed, hy gaan julle nog baie trane besorg

Inkpot ·

Arme onderwysers wat vir sulke onopgevoede bloedjies wie se ouers in hulle opvoeding gefaal het, moet skoolhou.
Mens kan maar net dink waarheen hulle oppad is sonder dissipline en respek.
Geen toekoms vir sulke kinders en net die ouers is daarvoor te blameer.

Suzette ·

In hierdie land moet die minderheid elke dag baklei vir oorlewing en die meerderheid weet dit – so hulle doen wat hulle wil en kom niks oor nie…

Wielspore ·

Die ouers van die leerder sal van nou af moet begin spaar vir toekomstige regskostes vir hulle seun. As ‘n 12 jare seun toegelaat word om op so ‘n jong ouderdom onderwysers te dreig met dood en aanranding is sy toekoms ‘n pad tronk toe. Die ouers is die oorsaak van die probleem deur die seun te ondersteun in sy verkeerde optrede.

Marius ·

Baie sterkte aan die Juf Boot. Hoekom verbaas dit my nie dat die ras kaart gespeel word nie.
Dit is asof hulle daarop uit is om die onnies uit te lok om op die einde van die dag die ras kaart te kan speel en hulle as die slagoffer te laat lyk .

Belinda ·

Daar is altyd n rede hoekom. Die vrou sou nie net dit gedoen het as daar nie dalk disrespek was teenoor haar nie, vir al wat ons weet was sy onder die rok uitgevloek ens om haar te tart.
Kinders van vandag het GEEN respek vir volwassenes nie (veral teenoor vrouens), vir die simpel rede dat hul weet dat hul met enige iets deesdae kan wegkom.
Sterkte vrou, dis n baie lang rowwe pad wat jy gaan moet stap, maar ek hoop jy word onskuldig bevind.

Vlooitjie ·

En iemand merk dit met af duimpie??? Hy het gestéél!! Hy was dréígend!! Moet almal dit ignoreer?

Di ·

Hierdie tipe kinders se gedrag wys duidelik die opgevoeding wat hulle by die huis gekry het , punt

ES ·

Gelukkig is daar ‘n forum om teen die onreg te baklei. Ek is seker die Appelhof sal tot ‘n ander gevolgtrekking kom, spesifiek aangesien die kind ‘n probleem kind is wat homself voorheen skuldig gemaak het aan aggresiewe gedrag.

commontar ·

Dief met gedragsprobleme en nooit skuldig nie – ten spyte van bewyse. Hy is perfek vir die politiek en het baie voorbeelde/helde waar hy hierdie tipe gedrag leer.

Jack ·

So gaan dit in die land.Die juffrou was heel moontlik getart en die skuldige het geen probleem om te oortree in haar teenwoordigheid nie.Geen respek,geen maniere,geen opvoeding en net eenvoudig ‘n gemors.En sy is skuldig ? Waar is die dae wat die juffrou jou na die hoof se kantoor gestuur het vir 3 van die bestes ? Die outjie sou sleg tweede gekom.

Maritza ·

Sies tog, hulle verwelkom die uitspraak net oor hulle onbevoegd is om hulle kind maniere te leer.

Boerseun007 ·

wow dit is nou net belaglik, Die kind moet geskors word. Skandelik!!!! Dam wêreld word mal.

Elize ·

Ek verpes ouers wat weier om te glo daar is iet met hulle kinders fout en almal se lewens hel maak.

...M... ·

Dis eintlik erg om te moet sê, maar ek verstaan hoe hierdie Juf dit kon doen.
Ek werk self in ‘n skool (Admin dame) en sien hoe word die onderwysers behandel.
Ek sê nie wat sy gedoen het is reg nie, maar die kinders van vandag word vir niks wat hulle doen verantwoordelik gehou nie – hulle weet dit ook baie goed.

Casper ·

Daardie ouers gaan nog die wrang vrugte pluk van die meneer tuie.Hy is nou sekerlik die “hero” maar gaan nog val tot “zero”in die grootmens wêreld.Once a criminal alwyse a criminal en hy is een gebore.

VaalDonkie ·

Daai kind het ernstige probleme by die huis as hy so optree.

Boer ·

My vrou is n onderwyseres by n hoorskool in Kempton park (ek sal nie die skool naam noem nie). Sy is 2 jaar terug by daai skool aan haar arm geruk dat sy n skouer operasie moes onder gaan het. Daai leerder n gr 10 jong man (kan mens maar se) het met n radio voor haar klas kamer ander kinders se opvoeding ontwrug. Toe sy die radio by hom neem toe ruk hy haar aan haar arm daar was nie tyd om self te verdedig nie. Ek wou daai jong man aanrand. Ons het klag gaan maak by polisie en tot vandag is daar niks aan daai jong man gedoen nie. Was dit anders om sien wat in die berug hier bo gebeer het.

Kakamiet ·

Die maniere van kinders vandag us van so aard Dat geen ouer hulle eers kan en mag beheer nie. Ek bly staan by onderwysers moet maar privaat hul dienstes lewer. Glad nie die stress die moeite werd op konders wie se ouers nie eers kan reg groot maak nie. Werkgewers sukkel met presies dieselfde probleme van nuut verlate skoolkinders in die werkende wereld. Dis tragies en gn wonder hoekom robots vorentoe n beter opsoe gaan wees.

AH ·

Ek stem saam maar dan gaan dit weer hierdie “brats” se menseregte aantas……Ek is maar te bly ek hoef nie vir die jeug van vandag onderrig te gee nie anders was ek laaankal in die tronk………

Albert Willem ·

So snaaks dat waar daar n blanke of kleurlinge by iets betrokke was, hoe vinnig wordbgesigtebgewys wat totaal nie gedoen word by ander nie

Tino ·

Hoekom word die kind nog in die skool toe gelaat?

Hierdie fliek is op herhaal gestel, altyd ‘n 700 jaar regs proses

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.