Onnie bedank ná rassistiese en neerhalende uitlatings

skool 2 klas onderwyser

Argieffoto.

ʼn Onderwyser van St. John’s College in Johannesburg het Vrydag met onmiddellike effek bedank nadat hy skuldig bevind is aan onder meer rassistiese en neerhalende uitlatings.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die besluit van die skool om die onderwyser se bedanking te aanvaar. Volgens die verklaring het die onderwyser “die skool met onmiddellike effek verlaat”.

Lesufi, wat die skool Vrydag besoek het, het egter gesê hy is teleurgesteld dat die skool aanvanklik besluit het om die onderwyser nié af te dank nie, ten spyte van die feit dat hy tydens ʼn dissiplinêre verhoor skuldig bevind is aan rassistiese en neerhalende uitlatings, dat hy die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders se gedragskode oortree het en verder ook dat hy die skool se beeld skade berokken het.

Lesufi het gesê die skool se finale skriftelike waarskuwing aan die onderwyser was nie bevredigend nie, aangesien sy oortredings van ʼn ernstige aard is.

Hy het ook met verteenwoordigers van die Skolevereniging van Suid-Afrika (ISASA) vergader om te praat oor die uitdagings wat private skole in die gesig staar.

“Geen skool, of dit nou ’n openbare of ’n private skool is, mag die Grondwet oortree nie. Ons sal streng optree teen rassisme en nie vir rassiste ruimte gee om asem te haal nie omdat nierassigheid ononderhandelbaar is,” het Lesufi gesê.

Intussen het St. John’s College in ʼn verklaring gesê die skool is spyt oor sy aanvanklike besluit om nie die onderwyser af te dank nie.

“Ons het nie besef die kwessie is nie bloot net ʼn interne skoolkwessie is nie, maar ook ʼn probleem in die breër gemeenskap. St. John’s College vra hiermee verskoning aan alle leerders, ouers, die beheerliggaam, personeel en alumni wat deur die voorval seergemaak is. Ons is ʼn Anglikaanse skool en glo in die beginsel om die sondaar lief te hê maar die sonde te haat. Maar ons besef dat die welstand en veiligheid van ons studente eerste gestel moet word.”

Die skool het ook gesê hy sal ʼn interne ondersoek van stapel stuur om te voorkom dat soortgelyke gevalle in die toekoms plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Ag asb tog ·

Jy is beter af by n ander skool waar rassisme nie net eensydiglik gestraf word nie! Die EFF en BLF se rassisme wat baie erger is word nie gestraf nie. Nou kom gooi hulle nog geloof ook voor! Een sondaar word liefgehe die ander gestraf! Kom uit daar!

Hans ·

Gaan Lesufi nou daarop aandring dat die swart beampte by die Gautengse dept van sport nou ook onmiddellik afgedank word.

scientia minut ·

Ek het die onderwyser se opmerkings gelees. My raaiskoot is dat hy die seuns geterg het – soos wat dikwels tussen mans en veral sportmanne gebeur het. Sulke tong in die kies en draakstekery vind plaas in n gemoedelike atmosfeer tussen mense wat van mekaar hou. Ongelukkig vir die onderwyser is sy opmerkings gebaseer op ‘wit humor’ – iets wat veral die swart kinders se ouers nie ken of verstaan nie. Keith Arlow het n duur les geleer. Westerse humor en Afrika humor verskil – soos die hewige reaksie op ontgroening by universiteite getoon het.

Boerseun ·

Dit is presies die rede hoekom multi culturism wereld wys deur die eeue gevaal het. Kulture is nie aanpasbaar nie en kan nie saamgeforseer word nie. Reenboog nasies is strooi wat skapies opfreet vir soetkoek.

Hans ·

Hoekom is my kommentaar verwyder-dit het heeltemal voldoen aan u voorwaardes.

Chris Ws ·

My swaer het die onderwyser beroep opgegee na baie jare.Hy kon dit nie meer uithou met die kinders wat nie mag gestraf word nie en hoogs ongemanierd was en die verdraaing van ons geskiedenis nie asook die omgekeerde rassisme in skole.Hy was nog nie een dag spyt nie.

Veritas ·

Geen wonder die onderwys-standaard is so laag nie. Kort-kort is een of ander skool in die sop oor rassistiese reëls of onderwysers se optrede. ‘n Mens sou dink dat onderwysers, wat die jeug moet opvoed, darem hul verstand sal gebruik. Of het hulle nie soiets nie?

Veritas ·

Geen wonder die onderwys-standaard is so laag nie. Kort-kort is een of ander skool in die sop oor rassistiese reëls of onderwysers se optrede. ‘n Mens sou dink dat onderwysers, wat die jeug moet opvoed, darem hul verstand sal gebruik. Of het hulle nie soiets nie?

Hanna ·

Kyk, as die agbare Lesufi homself by n betrokke skool gaan inforseer kan jy maar weet die “skuldige” is wit. Mark my words! Dit begin nou n patroon raak.

Drikus ·

Ja, skooltjie, was julle nou werklik getrou aan julle waardestelsel? Of is julle geboelie? Wat leer die leerders nou daaruit? Die lewe is soms onregverdig. Gesag kan nie verstaan of veegewe nie.

Johann ·

Hoor daars werk vir die onderwyser by MIWAY…hulle vergeet en vergewe links en regs as dit by rassisne kom?

Elsje ·

Hy moes soos die Miway ou net jammer gese het hy het nie gedink nie dan sou vergewe word?????? Hierdie land is n grap………..

14/88 ·

Op die eensydige hantering van rassisme wat blyk uit hierdie berig en die van Edward Zuma antwoord ek:

14/88

Grens ·

Dit is jammer as so iets gebeur, maar net omdat dit nou vir mens voel asof dit eensydig is, maak nie saak hier nie! Hy was verkeerd, en as ‘n onderwyser, moet hy maar aanstap.

Helena ·

Vir een groep is dit MiWay en vir die ander die highway. All animals are equal, but some are more equal than others…

Aai ·

Shame en ou Edward Zuma kom weg met sy rassistiese opmerkings en kry nie eens n boete van R10 nie!!!! Arme regering is pateties. Hul dubbelle standaarde is om van siek te word

Xiphoid ·

Ek weet nie hoekom die bohaai nie. O ek het vergeet dit is mos net rassisme as n wit man its vekeerd se maar as die rol omgedraai word draai die regeering ook hulle koppe oor die saak. is die Nie blanke seun wat die blanke dogter in n rassistiese voorval ook gevra om die skool teverlaat… Nee die saak was eenvoudig toe gesmeer. Die nie blankes mag doen wat hulle wil maar as ons blankes net n skewe gedagte het is die harry los… Waar is die gelykvormigheid nou?

SARIE VAN HEERDEN ·

Wonder wat het van mev Sparrow van Margate geword. Haar saak is sommer vinnig vinnig, afgehandel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Lesufi dank links en regs “rassiste” af maar was hy al in Europese lande waar daar NIE probleme tussen rasse is nie? Ek praat nie van net besoeke in Afrikalande nie. Gaan woon in enige vooraanstaande Westerse land en kyk wat daar aangaan. Ons het dit gedoen en hy kan gerus daar gaan kers opsteek en liewer kyk na die swak onderwys wat voortsleep uit ongedissiplineerde skole.

Hesterkie ·

As Zuma se seun met rasisme wegkom sal dit die nuwe standaard wees!!!! Here help ons asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.