Onnie by spogskool lol glo met seuns

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng het bevestig dat ʼn voormalige werknemer van ʼn spogskool in Johannesburg ondersoek word rakende bewerings van seksuele aanranding van nege leerders.

Nanagolo Leopeng, woordvoerder van die departement, het gesê hulle is deur die skool ingelig dat ʼn saak van seksuele aanranding ondersoek word teen ʼn student-onderwyser wat deur die skool se beheerliggaam aangestel is. Leopeng het nie die naam van die skool verskaf nie.

Die student-onderwyser was by die koshuis en sportafrigting betrokke. “Kringtelevisiebeeldmateriaal wys glo hoe hy ʼn seun seksueel aanrand in die koshuis en later weer in die seun se kamer.” Die man het glo onmiddellik bedank nadat die bewerings aan die lig gekom het en geen dissiplinêre stappe is teen hom geneem nie. ʼn Strafregtelike saak is wel aanhangig gemaak.

“Die skoolhoof het ondersteuningsdienste aan die leerders wat glo geraak word beskikbaar gemaak en die skool doen ʼn ondersoek om te probeer vasstel wat presies gebeur het.” Volgens Leopeng het nog leerders intussen na vore gekom. “Die skoolhoof het met ouers gesels en versoek dat leerders wat geraak word na vore kom.”

Die voorvalle het glo reeds in Oktober 2016 plaasgevind. Die student-onderwyser het in November in die Johannesburg-landdroshof verskyn. Hy moet in Maart weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tania ·

Aarde kry die onderwyser nie skaam. Dink hy nie aan die sielkundige skade wat hierdie jongmense nou het nie. Heel duidelik is sy behoeftes nommer een vir hom. Wat kommerwekkend is, is dat sy naam nêrens verskyn. Wat verhoed hom om nie weer vir onderwyspos aansoek te doen. Nog onskuldige kinders. Miskien kort hy n skaaprekkie waar dit pla

Hoop ook ·

Ek hoop ook sy naam kom gou uit, hy moet nie n ander skool kry nie, hierdie uitvaagsels werk skool vir skool deur en verniel ons nageslag!

Yolande ·

“Student-onderwyser”?!?!?!?! Is dit hoe hy sy loopbaan begin? Elke keer wanneer hy uitgevang word, bedank hy net en beweeg aan. Hoeveel kinders gaan in die slag bly?

Hannelie ·

Ja Yolande jy kry BESLIS student-onderwysers, en ja jy kan jou loopbaan so begin, daar is niks mee verkeerd nie. Die student is by ‘n skool ingeskryf, hy of sy doen hul studies deur die Universiteit van Suid-Afrika. Hul kry hul praktiese opleiding vir die 4 jaar deur die skool, met ander woorde, hul “proef” deurentyd, neem deel aan sportaktiwiteite en gee klas soos hul opleiding vorder. Jy hoef nie noodwendig by ‘n universiteit ingeskryf te word en klas te loop nie. Jy doen dit voltyds by die betrokke skool. Hoop dit beantwoord jou vraag.

Yolande ·

Ja Hannelie, ek weet presies wat ‘n studente-onderwyser is en hoe die proses werk. Wat ek eintlik bedoel het, is dat as hy al wegspring met sulke dinge as ‘n student-onderwyser, reg aan die begin van sy loopbaan, kan dit niks goed inhou vir die toekoms nie. Nie syne of dié van sy leerders nie.

hester ·

Dit kom nou van allerhande seksuele oriëntasies wettig maak. Waar trek jy dan die streep met wat mag gedoen word en wat nie…

Nee Hester ·

Hester jou verwysing na “allerhande seksuele oriëntasies” het niks met die voorval te doen nie. Pedofiele is meeste van die tyd getroude mans wat in baie gevalle hulle eie kinders het of met ‘n vrou in ‘n verhouding is sodat hy haar kinders se lewe kan verwoes. So is daar onder elke groep gay of straight die molesteerders, diewe, moordenaars en pleinweg net slegte mense wat slegte dinge doen.

Boeremeisie ·

Dis kommerwekkend dat die gespuis se naam nie genoem word nie of dat die skool net ‘n spogskool.genoem word. Word die skool se naam weerhou om die spogskool status te beskerm?

snoefie ·

hy is aangekla. tog word sy naam verswyg.skool se naam en ligging word verswyg. ou lesufi skitter in sy afwesigheid. en die total van diesom is…..?

Hoe nou? ·

Hoe kan hulle kringtelevisiekameras in die kinders se kamers hê? Die storie maak nie sin nie. Dis darem frustrerend as die woordvoerders so kripties is.

E.K. ·

Meer leerlinge kom nou uit – dink hoe bang en skaam en vernederd hul gevoel het. Hy het hul sekerlik nou weer gedreig het om stil te bly (soos die tipe mos doen) en dus het hul nie voorheen met die sak patats uitegkom nie. Ek kry sulke kinders BITTER jammer, ek kan nie dink dat enige hulp/terapie ooit dit uit hul geheue sal verwyder nie. Ek wens die arme seuns sterkte toe vir hul toekoms en ja…die sg onderwyser, wel ek het nie woorde of moet ek liefs sê niks wat gepubliseer kan word nie.

NetaQ ·

En so kom NOG n vieslike seksuele oortreder 10/1 weg met sy gruweldade! Maart maand is dit n jaar wat dieselfde met my seun gebeur het deur sy student-onderwyser wat Wiskunde v hom gegee her en hy is NOG STEEDS op vrye voet. Ook n dissiplinere verhoor gehad. Bedank en vandag gee hy klas by die Universiteit. Nice neh…….??? Maak my woedend woedend kwaad!!!!

Francie ·

Bêre hom en gooi die sleutel weg. Dit maak nie saak hoeveel leerders se lewens hy verwoes het nie, hy sal dit weer en weer doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.