Onnie dag voor nuwe skooljaar doodgeskiet

Argieffoto

Die nuwe skooljaar het op ʼn somber noot in die Letsitele-polisiëringsgebied in Limpopo begin nadat ʼn onderwyseres Dinsdagoggend naby haar huis in die Ntsako-nedersetting buite Tzaneen doodgeskiet is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê lvone Mushwana (40) was ʼn onderwyseres by die Nyatshiri Primary School. Volgens voorlopige inligting was Mushwana saam met haar kêrel naby die plaaslike skrootwerf in die nedersetting toe inwoners gehoor het hoe skote afgevuur word.

Inwoners het dadelik gaan ondersoek instel en Mushwana se liggaam op die grond aangetref. Haar kêrel het te voet op die vlug geslaan en verdwyn.

Ngoepe sê nadat die polisie in kennis gestel is, het beamptes begin om die verdagte na te spoor. “Binne ʼn paar uur is die kêrel, Khashane Willy Malatji (45), dood by sy huis by Nkowankowa aangetref. Hy het ʼn skietwond gehad en die vuurwapen het langs sy liggaam gelê.”

Ngoepe sê ʼn saak van moord in verband met Mushwana se dood word ondersoek, terwyl ʼn geregtelike doodsondersoek na Malatji se dood gedoen word.

“Die motief vir die voorval is tans nog nie duidelik nie, maar huishoudelike geweld kan nie uitgeskakel word nie,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Delia ·

Tragies. Hoeveel geweld nog teen vroue deur n persoon wat sy ken.

Barries ·

Innige simpatie aan haar familie. Opvallend en voorspelbaar, feitlik geen kommentaar van MM lesers nie.

heksie ·

Ai, wonder hoe het hy haar oorreed om saam met hom te gaan … het sy nie onraad vermoed nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.