Onnie dalk van moord aangekla oor lyfstraf

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyser van Johannesburg kan moontlik van moord aangekla word nadat ʼn leerling, wat hy glo met ʼn gordel oor die kop geslaan het, gesterf het.

Die leerling, Sizwe Kubheka (16) het verlede week in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Hy was ook na die voorval doof en bloedklonte het by sy neus uitgekom, berig The Star. Kubheka het in Palm Springs, Johannesburg gewoon.

Voor sy afsterwe het sy ouers ʼn klag van poging tot moord by die polisie gelê. “Die vermeende aanranding het by die skool plaasgevind,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder vir die departement van onderwys, Woensdag gesê. “Die onderwyser is in hegtenis geneem en ons het hom uit die skoolomgewing verwyder,” het sy aan AFP gesê. Die onderwyser is later op borgtog vrygelaat.

“Dit is ʼn baie ernstige aanklag. Lyfstraf is onwettig in Suid-Afrika,” het Sekhonyane bygevoeg.

Die polisie en departement het al twee ʼn ondersoek van stapel gestuur.

Maria Kubheka, die seun se ma, het aan die koerant gesê haar seun het op 17 Maart by die huis aangekom en gekla oor ʼn hoofpyn. Sy het vir hom pynmedikasie gegee, aangesien die ouers nie vervoer na die hospitaal kon kry nie. Sy toestand het egter versleg.

“My seun was doof net voordat hy dood is,” het sy gesê. “Hy kon ons nie eers hoor of sien wanneer ons met hom by sy hospitaalbed gepraat het nie. Sy linkeroog was geswel en wyd oop. Hy kon nie eers daardie oog knip nie. Die laaste keer wat ek hom gesien het, ure voor sy dood, het bloedklonte by sy mond en neus uitgekom.”

Lyfstraf is in 1996 in Suid-Afrika afgeskaf. Volgens die Sentrum vir Geregtigheid en Misdaadvoorkoming, wat in Kaapstad baseer is, ontvang bykans die helfte van leerlinge nog pakslae. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ria Maritz ·

Met ‘n gordel oor die kop geslaan – liewe Vader, hoe hard moes hy geslaan het om dood tot gevolg te hê !?!?! Van wanneer af is dit ‘n manier om ‘n kind, ongeag sy ouderdom, te tugtig.

Dieselfde geld vir mans wat vrouens en kinders aanrand en in sommige gevalle, waar volwassenes selfs hul eie ouers aanrand.

As kind is ek getugtig, want dit is tog wat ons Hemelse Vader in Sy Woord sê, “tugtig diegene wat jy lief het” – maar NOOIT mag ‘n ouer / onderwyser sy woede uithaal op ‘n kind of in so mate sy humeur verloor en sodoende sadisties te raak nie.

Dit skree ten hemele !

Leana ·

Shannon om een of ander onverstaanbare rede word my kommentare verwyder.
Ek het NET gesimpatiseer met Sizwe se familie….:-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.