Onnie gee hom oor ná verkragting by skool

Argieffoto ter illustrasie

’n Onderwyser wat verlede week op die vlug geslaan het nadat hy glo ’n 16-jarige skoolmeisie by ’n skool in Ivory Park aan die Oos-Rand verkrag het, is in hegtenis geneem.

Die onderwyser sou vandag in die Tembisa-landdroshof verskyn nadat hy hom Woensdag aan die polisie oorgegee het, berig TimesLive.

Dít nadat ’n gr. 10-leerling Vrydag by die Umqhele Secondary School na bewering verkrag is.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het intussen die inhegtenisneming verwelkom en gesê die provinsiale departement van onderwys het reeds tugstappe teen die onderwyser begin doen.

Lesufi sê die onderwyser gaan ook aangekla word omdat hy gedros het en ná die vermeende voorval sy werkplek sonder toestemming verlaat het.

“Ons bly teen geweld gekant, veral geslagsgebaseerde geweld teen leerders wat deur onderwysers en amptenare gepleeg word van wie dit verwag word om na die jongmense om te sien,” sê die LUR.

Maroela Media het ’n navraag aan die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gestuur oor vandag se hofverrigtinge en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Antjiepat

Ai meisie, baie sterkte, ek bid vir jou…

fs

KOM EFF! KOM ANC vroue liga !! waar is julle nou….. gaan jul nie in massas aantree nie?