Onnie gepos oor ‘mutasie’-uitlating

Tlou Molele se verskoning soos in sy ooreenkoms met die MRK vervat.

Tlou Molele se verskoning soos in sy ooreenkoms met die MRK vervat.

Tlou Molele, die onderwyser wat op Facebook na wit mense as “ʼn genetiese fout genaamd mutasie” verwys het, is sy pos by die Curro-skool Northern Academy in Polokwane kwyt.

Mari Lategan, Curro se hoof van bemarking en kommunikasie, het aan Maroela Media bevestig dat Molele nie meer ʼn onderwyser by die skool is nie. “Curro sien die inhoud van die [Facebook-] inskrywing in ʼn baie ernstige lig aangesien alle sosialemedia-aktiwiteite binne Curro deur ʼn omvattende interne beleid beheer word,” het Lategan gesê.

“Alle persone wat sosialemedia-platforms gebruik wat deur Curro se inligtingstelsels beskikbaar gestel word, moet aan die riglyne van hierdie beleid voldoen.”

Die skrywe wat Tlou Molele op 3 Oktober 2016 op Facebook geplaas het.

Die skrywe wat Tlou Molele op 3 Oktober 2016 op Facebook geplaas het.

Maroela Media het vroeër berig Molele het op Facebook teen witmense uitgevaar deur te sê indien dit nie vir ʼn “genetiese fout genaamd mutasie was nie, sou die wit f*****s nooit bestaan het nie”. Hy het onder meer gesê witmense is minderwaardig en “geneties swak”. Hy het ook gesê hy is nie bang om plekke af te brand wat “wit heerskappy” ondersteun nie.

Die Menseregtekommissie (MRK) het intussen besluit om nié enige strafmaatreëls teen Molele in te stel nie. Die kommissie het in ʼn verklaring gesê weens die groot aantal sosialemedia-inskrywings van hierdie aard, meen die kommissie strafsanksies is nie “ʼn gepaste maatreël om respek vir die Grondwet te bevorder nie”.

Volgens ʼn ooreenkoms wat tussen die MRK en Molele aangegaan is, het Molele onvoorwaardelik om verskoning gevra, sal hy binne die volgende drie maande aan die MRK se teenrassisme-bewusmakingsaktiwiteite in Limpopo deelneem en sal hy ook tien ure van sy tyd opoffer om minderbevoorregte leerders met wiskundehersiening te help.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jaco ·

‘Mari Lategan, Curry se hoof van bemarking en kommunikasie, het aan Maroela Media…’ – moet dit nie lees Curro.

Landi Slatter ·

Dagsê Jaco, Liana en Shaun

Dankie vir julle terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jaques ·

Met die regte vel kleur, kan basies enigiets se en doen, en met ligte nagevolge wegstap.
Penny Sparrow was nie so gelukkig nie, sy word basies in haar graf gedryf, en al wat sy gese het was dat die (daai) mense net soos ape alles net neergooi waar hulle klaar ge-eet het en gemors het.
Verduidelik daai regverdigheid, want ek sien dit nie, ek sien net swart = ligte tikkie op die hand, wit = all hell breaks loose.

Cacophony ·

En jy dink om jou werk te verloor is net ‘ligte tikkie op die hand? Asb tog jy is dan seker ‘n huisvrou wat nie die belang van jou werk behou verstaan nie. As jy so sterk voel oor swaarder straf kê dan ‘n klag teen die man. Hy is afgedank en vir dot sê mens eerder well done Curro inplaasvan sanik oor diente ligte straf

Jan ·

Jacques, Snoefie, ek het al verskeie male, elke keer as die Sparrow dame se naam opgehaal is probeer verduidelik wat julle basies hier sê, maar elke keer word dit deur die wagters verwyder. Dalk los hulle dit nou, maar indien ek dalk nou enige verdere kommentaar lewer, sal hulle dit verwyder. “Say no more.”

EvW ·

Nee ek glo nie dis so wel nie….hy maar redelik lig daarvan af gekom

Anoniem ·

I, a members of the public, do not accept his apology – Wat nou…?

Cacophony ·

I jy kan dan die saak verder vat as jy dit wil doen. Skakel jou naaste mensegte komm

Matmiet ·

Die mensdom se probleem is dat ons kan nie jammer sê nie en ook ons kan nie n verskoning aan vaar nie. Moenie dat jou trots jou jou ewigeheid kos nie.

Janti ·

“Die Menseregtekommissie (MRK) het intussen besluit om nié enige strafmaatreëls teen Molele in te stel nie.”
Hy was gekla. Hulle het besluit om nie te vervolg nie.

hoe nou ·

Hoekom word die mnr nie ook n boete opgele nie of is boetes net op wittes gerig. Ek hoop daar is iemamd wat die saak verder kan vat

Jason ·

Nee, boetes is net vir ons inferior wit mense. Swart mense hoef net jammer te sê. Dis genoeg. ..

Cacophony ·

Dalk omdat die mnr se saak nog nie in doe hof gehoor is nie?

RC ·

Wat as ‘n wit persoon presies dieselfde doen… gaan die wit persoon nou ook op die vingers getik word? Hulle het nie ‘n keuse nie want hulle kan mos nie nou skielik dubbel standaarde hê nie?

Mike ·

Hoe interresant as jy wit is, is n verskoning aanbied nie genoeg nie. Soos Penny Sparrow se geval. Hoekom die onderskeid? Die rasse probleem sal nooit op hierdie manier opgelos word nie.

Simon ·

Pennies Sparrow het eenmalign”oortree”. Hierdie ou het dit oor en oor gedoen – hy is mos onaantasbaar soos dan ook blykbaar uit die strafmaatreels teen hom ingestel vs Penny Sparrow.

Rassisme omgekeerd

Henry ·

Is nes julle daar sê Mike en Simon.
Die ‘kakafonie’ van protes wat wittes te beurt val, wanneer hulle van sogenaamde rassisme beskuldig word, is duidelik meer intens as dit wat wittes beleef.
Johan Kruger die voormalige SARS werknemer het ‘n verbode woord een keer gebruik, waarna hy sy werk verloor het.

Johan ·

Hy moes eintlik gedwing word om in die publiek onverkoning vra……

Elsa ·

Hoekom moet ek hierdie verskoning aanvaar as Penny Sparrow se verskoning nie genoeg was nie. Duidelik nie dieselfde behandeling vir wit Suid Afrikaners!

Adeline ·

Siestog, darem lekker om met als weg te kom, terwyl ander gejag word en groot boetes moet betaal. O ja, en in die openbaar om verskoning moet pleit.

Zena ·

Regtig? Hy moes net om verskoning vra…. Geld die reels nie vir almal nie…wonder maar net.

Ouma ·

Daar is duiedelik 2 stele reels wat toegepas word. Een baie streng stel vir witmense, en een so-so vir swartmense.

EILEENTJIE ·

Wat??? Ons land is in sy duiwel in. Regtig waar. Dat n onderwyser met so vuil mond nog met kinders moet werk!!!!

Kiepie ·

Interessante laaste reël in die “Apology”: “The commission hereby recommends that members of the public accept this apology”.
So of hierdie ou het nie eers sy eie verskoning geskryf nie of hy is sommer besig om namens die MRK ook aanbevelings te maak.
Hoe dit ookal sy, dit is nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Anoniem ·

Dankie Curo, maar was dit n wit persoon wat sulke uitlatings maak was hy vervolg en derduisende boetes opgelê die wette in die land wat rassisme aanbetref geld net lyk my vir blankes ander mag maar sê en doen wat hul wil en weg kom met alles. As dit so aangehou word met dubbele standaarde sal daar Nooit vrede in die land wees nie.Wat goed is vir 1 moet goed wees vir ander. Wat maak hom so spesiaal anders en bo die wet as Penny Sparrow.Rassisme is Rassisme.

Liana ·

Ek dink julle bedoel dalk Curro se hoof en nie Curry s’n nie.

Karen van Zyl ·

As ek so rondsnuffel sien ek dit is nie die eerste keer wat hy sulke haatspraak teen wittes of Facebook voer nie, hy het op 3 October ook.

Jean ·

Wel as die MRK mense aanbeveel om sy verskoning te aanvaar, hoekom het hulle nie Penny Sparrow se verskoning aanvaar nie? Wys nou vir ons julle leun nie na een kant toe nie, dalk sal julle in die toekoms meer geloofwaardig wees. Die feit dat hy wil afbrand en mense vloek beteken hy is nie ‘n goeie voorbeeld vir leerders nie. DAREM vreemd dat hierdie ‘mindewaardige wittes’ so baie jaloesie moet verduur? As ons so minderwaardig was het julle nie nodig gehad om so aan te gaan en alles te wou gehad het wat die blankes het nie ..

Piet ·

In plaas van dat julle almal so galbraak, hoekom kla julle hom nie aan by die KMR nie? Wie anders sal dit doen?
Adv Mushwana, [email protected] – Ons, die burgers van Suid-Afrika aanvaar nie julle “straf”, of die afwesigheid daarvan, vir mnr Tlou Molele, en verwag dat u die saak sal heroorweeg en aan hom ‘n straf soortgelyk aan die van ander oortreders sou toeken.

Jan ·

Jean, en as ek die verskille in wat die oortreders gesê het, hier uitwys, om te wys daar is dubbele standaarde, en grade van ‘uitkoms’ wat toegedeel is, dan verwyder die mense wat hier ‘n ogie oor die plasings hou dit. Daar is niks in wat teen hul beleid nie, hulle is so oor polities korrek en kleingeestig. En weet jy wat, meeste hier bo sê reeds, direk of tussen die lyne wat ek verwoord.

Piet ·

Mr. Commissioner
We, the citizens of the Republic of South Africa DO NOT ACCEPT Mr. Molele’s apology.
We expect, that you, The Commissioner of the SAHRC, reconsider your “punishment” to Mr Molele in this regard, and that a proper punishment, at least equal to others who committed a similar offence, be handed down to Mr. Molele.
His apology, and not even in his own words, are NOT ACCEPTED by the citizens of the RSA.

Wittetjie ·

Ek lees nou weer die stukkie alles wat “wit heerskappy” verteenwoordig? Tog ag hy die wittes as minderwaardig in sy uitlating? Baie teenstellend die twee stellings, wat vir my maar net beteken hy praat geheel en al twak. Dankie Curro, aanvanklik het dit nie gelyk of hy afgedank gaan word nie, ek is bly dat julle die stap wel geneem het, dit doen nie julle beeld goed om hom aan te hou onder hierdie omstandighede nie.

Ek ·

Fooitog arme drommel. Dat hy nou so bang en minderwaardig teen oor blankes moet voel. Hoera Trump het gewen in Amerika. Hy is darem nog soortvan aan die wittes se kant

Sue ·

Hoe kan so iemand toegelaat word om ‘n onderwyser te wees???

Andre ·

Ek dink Penny se 3 jaar gevangenes straf en R150 000 boete onmiddellik gekanselleer word

Verbaas ·

What’s good for the goose is good for the gander.Straf hom soos Penny gestraf is.Sou graag sy onderwyskwalifikasie wou sien.Ek’s baie bly hy help minderbevoorregtes met Wiskunde en nie taal nie!

Ben Prinsloo ·

Cacophony ek dink ons gaan die man aankla en die saak verder vat net ter wille van jou. Jy kan dan maar jouself as n liefhebber van menseregte verklaar en vir ons n voorbeeld stel dat jy is tot bereid om n martelaar vir menseregte te wees deur die straf wat op hierdie knaap opgelê gaan word op jouself te neem. En o ja, ek sien jy is bietjie nuut op Maroela, het maar min van jou vorige stellings gesien, veral as hierdie sogenaamde kommissie die wittes met amper niks so in die grond in vertrap maar die onderwyser, namba wan en malema se sake kom niks van nie. Menseregte ou maat, menseregte!!!!!! Wat vir die 1 geld geld vir die ander ook.

Andrea ·

Dankie Ben, vir jou antwoord aan Cacophony. Sy kommentaar krap bietjie aan my en wou iets meer kras pos.

Cacophony ·

Wow Ben jy en jou maaitjie is duidelik voorstaanders van vryheid van spraak. O wag ja solank dit is wat julle wil hoor. Maar nou ja whatever blows your hair (as jy nog het) back. Die outjie is gestraf hy is sy werk kwyt. Neem die saak na die hof as jy nie tevrede is daarmee nie. As jy hom will dagvaar vir wat ookal hy het…. Go for it! Jy sien verskil tussen Penny en die mannetjie is in Penny saak het ouens wat ongelukkig was die ding holrug gery en geklou aan die saak soos jy weet wat aan wolkombers.
Is iemand bereid om dit hier te doen of for that matter met enige ander vd sake?
Jy is reg whats good for the goose is good for the gander maar dis die effort wat in doe goose ingesit word wat die verskil maak op dienou einde. So ja Bennie boet asb vat dit verder dalk kan jy dan ‘n pluimpie in jou hoedjie druk

Ben Prinsloo ·

Dankie aan Curro, julle maak ons trots. Moenie buig nie.

Gert ·

MRK is mos nou rassisties. Dieselfde strafmaatreël moet mos konsekwent toegepas word

Johan die wit mutasie ·

Waar gaan hierdie belaglike rassistiese gemors ooit stop. Swart mense kan “nooit” rassisties wees nie en die wit mutasies net rassisties. ‘n Man verloor sy werk nadat hy in 2007 ‘n kollega die “k” woord toegesnou het. Ek glo hier was opregte berou maar regter Mogoeng beskou dit as die ergste voorbeeld van belediging. Ek glo die geleerde “onderwyser” weet nie eers wat mutasie werklik beteken nie en hy kan na blankes verwys as “f…rs”. Curro ontslaan hom, die menseregte kommisie beskou sy ontslag as voldoende straf en in alles is daar geen teken van rassisme teen die “mutante” volk nie. Wat gaan van ons kinders en kleinkinders in hierdie land word? Ons enigste troos is dat ons Hemelse Vader altyd in volkome beheer is.

Johan ·

Ek hoop Afriforum en Solidariteit trap sy tjank behoorlik af

Penellope Jones ·

Genugtig, skokkend op alle vlakke.
Opinie,
Taalgebruik
Spelling.

jaco ·

hy gaan CCMA toe hardloop en binne 1 maand sy werk terugkry.

Ouman ·

MRK is ook maar net nog ‘n sirkus wat heelmoontlik teer op die arme belastingbetaler.

Johannes Meintjes ·

Toegegee, – dit is klaarblyklik moeilik om die Wieg van die Mensdom en die Tuin van Eden bymekaar uit te bring. Dit lei tot baie konflik, verwarring en soms onnagevorsde menings.

EvW ·

Hierdie sogenaamde verskoning glo ek nie eers hy self geskryf nie! Curro seker bang hulle verloor besigheid en glad nie omgee oor wie of wat dit werklk gaan nie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.