Onnie geskors wat skolier glo met bottel water gooi

skool

Argieffoto

ʼn Onderwyser van Noordwes wat ʼn skolier tydens skoolure glo beseer het, is op spesiale verlof geplaas hangende ʼn ondersoek oor die voorval by Geelhout Park Secondary School.

Leerders was Donderdag ná pouse weer op pad terug na hul klasse, toe die onderwyser glo ʼn bottel water gegooi en ʼn skolier teen die kop getref het. Die skolier is na die skoolhoof se kantoor geneem en is daarna na ʼn kliniek geneem.

Elias Malindi, woordvoerder van die departement van onderwys, het gesê die departement is dadelik in kennis gestel van die voorval en ʼn span van die arbeidseenheid is na die skool ontplooi om die saak te ondersoek. “Die departement sal ook ʼn eenheid ontplooi om berading te verskaf aan die skoliere wat deur die voorval geraak is.”

Mmaphefo Matsemela, LUR vir onderwys in Noordwes, het dit benadruk dat lyfstraf deur die departement afgeskaf is. “Lyfstraf is al sedert 1997 afgeskaf binne die onderwysbedryf en die Skolewet. Geen onderwyser mag lyfstraf toepas nie. Daar is alternatiewe maniere om leerders te dissiplineer,’ het Matsemela gesê.

Malindi het gesê deur die onderwyser op spesiale verlof te plaas, bied die departement die geleentheid om doeltreffend die saak te ondersoek sonder enige inmenging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

koos10 ·

Geen onderwyser sal dit sommer net doen nie.
Die ou bloeitjie is seker nou heeltemal onskuldig? Niks gesê nie, niks gedoen nie?
Ondersoek die saak tot op die been asb.

Atta ·

BERADERS!!!??? Vir wat? Siestog, seker om te keer dat die arme sneeuvlokkies smelt…

Rooikoos ·

Hulle kry seker ook berading as hulle ‘n toon stamp…

Anel ·

Lyk my dit is nou die nuutste. Beraders vir alles. As daar meer disipline was sou sulke voorvalle nie gebeur nie. Kan mens die onderwyser kwalik neem? Kinders kom deesdae met moord weg, net omdat hulle “kinders”.

Strandloper ·

Mmmm laat ek raai…die onie is seeker gedreig met n mes….?

Jr ·

Gun wonder die klein opstookertjies doen soos hulle wil want die onnie is skuldig nie die kind. Soos gewoonlik berading en n huis en geld en moenie die besoek vergeet nie.

Eragrostis ·

Hierdie is maar net die simptome van ń stelsel wat nie werk nie. Jy kan nie lyfstraf wegvat van ń kind en verwag dat die kind nie die grense gaan toets nie. Sielkunde werk nie vir alles nie. As ń mens kyk hoe die jeug optree nadat lyfstraf afgeskaf is, is dit mos ń duidelike teken dat die huidige stelsel nie werk nie, veral sekere volkere. Hulle brand universiteite af, kry swak skoolpunte, is disrespekvol teenoor onderwysers en ouer mense ens. Die regering is al gewaarsku oor die gevolge wat hierdie wetgewing gaan inhou, maar steeds voer hulle die krokodil deur nie lyfstraf terug te bring nie en boonop elke keer die kinders se part te vat, ongeag wat hulle aanvang. Die onderwysers verdien eintlik die berading.

Mense moet egter besef dat ons steeds hier te doen het met sosialistiese, kommunistiese regering. Boonop het die ANC al oor en oor bewys dat hulle nie kan leer uit foute nie, maar eerder sal aanhou met die verloorresep. Dis in die staatsrede ook weereens bevestig.

Porseleintjie ·

Kyk na die verval van die jeug vandag. Die Woord sê dissipline maar n mens het besluit taboe daarmee. Onderwysers moet dangerpay kry, want hulle loop die gevaar van beroertes, hartaanvalle, angsaanvalle en so kan die lys aangaan.
Verseker is die arme leerling weer onskuldig. Ons ken die roete. Bogger die berading en bring lyfstraf terug. Vir die wat dan histeries wil raak hieroor. As jy jou kind tuis opvoed hoef jy nie lyfstraf by die skool te vrees nie. En Lesufi, kom gee skool vir 3 maande en jy sal vinnig jou deuntjie verander. Pleks van onnies afdank sal jy hul begin bedank. Pleks van berading vir die kinders sal jy self begin hande oplê en planke inlê.

Jacobus ·

Mr Mphiti hoekom so stil? Lieg sal ons lieg. Beraders, toevoeging tot trog vreters.

Mieke ·

Onderwysers word deesdae tot die uiterste beproef en die frustrasie vlak loop baie hoog. Plaas dat die onderwyser bietjie ondersteuning en berading kry!

Johan ·

Ek lees ook nie dat die leerder wat vir die “insident” verantwoordelik was geskors is nie

Moedeloos ·

My onnies het my jare terug met bordborstel gegooi. Jou genyp totdat jy die regte antwoord gee. Kan ek ook nou n saak maak teen daardie onnie? Let wel ek was nie n ongehoorsame of probleem kind nie. Dit was net sy manier van doen. Ek het gehaat om skool toe te gaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.