Onnie gevonnis vir verkragting van leerling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 46-jarige onderwyser van Piet Retief, in Mpumalanga, is in die streekhof gevonnis nadat hy aan verkragting skuldig bevind is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Elphas Ndlovu is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy verlede week aan verkragting skuldig bevind is.

“Die saak spruit uit ʼn voorval wat in 2001 plaasgevind het,” het Hlathi gesê. “ʼn 15-jarige leerling by ʼn skool in Piet Retief was swanger nadat Ndlovu haar verkrag het. Hy het onderneem om die gesin finansieel te vergoed, maar hy het daarna verdwyn. Die gesin het die saak in Februarie 2002 by die polisie aangemeld.”

Ndlovu is uiteindelik aangekeer en skuldig bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

GES ·

Hoekom het dit so lank geneem om die skuimbol agter tralies te kry? Die dogter en haar familie is ook vir meer as 14 gestraf voordat reg geskied het.

Manie ·

Dit is hoe pedofiele te werk gaan. Baie uitgeslape om hulle slagoffers sorgvuldig te kies. En dit is nie altyd mense in gesagsposisies nie. Ouers moet wakker wees want hulle is oral op die uitkyk vir prooi

snoefie ·

skielik weer Piet Retiefnie Mkondo nie. was Mkondo nie altyd n plaas op die Piet Retief /Volksrust pad nie?

Dankbaar ·

Soooo dankbaar die uitvaagsel is gevang en goed gestraf, aan die meisie en ouers, mag daar nou vir jul vrede kom!

Carien ·

2001 en die saak is nou eers afgehandel, dis swak. Daardie kind is nou al n vrou van 30, selfs die baba is nou al 14 jaar. Mens moet seker dankbaar wees dat iets darem gebeur het….eerder laat as nooit.

Voorlaaier ·

M.A.W ….Haar ouers was bereid om geld te ontvang inruil vir hulle stilswye?……Hulle kind is VERKRAG en hulle wil dit afskiet deur geld te ontvang?!!!!!………Gooi die ouers in di tronk!……Hulle het gefaal !!….

Scalla ·

Ouers is net so skuldig, toe die geld ingekom het was alles in orde.

Maria Van Dieweeck ·

Mense soos die, behoort te werk in die tronk, hul besoldiging kan dan gaan aan slagoffers en belasting. Hul moet ook sommer hul eie kos groei. Hierdie tipe is banger vir werk as vir die dood.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.