Onnie glo agter stuur van motor wat kind doodry

Foto: Rescue Unit South Africa.

ʼn Gr. 8-leerder is Woensdagoggend op die R102 in KwaZulu-Natal doodgery.

Rescue Unit South Africa het in ʼn verklaring gesê hul beamptes is 07:32 na die toneel ontbied deur motoriste wat die kritiek beseerde seun probeer bystaan het.

“Met ons aankoms by die toneel het paramedici die leerder van die Foresthaven Secondary School met erge kopbeserings aangetref. Hy is op die toneel dood verklaar,” lui die verklaring.

Die leerder het glo die pad probeer oorsteek tydens besige verkeer toe ʼn Mercedes Benz hom getref het. Volgens Rescue Unit South Africa is die bestuurder van die motor ʼn onderwyser. Sy is nie tydens die voorval beseer nie.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die leerder was 15 jaar oud.

“Hy is op die toneel dood verklaar. ʼn Saak van strafbare manslag word deur die Verulam-polisiestasie ondersoek,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

RIP ·

Dit is baie erg as enige kind of selfs ‘n volwassene deur ‘n motor getref word. Dit is net so traumaties vir die motorbestuurder .. hulle word aangekla en moet met die wete leef dat hulle ‘n lewe geneem het (al was dit per ongeluk). My vraag is . MAG VOETGANGERS op die paaie wees? Indien wel, is dit ‘n growwe oorsig en behoort daar voetganger brue oor die paaie te wees.

Lolla ·

Ek voel die ouers is ook verantwoordelik vir hulle kind se veiligge aankoms by skool. Dit bly n minderjarigge en afhanklikke kind, wat jy as ouer in jou lewe nie kan toelaat om op sulke hoof/besigge paaie skool toe te loop nie, veral nie alleen nie, as dit dan moet. Kla ouers ook aan vir nalatigge ouerskap!

Fanie ·

Hoe kan daar n strafbare manslag saak teen die vrou oopgemaak word as n voetganger voor n motor inloop paaie is vir motors daar voetgangers moet voorgee aan motors biet

Carolina ·

Die strafbare manslag is is altyd standaard wetlike prosedure in so ‘n geval. Die onderwyser sal nie skuldig bevind word as die seun voor haar ingehardloop het nie. Dit moet baie traumaties wees as so-iets gebeur.

Maggie ·

Ek wil ook net se sterkte aan al di betrokke partye.Ons kry op n daaglikse basis met mense en veral kinders te doen dat hul eenvoudig voor n kar inloop en binne in die pad loop sonder om ag te slaan op motors.Jy moet maar op daai stadium mooi kyk of jy in staat kan wees om uit te swaai vir hulle en soms is dit ni moontlik nie a.g.v ander verkeer.Maar hulle voel eenvoudig n veer vir jou as bestuurder

Hanna ·

Dit word in alle gevalle gedoen en dan na nie- strafbare manslag verander as dit die voetganger se skuld was. Was nog al die jare so

Se maar net ·

Dit is maar standaard prosedure om die saak van stafbare manslag oop te maak. Die SAP moet dit doen. In meeste gevalle word daai dosier binne n week toegemaak indien dit bewys kan word dat die bestuurder van die motor bo enige twyfel nie die ongeluk kon vermy nie en onskuldig is.

Callie ·

Voel jammer vir die kind se ouers, maar regtig, bestuurder kan nie blameer word nie

Liesbet ·

Wie onthou nog vir Daanjie Kat in die 80’s? Kyk links, kyk regs en kyk weer links. Ons kort weer vir Daantjie Kat…

Die onderwyser gaan tans deur hel om nie te praat van die ouers van die kind nie.

Daantjie kat ·

Ons onderwyssisteem leer nie eers meer die mees basiese dinge aan skoliere en onderwysers nie, soos die mees basiese padveiligheidsmaatreels.

Besorg ·

Kinders is baie onverantwoordelik , hier in ons omgewing is ‘n Hoërskool en in die middae sit van die kinders op die kant van die straat met hulle bene in die ryvlak en gee nie pad as daar ‘n voertuig aankom nie, genadiglik is niemand nog raak gery nie . Wat sal gebeur as ‘n bestuurder nie kan uitswaai of stop nie.

Annelize ·

PRaat jy. En ry jy nou ‘n kind, of enigiemand raak, het jy jarre se moeilikheid, al is jy hoe onskuldig. ‘n Man het juis vanmiddag byna vlak voor my oe, ‘n skolier raakgery wat soos ‘n vlakhaas oor die pad gehardloop het. Die kind het nie links of regs gekyk nie, net blindelings oorgehardloop. Die motoris het hom met milimeters gemis. Ek het myself net daar voorgeneem dat sou daardie man die kind raakgery het vanmiddag, sou ek VIR hom gaan getuig het in die hof, want daardie arme man het byna nie ‘n kat se kans gehad om ‘n botsing te vermy nie.

Annelize ·

Presies hierdie tragedie het hom vanmiddag so byna-byna vlak voor my oe afgespeel toe ek my hoerskool kind opgelaai het. ‘n Leerder, ek skat hom so 16 of 17, het absoluut blindelings soos ‘n vlakhaas oor die pad gehardloop na ‘n wagtende Taxi toe, REG VOOR ‘n aankomende voertuig in. Die bestuurder van die voertuig het letterlik sy voertuig op die sypaadjie opgeruk in ‘n poging om die kind nie te tref nie. Hy het genadiglik die kind met millimeters gemis sowel as ‘n ander voertuig wat op die sypaadjie geparkeer was. Dieselfde het my so byna voorverlede week oorgekom, by dieselfde skool. Na wat vanmiddag gebeur het gaan ek beslis more die skool kontak, want merk maar my woorde, dis net ‘n kwessie van tyd voor iemand wel ‘n kind gaan raakry daar.

Jana ·

Ergste deesdae is die kinders wat met oorfone in ore loop sien en hoor niks en in n wereld van hul eie…. Maak my vies hulle moet die goed verban

leser ·

jammer vir die kind, maar, nou kom die eise teen die onderwyser, die kind het geleer om die huishouding te ondersteun, na skool sou die seun die enigste broodwinner wees, so nou gaan die onderwyser ook die huishouding ondersteun vir die res van sy lewe

Chris Ws ·

“leser” jy’s verkeerd.Die Pad Ongelukke Fonds sal ‘n eis teen hom kry van die ouers af en dan besluit of hulle gaan betaal of nie.Sou die kind as die skuldige bevind word sal hulle niks betaal nie.Die Pad Ongelukke Fonds heffing in die prys van elke liter brandstof dek die motorbestuurder ongeag of hy skuldig is al dan nie.Sou die motorbestuurder egter beseer word maar skuldig is aan die ongeluk is hy/sy NIE geregtig om van die POF te eis nie maar enige passasiers mag wel eis indien van hulle beseer is.Ons is pas deur so eis vir my vrou wat erg in ‘n ongeluk beseer is en wat meer as 4 jaar geduur het.

RIP ·

Ek stem 100% saam, hier by ons in RTB dieselfde. Die kinders voel niks vir motors nie.
Somtyds moet ek in n besige straat STOP, omrede ek nie OM die kind kanry agv verkeer nie en die kinders loop nie n saak nie. En ja met oorfone en n Sigaret in die hande, ek het al gevoel ek stop en trek hulle gatvelle af, want as die ouers dit in die 1ste plek gedoen het, het die kinders RESPEK gehad vir die samelewing.

Charmaine ·

EK wil darem se dat volwassenes netso gaan respek het vir die pad nie.EK moes nou die dag nog stadiger ry omdat die persoon op haar eie tyd die pad gekruis het…

VanAfrika ·

En dan kyk hulle jou ook met n uitdagende houding aan terwyl hulle oor die pad sloer

Bekommerde Ouer ·

Daar het vanoggend n Hoërskool seun amper in my motor in geploeg met sy fiets. Sy aandag was glad nie op dit wat hy doen nie. Ek moes uit my baan swaai sodat hy nie in my vas ry nie. Ek het 3 keer my toeter geblaas voor hy op gekyk het en toe let ek op dat hy oorfone in het en besig is op sy foon! Kinders besef nie hoeveel gevare op ons paaie is nie en is dus onverantwoordelik. Dis n vreeslik tragedie maar een wat tog vermy kan word. Jammer vir die ouers en onderwyser!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.