Onnie glo ontvoer, verkrag

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Onderwyseres van Limpopo is glo deur ʼn groep mans ontvoer en herhaaldelik verkrag voor hulle haar in ʼn veld gelos het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep verdagtes het Vrydagaand by die onderwyseres van ʼn hoërskool naby Marken buite Lephalale (Ellisras) se huis ingebreek. Hulle het haar vasgebind en haar in haar motor se kattebak gelaai en weggery.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en het onmiddellik na die 28-jarige onderwyseres begin soek. Sy is later in ʼn veld langs die Bakenberg-pad buite Mokopane (Potgietersrus) gevind. Sy is onmiddellik vir behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Volgens Ngoepe het ʼn voorlopige ondersoek aan die lig gebring dat twee van die verdagtes glo aan die onderwyseres bekend is aangesien sy glo vroeër vir hulle klas gegee het en hulle in dieselfde omgewing woon.

Ngoepe het gesê die verdagtes het die vrou om die beurt verkrag voor hulle haar steeds vasgemaak in die veld agtergelaat het en met haar blou Volkswagen Polo op die vlug geslaan het.

Die polisie ondersoek sake van huisbraak, ontvoering en verkragting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

+ ·

Gelukkig lewe sy nog. Hoop hulle vang haar aanvallers. Sy moet ‘n siviele saak teen die regering maak vir die toestande waarin ons land verkeer.

LIDA ·

Niémand is ‘gelukkig’ om te leef nie…… dit moes nooit gebeur het nie. ‘Gelukkig’ is relatief om gelukkig te wees….nie gelukkig wees omdat jy verkrag is nie.

IK ·

100%+ korrek LIDA. Dit moes doodeenvoudig NIE gebeur het!!! Die verwydering van dit wat pla en lewenslange tronkstraf is wat moet gebeur. Natuurlik eensame opsluiting met ‘n deur wat toegesweis is. Velkleur is baie sensitief by hierdie gebeure maar maak wel sin by SASOL en Discovery.

Robby ·

Gelukkig is ʼn vloekwoord. Ongelukkig is dye kriminele nie gekastreer nie. Hulle moes die wette toegepas het van Tsjeggoslavie in die 1900. As jy iemand verkrag of ontvoer en hulle vang jou dan raak jy gekastreer op dieselfde dag wat jy gevang word.

Robby ·

Hulle was seker onder die invloed van dagga. Dagga maak enige mens mal.

Gus ·

Die tyd kom, maak nie saak hoe ons daarna kyk nie. ń Slapende volk sal moet ontwaak en weer ń Gelofte moet maak en weer moet skoonmaak. Daar gaan nie ń keuse wees nie. Die regte leier het egter nog nie tevoorskyn gekom om strategies die volk bymekaar te kry en die beplanning en uitvoer van aksie daar te stel nie. Die keer gaan baie groter wees as enige van die vorige volksbeskerming selfverdedigings. Elkeen moet sielkundig en fisies reg voorberei. Die Boernasie SAL weer Bo uitkom, maar dit gaan ń rowwe pad wees en die opruiming na die tyd gaan groot wees, maar dit gaan die moete werd wees. Te veel mense is egter nogsteeds voor hulle tv’s besig om twak acting te kyk, branna in die hand in hulle comfort zone, want soiets sal mos nie met hulle gebeur nie… Word Wakker Almal wat nog Slaap

Hettie ·

Hierdie weteloosheid was te lank toegelaat om stemme te werf ,nou is dit te laat om te keer ! Die regering is nie opgewasse vir die gemors wat hulle self geskep het nie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.