Onnie in die sop oor ‘seksskrywes’

skool klaskamer skoolhoof

Argieffoto

Die Oos-Kaapse departement van onderwys het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn onderwyser van Grahamstad na bewering in inskrywings op sosiale media gespog het oor hoe hy met graad 11-leerders by sy skool seks het.

Themba Kojana, superintendent-generaal van onderwys, het in ʼn verklaring gesê hy het “met afsku van die skrywes te hore gekom”. Kojana het gesê die departement is in ʼn verleentheid gestel deur die onderwyser se “verwerping van morele verantwoordelikheid”.

“Ek veroordeel die uitbuitende gedrag van hierdie onderwyser ten sterkste aangesien dit afbreuk doen aan die onderwysberoep. Ek het daarom onmiddellik ʼn ondersoek van stapel gestuur na die bewerings. Ons ingryping in hierdie saak word gegrond op sy kommentaar op sosiale media, spesifiek die skrywes op sy Facebook-profiel,” het Kojana gesê.

Hy het gesê die departement se regspan sal vasstel wat die wetlike gevolge van die onderwyser se gedrag inhou. Die departement se aanvanklike stappe sal gegrond wees op ʼn voorlopige verslag van die direktoraat vir arbeidsverhoudinge.

“Ek wil hiermee ʼn streng waarskuwing rig aan alle onderwysers wat ons leerders as seksmaats sien – dit sal daartoe lei dat hulle hul werk verloor. Ons werk saam met die Suid-Afrikaanse raad vir onderwysers om seker te maak dat onderwysers wat skuldig bevind word aan hierdie oortredings van die lys geskrap word en nooit weer met kinders in Suid-Afrika werk nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Valerie ·

“Van stapel gestuur”? Beteken dit dalk “begin”? Baie lomp en betekenisloos,

GC ·

“Van stapel gestuur” is n goeie, aanvaarde Afrikaanse uitdrukking en word nog gereeld gebruik.

Suiwer Afrikaans ·

Dit is suiwer Afrikaans, oops suiwer beteken skoon, dankie Maroela dit help die taal voortbestaan.

Cherokee ·

Valerie, jou kennis van Afrikaans is teleurstellend. Dit is waarom jy neerhalend is oor ‘n beskrywende Afrikaanse uitdrukking.
GC, ek wonder of dit werklik nog so gereeld gebruik word. Miskien is dit een van die mooi Afrikaanse uitdrukkings wat besig is om uit te sterf juis omdat dit nie meer so dikwels gebruik word nie en dit sal teleurstellend wees. Mense soos Valerie wonder wat dit beteken.

Pieter ·

Ek dink regtig dat enigeen wat Afrikaans redelik ken, en dié wat die taal nie behoorlik onder die knie het nie eerder nie hulle onkunde hier sal kom uitblaker nie. Ouvrou sê dit voel of sy in die skool is… dalk is hier mense wat kommentaar lewer wat eerder moet teruggaan skool toe.
As jy iets hier sê, is dit op die tafel – en oop vir bespreking/kommentaar!

Goeie beginsel ·

Absolute goeie beginsel, Konjana, buiten dat kinders onderwys in n veilige omgewing gaan ontvang, is dit n opvoeding vir die toekoms van die jong mense in sosiale en seksuele gedrag. Verder kan jy jou aan iets meer grillerig en afstootlik aan dink as n grillerige vet, geplooide mooi jong mense se ontdekking van liefde vernietig met hul seksgerigte gedrag. Verder kan die kinders nie hul man staan teen n onderwyser wat sy magsposisie misbruik en dit is ook n krimineel.

J ·

Wel.. gooi mens streng geloofswaardes by die deur uit, waarmee word dit vervang? …LOS VULGERE SEDES maw geen morele waardes die bose neem oor.

Stadskind ·

Ek hoor wat Valerie sê. Hoekom is die ondersoek van stapel gestuur?

Ouvrou ·

En toe is daar 4 kommentare oor taalgebruik. Voel of ek skool gaan. ??Ek hoop darem terwyl julle die taal onder oë het dat daai onderwyser toegesluit gaan word.

Oom Walker ·

Daai onderwyser behoort na die brandstapel gestuur te word……

Stella ·

Die seksbeheptes WIL maar nie leer nie..die wat dit het misbruik dit…die wat dit nie het nie laat dit oorplant..”know what I’m saying?

Steve Stephansen ·

Wil net sê: Leer jou kind morele waardes by die huis. Hou by die skool se kleredrag beleid. (Kyk dat jou dogter se boudjies nie uitsteek onder haar kort rompie as sy so buk voor die onderwyser nie). Leer haar dat seksuele geselskappies en gebare om die onderwyser se aandag te trek nie toelaatbaar by die skool is nie. Leer haar dat mans ook net mense is en die jagter kan wees van uitlokking van die skoner geslag. Moenie vir my sê die onderwyser moet weet hy mag dit nie doen nie. Sê liewer jou dogter het geweet sy mag dit nie doen nie want sy kom uit ‘n huis uit waar ordentlike mense bly…..ek is betrokke by ‘n skool, en ek sien die uittartings daagliks!!!

Sandra ·

Ag kom nou! Die onderwyser is in die verantwoordelikheidsposisie. Daar is geen verskoning vir sy gedrag nie.

Scalla ·

Deesdae is gr 11 leerders al 20 plus, bly maar n nasie op hul eie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.