Onnie in hof ná hy kind glo met staalpyp slaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Onderwyser van Krugersdorp is Vrydag op borgtog toegestaan nadat hy glo ‘n 12-jarige leerder met ʼn staalpyp geslaan en in die proses die kind se hand gebreek het.

“Die verdagte het in die Krugersdorp-landdroshof verskyn en is op borgtog vrygelaat. Die saak is tot 23 Julie uitgestel,” het Appel Ernst, woordvoerder van die polisie, gesê. Ernst kon nie onmiddellik bevestig wat die borgtogbedrag was nie.

Die Gautengse departement van onderwys het vroeër gesê hy beskou die voorval in ‘n ernstige lig. “Ons veroordeel lyfstraf ten sterkste aangesien dit verbied word deur die Grondwet en die Suid-Afrikaanse Skolewet,” het Phumla Sekhonyane, woordvoerder van die departement, gesê. “Lyfstraf het geen plek in ons onderwysstelsel nie. Die beweerde gedrag van die onderwyser, indien waar, is heeltemal onaanvaarbaar.”

Die Krugersdorp News het vroeër berig dat die leerder se ma op 7 Mei gesien het haar dogter is in pyn toe sy tuis gekom het. Haar linkerhand was glo erg geswel. Volgens die berig is die meisie en nog ander leerders deur die onderwyser met ‘n staalpyp geslaan omdat hulle ʼn wiskundevraag verkeerd beantwoord het.

Sekhonyane het gesê die departement het beamptes na die skool gestuur om vas te stel wat gebeur het en die hoof is versoek om ʼn verslag in te dien. “Berading sal aan die leerder wat beseer is, verskaf word.”

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Berhalet Beukes ·

Vat daardie staalpyp en looi die onnie ordentlik sodat hy voel hoe dit voel!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.