Onnie in hof ná kind se nag in instapkluis

Fikile Nkambule in die hof. Foto: Balise Mabona/ANA

ʼn Onderwyser van ʼn skool in Witbank (eMalahleni) in Mpumalanga het Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn in verband met ʼn voorval waar ʼn leerder vir ʼn hele nag in ʼn instapkluis toegesluit is.

Fikile Nkambule (30) is Vrydag in hegtenis geneem en is Maandag op borgtog van R2 000 vrygelaat. Volgens brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, word Nkambule van ontvoering en kinderverwaarlosing aangekla.

Die voorval het Woensdag by die Blackhill Primary School plaasgevind. Nkambule het glo die sesjarige gr. 1-leerder die middag in die instapkluis toegesluit. Sy het glo vergeet om hom uit te laat voor sy die middag huis toe is.

Volgens Jasper Zwane, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het die seun se ouers bekommerd geraak toe hy nie by die huis opgedaag het nie.

“Hulle het tevergeefs na hom begin soek en die voorval by die polisie aangemeld. Die ouers is die volgende dag meegedeel dat die onderwyser die kind in die instapkluis vergeet het.”

Die onderwyser is geskors en die departement het berading vir die betrokke leerder en sy ouers gereël.

Nkambule se regsverteenwoordiger het Maandag in die hof versoek dat sy kliënt op borgtog vrygelaat word aangesien sy vier maande swanger is. “Sy is ook ʼn eerste oortreder en die ma van ʼn negejarige kind. Sy het haarself aan die polisie oorgegee.”

Landdros Mdumiseni Mavuso het die saak tot 26 April uitgestel vir verdere ondersoek. Die seun se oupa het ná die hofverrigtinge gesê hulle weet steeds nie hoekom die seun in die instapkluis toegesluit is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Mariaan ·

En as dit nou n wit onderwyseres was…was dit n REUSE storie…maar nou gaan dit so stil stil verby…..tipies ons land!

Ronel ·

Mariaan dit is nie te sê nie …. Hou op asb om hierdie rasse stories kort kort in te bring.

@Ronel ·

@Ronel–Mariaan is geregtig op haar inset. Ek en baie ander stem saam met haar stelling. Word wakker en sien wat in die media en howe aangaan.

Ellisras ·

Mariaan jy het die moed van jou oortuiging om jou sê te sê. Ongelukkig in ons land is dit waar.
Ongelukkig is daar kinders wat ek ook graag sal wil toesluit.

Well Done ·

Ronel,
Mariaan is 200% Korrek
Bewys die teendeel,

Waar is al die POLITIEKE Partye en Organiesasies wat alewig op die wa spring en dan is die eindpunt van die wa nog nie vasgestel nie.

Nou word die gereg toegelaat om vrylik sy ganguit te oefen sonder intimidasie, maar is hierdie geval dan so toelaatbaar dat organisasies en partye nou wil terug staan?

Ek glo dit is die ergste wat met enige kind kan gebeur om geknak te word en vertroue in volwassenes te verloor

Die kind se grondwetlike regte is geskend en almal staan nou en kyk

SKANDELIK dat niemand nou staan vir die regte van ‘n KIND nie

My mening ·

Ek stem saam, Mariaan. Dit is ongelukkig hoe dit in ons land werk. Daar was nou die dag chaos oor n foto en nou word n kind oornag toegesluit en daar is geen reaksie nie. As dit n wit onderwyser was, was die eff alreeds aan die gil en skree soos besetenes, al wat n groep is sou toi-toi en kinders en ouers intimideer en dit sou natuurlik “racially motivated” gewees het. Dit wys jou maar net wat hierdie groeoe se motivering is en dat hulle werklik niks vir enige persoon omgee nie.

Hoe nou... ·

Ek stem….nie so lank terug was n eenvoudige foto die oorsaak van n enorme rasse kwessie wat n juffrou se hele lewe omver gegooi was agv van dinge uit verband ruk. Die wet sal waarskynlik meer regverdig wees omdat dit nie n wit onderwyser was nie maar dis geensins reg wat sy gedoen het nie.

Skerpioen ·

Klink nie vir my te stil nie… hier lees ek dit dan. Ai hoe hartseer….

Charlene ·

Ag regtig, Mariaan? Maar nou IS dit nie ‘n blanke onderwyseres nie. Dit vat nie die insident weg nie. Sy het al selfs in die hof verskyn. En hoe gaan dit stil-stil verby? Dit is dan in die koerant!

Linda ·

Ek voel baie jammer vir die seuntjie. Die trauma wat hy moes deurmaak was onnodig maar ek stem 100% saam met jou Mariaan.

bolla ·

Ek sou sê dat as jy hof toe gesleep word as jy iets verkeerd gedoen het, is dit ernstig…of wil jy hê ‘n paar instansies moet net daaroor moan en niks gebeur verder nie?

Oujongvrou ·

Hierdie vrou moet baie bly wees dis nie my kind gewees nie. Sy mag nooit ooit weer naby n skool kom nie.

Wielspore ·

Wie sluit ‘n Gr1 leerder in ‘n instapkluis toe, wat regverdig sulke optrede, wat gaan in ‘n onderwyser se kop aan om so iets te doen?

Amanda ·

Sy moet nooit weer naby kinders of ‘n skool toegelaat word nie, sy klink na ‘n sadis. Haar eie kinders moet v evaluering gestuur word – as sy reeds ‘n ma is, hoe kry sy dit reg om so iets aan ‘n gr 1 kind te doen? Sulke gedrag hoort nie in die onderwys nie…het nie die emosionele intelligensie om met kinders te werk nie. Dis weer net ‘n ‘job’ met ‘n ‘salary’ …van roepingsbewustheid is hier nie sprake nie.

Derick ·

Kyk ek praat nie haar optrede goed nie, maar ontvoering? Het sy die kind van die skool se perseel na n ander plek geneem.? Dit klink nie so nie maar ontvoer, aikona. Maar ons regstelsel sal alles regkry, sal wette verdraai en verander.

marieta ·

Derrick…daai kind is sielkundig ‘gescare for life’ … ek sou mal gewees het as ek lank alleen opgesluit was….. my kleinkind het erge probleme en ek kan sien dit gaan terug na die keer toe sy in afsondering toegesluit was by n creche…en ons sou nie weet as iemand nie gepraat het nie
sy moet swaar gestraf word… [evil grin…..sluit haar kind toe of vir haar vir n paar uur]

Sanette ·

regtig Marieta? Sluit haar kind toe of haar vir ‘n paar uur? Wat het haar onskuldige 9 jarige kind hiermee te doen om dit te verdien. Jy is net so wreed om so iets kwyt te raak

Landie van der Hof ·

Derick, as jy so van die regstelsel en “wette verdraai en verander” praat klink dit of jy ‘n kenner op die gebied is? Dalk het jy net vergeet dat “ontvoering” plaasvind wanneer ‘n persoon se vryheid van beweging sonder regverdiging van hom ontneem word? ‘n Bietjie navorsing voor kommentaar kan dalk help?

Sonja ·

Goeie genade. Nie ‘n dag gaan verby sonder ‘n horror story oor ‘n skool. Waar gaan dit eindig?

Realis ·

@Essa………. jy en Ronel moet vir julle eie beswil tog net julle koppe onder die sand uithaal. Net omdat julle nie die probleem wil erken nie, beteken dit nie dat dit nie bestaan nie.

P ·

Sou die arme juffrou dit nou met opset gedoen het….Nee … ai nou word sy weer gestenig sterkte vir haar

Helene Heyns ·

P, daar is nie n oortreding op hierdie aarde wat ernstig genoeg was vir hierdie “arme” juffrou om dít aan n sesjarige kind te doen nie. Sjoe, die een wat dit aan n kind van my gedoen het, sou sleg tweede gekom het.

Angel ·

As ek die berigte so lees, is ek regtig net dankbaar dat ek die besluit geneem het om my dogter van die jaar af te homeschool!!

Idealis ·

Ehhhh eff, hier kom julle kinderoppasser. Julle sal haar mooi moet leer om vloere te skrop. Soos mamma hier kommentaar lewer, sit liefiekind jim jam en kyk.

BlinkStephaans ·

En steeds is daar geen woord van Moesie, Juju, oom Cyril of die departement nie…

Blommie ·

Ek stem saam met MARIAAN, hierdie storie gaan stil stil verdwyn en sy gaan binne die volgende paar aande by n ander skool werk kry, GE-TRANSFER word.
OOPS sorry ek het n fout gemaak en geen haan sal kraai nie…
Kyk soos daai arme WIT onderwyseres hoe sy oor net n FOTO behandel was, wat NIKS ernstig was nie.
En weet jy hoekom RONEL want sy is WIT.
die die FEITE van ons land, wat het geword van daai storie wat die weermag LID die wit vrou geskiet het.
NIKS, NIKS nie… want sy is WIT en…

Louise ·

Ek kry die onnie jammer. As sy die klein stouterd n deftige pak kon gee, was die drastiese stap nie nodig nie. Weet julle hoe kan een onregeerbare kind n klas kan ontwrig? Deesdae kan jy n kind ook nie uitstuur om buite die klas te staan nie.

Mel ·

Ek dink jy moet toegesluit word. Dit is GLADNIE die regte manier om ‘n kind te straf nie!

Elke ·

Jy is so reg Louis. Maae wie moet ons vir onhanteerbare kinders bedank? Ie anc wat gekrap het waar dit nie jeuk nie. Ek is vir n seftige loesing oo sy tud, nes dit bybel ook noem. Maar, nie doodslaan, of slaan dat die hale dae later nog lê, of met die vuis bydam nie. Dis mos met vandag se rwgering meer vergeefbaar om n kind te verkrag as te piets.

@Louuse ·

Redelike optrede moet te alle tye deur die opvoeder toegepas word. Anders hoort jy nie in die beroep nie!
Dis ‘n gr 1 kind man! Nie ‘n gangster nie, Kom by!

Shrek ·

As hy by die skool opdaag moet hy vir ‘n dag of twee in daai kluis toegesluit word.

Merrie ·

Ongelukkig is dit nie Panasoti Lestofi se beat nie. Wie is die lur vir onderwys in Mpumalanga?

Rina ·

Aai P lees tog net die berig. Daar
staan duidelik. Sy het vergeet om die kind uit te laat na skool. So sy het die kind met opset daar toegesluit. Dit is kinder mishandeling. Dit word in tronke gedoen as straf vir misdadigers nie n onskuldige kind nie. Dit moes vrees aanjaend vir die arme kind wees. Ek hoop sy kry tronkstraf.

En nou? ·

Die arme kind! Ek wens amper dat dit ‘n wit onderwyser was, sodat daar n bohaai gemaak kon word vir die kind se onthalwe, maar nou sal daar niks gedoen word nie!
Sit kinders van “kleur” by dieselfde tafel (vir ‘n goeie rede) en die hel is los!
Sluit ‘n kind in n kluis toe en VERGEET van hom – en dis n raps oor die hande en beland skaars in die nuus.

MS ·

As dit my kind was het daai vrou met n paar potblou ogies gespog in die hof. Mens doen nie dit nie!!!!

Rina ·

Ek kan nie glo dat daar mense is wat die vrou jammer kry en haar optrede goed praat nie. Kan sy nie n 6 jarige kind hanteer nie.

VanAfrika ·

@Rina, my kind was hiperaktief en met n krieket kolf gevoeter. Behandel n mens n 8 jarige so al is my kind 2 jaar ouer as hierdie ouderdom. Dit beteken as jy nie n klein kind kan hanteer nie, neem maar drastiese stappe.

Tong innie kies ·

Maroela, dankie vir die berig namens ‘n vriend. Hy het sy moeilike kind ook kort na die berig gevind. ;-)

Anoniem ·

‘n 6 of 7 jarige kind vir hoe lank sonder kos of water deur die donker koue nag toesluit? Ek weet nie of die kind dalk baie stout was dat sy hom toegesluit het nie, maar was dit werklik die regte manier om die situasie te hanteer? Daai kind is verseker getraumatiseerd na hierdie episode. Skors haar, sonder betaling, vir altyd. Sy kan nie met kinders werk nie.

Vergelyk bietjie hierdie juffrou se ingesteldheid met die Schweizer-Reneke juffrou s’n… geen wonder die ouers baklei om hul kinders in juffrou Elana Barkhuizen se klas te hê nie.

Mel ·

Sy het die kind met opset toegesluit en toe vergeet. Sien jy dit as ‘n aanvaarbare straf? Want dan moet jy ook toegesluit word.

Stem met RONEL ·

Weet nie waarom moet mense wat heeldag kla oor die “rassekaart” self alewig oor ras kerm nie!
Laaste week is meeste voorvalle oor skool insidente swart op swart.
Nou val Mariaan hier uit met rasse issues. Regtig? Het jylle NIKS anders as om oor te kerm nie?

n Gr1 kindjie en sy ouers is geteaumatiseer en julle worry oor “as dit nou weer n wit juffrou was”
Ag nee man. Kry n lewe.

Maljan ·

En die anc vroueliga is nie up in arms voor die hof nie? As sy dit kan doen met n kind in haar klas, wat doen sy met haat kinders by die huis?

Speedguard ·

Dagvaar die departement en skool, die kind sal verewig met ‘n probleem sit!

Ai tog ·

Ek wonder hoekom is die DA nou so stil ? Al waneer die DA ‘n eier te lê het is as die oortreerder wit is.

bolla ·

Wat worry jy oor wat die DA te sê het, dis mos nie jou party nie? Worry eerder oor jou eie party wat nooit enigiets sê nie.

Penellope Jones ·

Dit is doodeenvouding, plein en simpel totaal onaanvaarbaar!
Ek kan my nie indink hoe bevrees die seuntjie moes gewees het nie en die angs van sy Ma dink ek nie eers oor nie!!!

Maljan ·

As daar nou een kommentaar is wat my aangryp, is dit joune. Hy moes so vevrees gewees het, seker nog in die donker ook. Waardeur het sy ouers en sibbe ner nie gegaan nie? Nee mens. Dit gaan nie net in een van hulle se hare sit nie. Dis die goed waarvan nagmerries gemaak word.
Tog….. Waar hoort die skuld? As die juf die stout kind n goeie raps of drie kon gee, sou hy twee keer dink voordat hy weer syreke uitgehaal het. Dan sou sy nie moes herroep op eksyreem matye nie.
Regtig Marieta? Wie van ons was nie as kleuter in afsondering geplaas om na te dink oor ons sonde nie? Gee daardie kleinkind die afgedankte loesing wat sy verdien en haar PROBLEME is op n einde. Hou op om ekskusies te maak vir die kinders se wangedrag.

Bekommerd ·

Die arme kind….ek sien gee berig oor sy trauma nie. Gee asb meer inligting. Dit moes n nagmerie nag vir die kind gewees het

bolla ·

Van hierdie kommentare is net ongelooflik. Genade mense, dis ‘n 6 jarige wat in ‘n donker klein kluis oornag toegesluit is. Absoluut onverskoonbare gedrag. Ek glo ook nie die storie dat sy so iets kon vergeet het nie.

ne ·

Moes die kind in die kluis wees? Het hy nie dalk ingegaan sonder dat sy daarvan geweet het nie. Vra maar net…

Willie ·

Dis iendelik baie maklik, bring behoorlikke dissilpline terug… Ouers moet kinders opvoed, ek is baie jammer ek sal nie in vandag se tyd, na die uitbeheer kindertjies kan omsien…

WIEBO ·

Ek was ook in 1973 in graad een vir ure in die badkamer toegesluit deur die “wonderlke” juffrou Suzie Herbert. Jy het dit nie durf waag om met iemand daaroor te praat nie, want almal op Witrivier het die wereld van die “wonderlike” juffrou gedink. Later jare het ek uitgevind dat die juffrou eintlik wreed was en dit met baie kinders gedoen het. Wens dit was vandag se tyd gewees, dan het ek die juffrou beslis laat toesluit!

@WIEBO ·

Daar is sadiste wat in die onderwys is, hulle hoort nie daar nie. Ek hoop êrens het jy ‘n paar liefdevolle en behoorlike onderwysers gehad wat opgemaak het vir daardie een wat jou geknou het.

bolla ·

Ek het ‘n juffrou in standard 1 gehad wat sommer die rottang (ja ‘n rottang) ingelê het op die boude van 8 jariges. Sy’t haar witbroodjie in die klas as “toesighouer” aangestel om te kyk wie is “stout” wanneer sy nie in die klas is nie. Die klein koekie het natuurlik altyd my naam opgeskryf. LOL

Eddy ·

toe ek destyds Sub B was,het die onderwyseres ons vir n tyd na skool opgesluit en weggeloop met die sleutel.Ek was baie lank getraumatiseerd daardeur want dit was in n donker stoorkamer.
so daai onderwyseresse besef nie die nagevolge van so n aksie nie.want ek was daarna baie bang vir beknopte spasies. Jammer dis nie n blanke juffrou nie anders was almal nou in rep en roer daaroor.

Judge Dredd ·

@ Bolla – Ja ek kan aan van jou kommentare sien jy probeer vandag nogsteeds moeilikheid maak – het jy al daaraan gedink, miskien was die probleem nie die onderwyseres nie?

Siener ·

Stem 100% saam met jou Judge. Bolla dink net hy is reg en niemand anders se siening tel nie.

honourable member ·

Watse chaos is besig om te gebeur in die skole. As die kinders nie mekaar half doodslaan nie dan is dit n onderwyser wat n kind aanrand of toesluit in n kluis. Mense ons moet bekommerd wees oor wat in ons skole aangaan.

Andre ·

Dit is ‘n ongelukkige voorval MAAR indien die onderwyseres dit gedoen het vir die regte rede as tydelike straf keur ek dit goed.
Meeste ouers verwag dat dissipline en opvoeding van die skool af moet kom en doen niks van hulle kant af nie. Gaan praat maar met laerskool personeel en luister wat hulle moet deurgaan (regdeur die reenboognasie)
Gaan kyk liewer wat by die kind se huis aangaan en begin daar.

jakes ·

As die juffrou kwansuis van die kind vergeet het dan moet sy getoets word vir Dementia of Alsheimers. Miskien n fout gewees om te noem dat die skool n instap kluis het want die diewens wat SA tans regeer het nou n nuwe teiken.

Ig ·

Ek het 35 jaar plus terug 2 mannetjies van so 8 jaar oud vir n halfuur in n Vrieskamer toegsluit en die lig afgesit nadat hulle my gevloek het, Ek het toe die ouers gebel en beide het n goeie pakslae gekry op die koop toe. Hulle ongemanierdheid het verewig verdwyn

Sorry om te sê ·

Tipiese geval van ouers wat gat gekruip het en bewys weer die definisie van n onderwyser sonder twyfel
N Boelie tussen kinders maar n lafaard tussen grootmense.

Jeremia ·

Nog altyd gedink my graad 1 juffrou met haar hout paplepel en super streng gesig was erg.
So ‘n lang vrou wat nou nie juis fyn gebou was nie. Boonop het sy nie uitgeblink in geduld of kinderliefde nie.
Maar by nadenke – dalk het die paplepel gehelp om te dien as uitlaatklep om te kompenseer vir die feit dat sy beslis nie geskik was om vir graad 1’s oor skool te hou nie.
Ook maar goed daar was nie so ‘n kluis tot haar beskikking nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.