Onnie in hof oor aanranding op leerder

Foto: ANA

ʼn 55-jarige laerskoolonderwyser sal na verwagting Woensdag in ʼn hof in Noordwes verskyn in verband met die beweerde aanranding van ʼn leerder.

Die onderwyser is die twee van dieselfde skool in Tlhabane naby Rustenburg om in die hof te verskyn. ʼn 53-jarige onderwyser het op 29 Mei ook in die Bafokeng-landdroshof verskyn. Die onderwysers word daarvan beskuldig dat hulle ʼn negejarige seun en sy 10-jarige sussie aangerand het.

Volgens ʼn mediese verslag het die seun, in graad 4, ʼn oop wond op sy knie opgedoen ná die onderwyser hom glo geskop het. Die meisie, in graad 5, se hand het geswel ná sy met ʼn liniaal geslaan is, na bewering deur haar onderwyser.

Die boetie en sussie is na bewering onderskeidelik in Januarie en Julie 2018 aangerand ná die verhouding tussen hul pa, ʼn voormalige lid van die skool se beheerliggaam, en die skool se bestuur versuur het.

Die pa is in 2017 uit die beheerliggaam geskop en sy twee kinders is op 7 Mei 2019 uit die skool geskop deur ʼn groep ouers wat die pa daarvan beskuldig dat hy “moeilikheid maak” by die skool. Die pa voer aan sy kinders is op 6 Mei huis toe gestuur nog voor die skool vir die dag begin het. Hy het hulle na ʼn distrikskantoor geneem om ʼn klag aanhangig te maak, en is versoek om op 7 Mei na die skool terug te keer. ʼn Groep ouers het hom egter gekonfronteer en gesê hulle wil nie sy kinders in die skool hê nie. Die boetie en sussie was sedertdien nog nie weer in die skool nie.

Die departement van onderwys in Noordwes stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Zombie ·

MM, moet “twee” nie “tweede ” in die eerste sin van die tweede paragraaf wees nie?

Jr ·

Ek neem aan as dit n wit onderwyser het hulle ras in die storie verskyn. Maar nie n spraak van ras . Sê maar net en dink maar net. Hmmmm

Sanna ·

Die arme kinders is tien teen een erg getraumatiseerd in hierdie voorval. Sterkte.

Andrea van Vuren ·

Hoekom moet kinders ly vir hul ouers se sondes?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.