Onnie in hof oor lyk in suikerrietveld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige onderwyser het Donderdag in die New Hanover-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die moord op ʼn ander onderwyser.

Kol. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die saak teen Asamkele Odwa Nompumza is tot 11 Junie uitgestel vir verdere ondersoek. Nompumza sal in aanhouding bly tot sy volgende verskyning.

Nompumza is Woensdag in hegtenis geneem nadat die polisie die liggaam van Cebisile Khoza (26) verlede maand in ʼn suikerrietveld in Harburg gevind het. Khoza, ʼn onderwyser by een van die skole in Muden, is in Greytown as vermis aangemeld. ʼn Tweeliter-houer met petrol is naby haar liggaam gevind.

“Sy is glo ontvoer, verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en aan die brand gesteek,” het Naicker gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

charlotte ·

Peet ek stem 100% met jou ons lewe in n siek land waar n lewe niks meer beteken nie.

Martin ·

Nou dink n bietjie waarom dit so is…dit was nie so voor 1994 nie. Maar dis mos beter om doof stom en blind te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.