Onnie in hof oor seksuele aanklagte

skool 2 klas onderwyser

Argieffoto.

ʼn Voormalige onderwyser by ʼn vooraanstaande privaat skool in Kaapstad het skuld ontken op aanklagte dat hy leerders by die skool seksueel aangerand het.

Hy het Donderdag in die Wynberg-streekshof verskyn waar die saak tot 24 November uitgestel is vir verhoor.

Dié voormalige klavieronderwyser by Reddam House, word daarvan aangekla dat hy ses seuns, tussen nege en tien jaar oud, in 2015 gedurende musieklesse by die skool seksueel aangerand het. ʼn Bron het aan African News Agency (ANA) gesê tot 12 seuns was glo slagoffers, maar slegs ses het aanklagte by die polisie aanhangig gemaak.

Hy is in Julie 2015 op borgtog van R2 000 met streng voorwaardes vrygelaat.

Destyds het Reddam House Constantia gesê hy was ʼn onafhanklike musiekonderwyser en die skool het hul kontrak met hom beëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.